PDA

View Full Version : Hoe het die Here jou 'voorgekeer'?



protea
Oct 2nd 2010, 02:05 PM
n Paar weke gelede het ek tydens n tee bemarkings trip by ou jeugvriende aangegaan op n klein plattelandse dorpie en van hulle en van ons studente kinders se vriende dieselfde getuienis gehoor.

n Eerstejaar (ons noem hom Herman) is saamgenooi om die laaste Mighty Men konferensie saam met n groep motorfiets pelle by te woon, maar hy het vier voete vasgesteek. Die motorfiets manne het so gekarring aan hom dat hy toe besluit het : Hy sal saamgaan op 2 voorwaardes nl dat sy vriend Deon op die klein plattelandse dorpie kan saamgaan EN dat hulle met Deon hulle se motorfiets kan gaan . Want sien, het hy gereken, Deon is nou eers in Matriek en het so pas sy lisensie gekry en Deon se pa sal hom definitief nie laat gaan nie EN om alles te kroon is Deon hulle se motorfiets stukkend . So daar is genoeg struikelblokke om hom van Mighty Men af weg te hou....

Toe die ander manne namens hom vir Deon nooi , toe se sy pa : Met LIEFDE kan hy gaan en hoekom neem hulle nie sommer hulle reggemaakte motorfiets vir die trip nie!! Op die byeenkoms kom Herman kragdadig tot bekering en hy is sederdien aan die brand vir Jesus!

Hierdie getuienis hoor ek toe van my jeugvriende (Deon is hulle seun) en van die Stellenbosch vriende van ons kinders. As die Here jou wil voorkeer , sal al die planne in die wereld jou nie daarvan vrywaar nie! Sy liefde is die sterkste 'magneet' om ons na Hom toe te trek. Geen mens is daarteen bestand nie!

Hoe het die Here jou voorgekeer? Het jy ook n Damascus pad ervaring gehad?

CFJ
Oct 4th 2010, 08:28 AM
Hi Protea,

Dis presies, net ander omstandighede, wat met myself gebeur het en was soos Herman se padjie reeds uitgelÍ, hy sou nie anders kon nie en ek verstaan dit, want ek kon ook nie anders nie. As die Here jou wil red, sal Hy jou trek op maniere en wyses wat jy nie kan teenstaan nie. Een wat in die tronk getuig het van sy wedergeboorte, sÍ dat hy die prediker staan en vloek het, maar daardie aand, was die Here sterker as hy. By myself was die Here ook sterker as ek en geen keuse wat ek sou maak, sou Sy plan met my lewe anders laat verloop het nie...

Willem
Oct 6th 2010, 08:00 PM
Hy is net amazing !

As ons net begin besef hoe goed Hy ons ken en hoe lief Hy ons het en hoeveel effort ( in ons terme ) Hy in sit om ons te kry sal ons in trane neerval! Wat ook my ervaring was toe ek in Sy teenwoordigheid gekom het ny Mighty Men, terloops , dit was nie Angus wat gepraat het nie maar iemand wat vir ons naweek lank voorbidding gedoen het en 'n "profetiese" boodskap gebring het... toe die man sy mond oopmaak toe is ALLES niks en WEEEET jy jy is op pad hel toe, dis AL wat jy OOOOOOIIIT verdien .......... want God is GOD... nie'n God nie maar GOD; daar is net Een soos Hy......en Hy het aan kruis vir jou en my ons skuld kom betaal en in ons plek gesterf hoe kan jy anders ?

Gene
Oct 12th 2010, 07:17 AM
Ek het een Sondagaand 'n erediens bygewoon - kan tot vandag toe nie sÍ waarom nie, want die (besoekende) leraar wat daardie aand sou preek, is iemand wat ek NIKS van gehou het nie. Die man was eenvoudig te vol van homself, en sy hele houding en manier van preek het my nie aangestaan nie. Ons hele gesin het so gevoel, en vooraf besluit om nie die diens by te woon nie, juis omdat hy die prediker sou wees. Wat meer is, ek het 'n broertje dood (gehad) aan uitnodigings vanaf die kansel waar mense genooi word om op te staan of vorentoe te gaan. Wat my betref het, was dit net 'n foefie en mense word net emosioneel opgesweep... ek het soms lus gevoel om uit te stap wanneer dit gebeur. Laastens sou ek nooit alleen kerk toe gaan nie, dit was net iets wat ek nie gedoen het nie. As niemand wou saamgaan nie, dan bly ek tuis.

Maar daardie Sondagaand bevind ek my alleen in die kerk, ek het net op 'n onverklaarbare manier gedring gevoel om te gaan, al het alles in my daarteen gedruis. Lang storie kort, daardie aand praat die Here met my (deur 'n man vir wie ek geen tyd of respek gehad het nie) en toe die uitnodiging kom, is ek op my voete.... Nodeloos om te sÍ, my lewe was nooit weer dieselfde nie.

Willem
Oct 12th 2010, 08:15 PM
Amazing hoe Hy jou gaan haal en vat na waar jy moet wees en net deurbreek deur al jou mure en geite ... ons dien 'n wonderlike Vader!

Johnny
Nov 1st 2010, 11:53 AM
Sal ek dit ooit vergeet. My geestelike verjaarsdag is vir my belangriker as my vleeslike verjaarsdag. Net gister middag terwyl die vrou en kind 'n bietjie gaan rus krap ek in 'n kas en sorteer bietjie die "onnodige" bagasie uit wat 'n ou altyd saam met jou trek. Het seker 'n halwe swartsak kon weggooi. En gaan deur elke briefie en stukkie artikel en kom toe op 'n handgeskrewe telefoonlys van my af toe ek nog by Cape Gate gewerk het in Vanderbilpark......en wat sal ek toe aan die eenkant raaklees! Dit was 'n Dinsdag oggend en ek bel Pastoor Dries van As. Ek ken hom van geen kant af nie en was nog nooit in sy gemeente nie.......en hulle is 40km van ons af in Vaalpark waar ons in Deneysville bly by die Vaaldam. Ek weet net vandag is die dag wat ek iets moet doen, anders is ek my vrou en my kind kwyt en my huwelik is daarmee heen. Here......waantoe, vra ek? Die Gees van die Here le dit op my hart om die pastoor te bel.

Ek bel hom daai oggend en daai middag sit ek en my vrou by sy huis in sy studeerkamer en ons gee altwee ons harte vir die Here. Die Here verander ons lewens in 'n oogwink en ons stap nou met SY genade al die pad 9 jaar en 8 maande. Ek voeg 'n kopie van my afspraak met Pastoor Dries aan......en dit is wat ek gister na 9 jaar en 8 maande weer raakloop. "Toevallig".......nee.....dit is hoe die Here werk, want die tema van gisteraand se boodskap deur Pastoor Dries se seun, Hannes, wat volgende jaar klaar maak met sy finale studiejaar vir Pastoor was "Die Meester roep jou". Ek het die brief saam gevat kerk toe om vir Pastoor Dries te wys wat ek opgespoor het, sonder om te weet waaroor die boodsak sou gaan, en kon na die diens nie anders as om met trane voor die hele gemeente die "ontdekking" met hulle te deel nie, en die kort boodskap van my kant, eintlik die Heilige Gees se kant is die volgende: "Moenie die dag vergeet toe die Meester ook vir jou en my geroep het nie"!

mari
Nov 1st 2010, 02:24 PM
in 'n neutedop ....

Christen grootgeword... kinderkrans, pa diaken , ACSV, ..... die hele toetie ....
..... vloek nie, drink nie, baie ordentlik ....
..... doen Sondae sendingwerk in die loekasie .......

gaan verpleeg met die doel om eendag sendigwerk te doen .... maar dis 'n vlop as 'n hospitaal kiem my beetpak en ekself onder die mens van die dokters vir wie ek eintlik veronderstel is om te werk, beland ...... mis 2 maande kollege ......

ontmoet 'n sprankelende ingeltjie in haar wit verpleegsters univorm - sy is ingelig haar rugprobleme gaan verpleging nie 'n goeie opsie maak nie en sy moet eerder 'n ander loopbaan volg ....... sy is mos toe oppad Bybelskool toe ...... 3 maande kursus ..... en daar besluit ekke toe : Why not ? .... gaan saam en begin volgende jaar van voor af met die verpleeg storie pleks van sukkel om op te vang .... kry sommer 'n fast foreward op die sending storie ....... besluit toe na die 3 maande om die jaar kursus te doen pleks van terug hospitaal toe ........

so 6 maande in die tweede sessie Bybelskool storie in, met afgewerkte hanne in die kombuis en 'n kop wat sing van al die swot, admin werk en mondelingse vertaalwerk ...... tref dit my een aand - hoeka met een van die vertaal sessies ( daar was oorsese studente en van die lesings was in Afrikaans wat dan direk in Engels vertaal moes word - opsigself was dit 'n miracle aangesien ek, propperse boeredogtertjie, in 'n Afrikaans medium laer en hoeerskool was en die ingels beperk was tot boeklees ......... ) ....... ek dink die lesing was oor die wetlike ( hemelse ) en praktiese ( aardse ) aspekte van geregtigheid ........

...... in tranerige gebed vra ek mos toe ...... Here, wat moet ek dan nou nog doen om waardig te wees ........

die antwoord ..... hard en duidelik in my binneste ...... HOU OP PROBEER ........ GEE OOR .......

...... God soek my hart, nie may kop en hanne nie .. !?! .....

.... alles wat ek netjies in gelabelde files in my kop rondgedra het ........ het skielik in my hart oopgebreek ........ en daar in die tuin agter die rotse het my hart oopgegaan en die muur van kennis en harde diens werk waaragter ek weggekruip het, verkrummel ........ die Heilge Gees het die Lig van die Woord deur laat brand en die swart op wit letters van die Boek wat ek so ywerig in kopkennis bestudeer het, het Lewend geword in 'n manier wat net iemand wat dit self beleef het, sal verstaan .........

..... uiteindelik het ek die geheim ingesien : dis net as jy beheer oorgee wat die Gees kan en sal werk ....... jou eie effords is sinneleoos en nutteloos voor die Almag van jou Skepper ....... jy kan jou hande stompies werk en jou kop rondomtalie gooi met Grieks en Hebreus en slim debatte , maar solank jy self in beheer is, is jou effords tot eie geregtigheid net 'n geraas ............

daardie nag het ek ook die gawe van tale ontvang wat ek so lank in my hart ter harte wou beleef, maar my kop in " selfbeheersing" mooitjies uitgeblok het ..... net so daar onner die sterre tussen die rotse en blomme .....

shalom
m

Merweda
Dec 12th 2010, 09:13 PM
Mari dis fantasties hoe die HERE met ons werk, ek self het op 14 jaar tot bekering gekom, maar omdat ek geen geestelike kos gekry het nie, was my lewe een groot leemte, totdat ek 20 jaar later weer by die kruis uit gekom het. Matt 6:33 het soveel betekenis in my lewe kom gee. Vandag doen ek voltyds sendingwerk en is GOD, die Groot EK Is, in my lewe. JP van Odn

AndreHa
Jan 26th 2011, 10:10 AM
n Paar weke gelede het ek tydens n tee bemarkings trip by ou jeugvriende aangegaan op n klein plattelandse dorpie en van hulle en van ons studente kinders se vriende dieselfde getuienis gehoor.

n Eerstejaar (ons noem hom Herman) is saamgenooi om die laaste Mighty Men konferensie saam met n groep motorfiets pelle by te woon, maar hy het vier voete vasgesteek. Die motorfiets manne het so gekarring aan hom dat hy toe besluit het : Hy sal saamgaan op 2 voorwaardes nl dat sy vriend Deon op die klein plattelandse dorpie kan saamgaan EN dat hulle met Deon hulle se motorfiets kan gaan . Want sien, het hy gereken, Deon is nou eers in Matriek en het so pas sy lisensie gekry en Deon se pa sal hom definitief nie laat gaan nie EN om alles te kroon is Deon hulle se motorfiets stukkend . So daar is genoeg struikelblokke om hom van Mighty Men af weg te hou....

Toe die ander manne namens hom vir Deon nooi , toe se sy pa : Met LIEFDE kan hy gaan en hoekom neem hulle nie sommer hulle reggemaakte motorfiets vir die trip nie!! Op die byeenkoms kom Herman kragdadig tot bekering en hy is sederdien aan die brand vir Jesus!

Hierdie getuienis hoor ek toe van my jeugvriende (Deon is hulle seun) en van die Stellenbosch vriende van ons kinders. As die Here jou wil voorkeer , sal al die planne in die wereld jou nie daarvan vrywaar nie! Sy liefde is die sterkste 'magneet' om ons na Hom toe te trek. Geen mens is daarteen bestand nie!

Hoe het die Here jou voorgekeer? Het jy ook n Damascus pad ervaring gehad?

Satan het my reg in Jesus se arms ingejaag toe ek so 5 jaar oud was. Sien, ek het mos elke aand wakker geskrik, verlam van kop tot toon. Die vrees van die dood het omtrent oor my gekom. Ek kon ook nie verstaan waar die swawel/brand reuk elke keer vandaan gekom het nie. Ek het naderhand allerlei verskonings gesoek om so laat as moontlik wakker te blei. Ek het geweet my ouers sou dink ek is kens as ek probeer verduidelik wat aan die gang is. So het dit aand na aand gegaan - tot ek naderhand lewensmoeg geraak het.

Toe, op 'n dag, is dit mos tyd om te begin skoolgaan. Ek was maar skrikkerig oor die hele idee. Daardie eerste dag vertel iemand mos ons klassie van Jesus, wie Hy is en so aan - genoeg om 'n tjokkertjie soos ek 'n blink idee te gee. Ek dog toe. "Wag n bietjie. Ek sal Hom vra vir hulp - vanaand nog." Praat van Heilige Gees inspirasie. Daardie aand was my ouers stomverbaas toe ek gretig is om bed toe te gaan. Ek het nie vir hulle gese wat ek in die mou voer nie. Daardie aand word ek mos toe weer, soos gewoonlik met 'n hengse skok wakker - weer verlam. EK begin toe bid "Jesus, my juffrou het my van U vertel - wie U is en wat U kan doen. Ek is jammer ek kan nie met my mond bid nie, want ek is verlam. U is my enigste redding - want ek het nie die woorde om vir my ouers te verduidelik wat aan die gang is nie. So, help my asseblief?"

Die volgende oomblik voel ek hierdie wonderlike golwe van energie deur my trek. Ek het toe nie besef dat ek sopas die Heilge Gees ontvang het nie. Die vreugde het soos 'n sterk boorgat in my opgeborrel - so veel so dat ek na my asem gesnak het. Die volgende oomblik is ek nie meer in my kamer nie - en sien net duisternis om my. Toe sien ek die helder wit lig voor my - die suiwerste wit wat mens jou kan indink. Ek voel toe die wonderlikste gevoel van liefde denkbaar. Snaaks genoeg, die lig het my oŽ nie seergemaak nie. Ek staar toe, droomverlore so in die lig in, en voel 'n heerlike warmte in my. Die volgende oomblik voel dit of iets my teen 'n hengse spoed wegtrek van die lig af. So paar oomblike later is ek in my bed - oŽ wawyd oop. Toe hoor ek 'n sagte stem, wat vir my se "Rus my kind, dis verby." Oombliklik val ek in 'n diep slaap.

Dit het my 12 dae geneem om te besef ek's vry van die aanvalle. Toe ek dit besef, bid ek gou "Jesus, baie dankie dat U my gehelp het. Ek vra om verskoning dat ek so lank gevat het om dankie te se." Ek was daarna 'n nuwe mens, met nuwe energie en lus vir die lewe. Van daardie tyd af het ek 'n absolute onwrikbare oortuiging gehad van die werklikheid dat Jesus regtig bestaan. Ek het my ouers nooit hiervan vertel nie - oor ek gedink het hulle sou reken ek is heeltemal kens. Ons Here is wonderlik voorwaar!:amen:

AndreHa
Jan 26th 2011, 10:25 AM
Sjoe Mari. Dis 'n wonderlike getuienis. Heirdie stukke vang my oog soos 'n magneet op 'n yskas:


God soek my hart, nie may kop en hanne nie

Dis een ding wat die Gees vir my kristalhelder duidelik gemaak het. As God eers jou hart het, is die res 'n bysaak.

RR van Wyk
Jan 27th 2011, 04:58 AM
Sjoe Mari. Dis 'n wonderlike getuienis. Heirdie stukke vang my oog soos 'n magneet op 'n yskas:



Dis een ding wat die Gees vir my kristalhelder duidelik gemaak het. As God eers jou hart het, is die res 'n bysaak.

Of anders gestel, as God jou hart het, werk jou kop en hande vir Hom automaties :)

protea
Jan 27th 2011, 05:22 AM
Dit het verlede jaar so woes gegaan hier voor Kersfees dat ek by GEEN forum kuier uitgekom het nie. Ek kuier nou eers op hierdie draad...

Die 'bottom line' is dat die Here jou op n unieke manier voorkeer of jy nou 5 , 14 of 80 is. Jou voorkeerdatum is lank voor jou geboorte al bepaal. Dit maak nie saak wat jy vir die Here wil DOEN nie , maar wat jy IS vir Hom.

Dankie vir die kragtige getuienisse. Die Vader het ons elkeen se lewe in die holte van Sy Hand voorwaar!

AndreHa
Jan 27th 2011, 06:20 AM
Of anders gestel, as God jou hart het, werk jou kop en hande vir Hom automaties :)

Janee, dis 'n feit daardie..

Ek was mos so 34, toe was ek weer voorgekeer - die keer om herinner te word aan sy liefde, en sy magtige hand van beskerming. Ek was op pad werk toe, op die snelweg na Sandton toe. Ek was besig om te dagdroom oor hoe God my nog altyd bewaar en beskerm het - selfs toe ek nog 'n babatjie was. Ek was mos besig om uit my voer-stoel te klim - die soort wat nogal hoog is. My ma het met haar rug na my gestaan, terwyl ek besig was om om te kantel. Sy't beskryf hoe dit gevoel het of iets haar gryp en omdraai. Sy't my net betyds gevang voor ek die vloer tref.

Ieder geval - nog op die snelweg, merk ek nie op dat die motor voor my se briekligte nie werk nie. Ek sien toe ook nie dat al die verkeer tot stilstand gekom het nie, en gaan nog rustig aan teen 130 km/h. Dit was seker so 7-10 sekondes voor ek in die verkeer sou inploeg dat ek 'n rustige, liefdevolle stem hoor, wat se "My kind, dis tyd om te begin briek." Ek was so ver weg dat ek maar saamgestem het, maar nie daad by woord gesit het nie. Die volgende oomblik omring 'n wasigheid my, en ek sien hoe my linkerbeen vanself briek pedaal toe gaan en hard druk. Wat baie snaaks was, was dat ek niks gevoel het nie - dit het gevoel of ek dit nie doen nie. Eers toe ek tot stilstand kom, voel dit of die krag terugkom in my bene, en ek sien al die stilstaande verkeer. Ek het die Here gedank en geprys tot die trane teen my gesig afgeloop het. Die besef het gekom dat ek heelwaarskynlik sou dood gewees het as dit nie vir Sy ingryping was nie. Dit was 'n wonderlike herbevestiging van sy liefde, en 'n teken dat daar 'n doel met my lewe is. Partkeer gebruik ons Here minder voor die hand liggende metodes om ons te beskerm - soos 'n pap wiel wat maak dat ons 'n gewapende roof mis. Ek reken as mens begin besef hoe lief God vir ons is, maak dit ons nuwe mense.