PDA

View Full Version : Help asseblief Mercy Child!!



Ta-An
Oct 5th 2010, 06:20 AM
Linda was van haar motorfiets afgestamp vanoggend op pad werk toe, haar been is gebreek, kan ons asb vir haar opdra in gebed ?? :pray:
Dankie

miepie
Oct 5th 2010, 06:38 AM
:yes: :yes: :yes: :pray:

Baie veel liefde,
Mieke :kiss:

Die Filadelfieer
Oct 5th 2010, 06:42 AM
Ai toggie tog tog ! :cry::cry:

Ta-An, sÍ asb tog vir haar sy is in ons gebede.

CFJ
Oct 5th 2010, 06:54 AM
Ai, arme Linda. Al geluk van sulke beproewinge, is dat dit ons geloof versterk en sy sal verseker die vrugte daarvan pluk~!

Ta-An
Oct 5th 2010, 02:33 PM
Ek is nou net terug v d hospitaal... een been op 4 plekke gebreek, ander bene een breuk, slegte breuke!!

CFJ
Oct 5th 2010, 02:41 PM
Anneke,

Jy moet vir haar sÍ ons almal dink aan haar en die heel meeste dink God ook aan haar en is simpatiek by haar!

protea
Oct 5th 2010, 04:47 PM
Ons bid die Vader se totale genesing vir haar in rekordtyd!

Ta-An
Oct 5th 2010, 05:03 PM
Ek sal seker more weer deurgaan ...update in Eng. Ek is te moeg om te vertaal

Right leg tibia spiral break in the ankle,..... although the bed under the R leg was blood soiled I wonder if it was broken skin or a compound break....... ??? although the Xrays did not show a compound break.
The Left leg broken in 4 places!! comminuted break of the tibia in the ankle, tibia transversely broken off =straight across and overlapping 2 inches (5cm) plus a spiral break close to the knee also, and the fibula also spiral break at the ankle and split straight up

protea
Oct 6th 2010, 11:24 AM
Ons ken gelukkig die GROOT GENEESHEER al lyk die scenario hoe sleg! Sterkte Mercy Child! Ons bid vir jou!

Mia Ashton
Oct 6th 2010, 12:22 PM
Ai toggie, hoe gou kan 'n ongeluk nie gebeur nie!!!
Sterkte vir haar, ek bid vir haar. Ta-An 'n sagte drukkie vir haar van ons af.

Willem
Oct 6th 2010, 07:50 PM
Hi Ta- An,

Sal more ook op sel se lys sit , se vir haar bid vir haar en sy moet stil tyd saam met Hom geniet.

Groete
W

Ta-An
Oct 12th 2010, 01:07 PM
Linda is by die huis!! :o

Ons dien 'n GROOT HERE!!

Sy sal net self moet wonde dek.... :o

MercyChild
Oct 13th 2010, 10:27 AM
Baie dankie vir al die gebede want ek weet daty my vinnige herstel wat die dokter laat verbaas staan het was agv van die gebed van krag.

Ek het baie wonderwerke ervaar maar probeer dit alles nog deurwerk. Wat ek wel kan se is ek is lewendig alhoewel dit amper net die agterwiel is wat oor is van die motorfiets.

Ek het ook nie 'n mediese fonds nie, maar een van ons vriende van ons sel groep het onwetend vir my R100 000 deposito neergesit sodat ek privaat hospitaal gehelp kon word.

Ek hoor gister vir die eerste keer dat ek op 'n 3 dae waglys was voordat hulle my sou opereer. Maar in Flora clinic het hul die volgende dag die operasie uitgevoer. Die spiere in my bene was blykbaar besig om dood te gaan en sou binne 'n dag of twee verrot het wat sou veroorsaak dat ek my linkerbeen en minstens my regtervoet kon verloor het.

Ek is dankbaar vir die gebede, die wonderwerke wat plaasgevind het en ook dat GOD my vooruit gegaan het in die ongeluk. Daar het vele wonderwerke afgespeel maar ek weet nog nie hoe om alles te bewoord nie. Sal later


Ek wou die comerades hardloop 2011 en die 94.7 fietsry doen in November maar die dokter se ek sal nooit weer kan hardloop nie. Hy reken dit gaan omtrent 3 en 'n half jaar neem om weer te kan loop maar ek glo ek gaan die comerades uitstel net tot 2012 want ek glo die GROOT GENEESGHEER sal aanhou help met spoedige gensesing.

Dankie vir al julle gebede!

CFJ
Oct 13th 2010, 11:48 AM
Lekker om jou weer terug te sien Linda en dit is veral lekker om deur jou getuienis te sien hoe getrou ons almal se Vader is... :)

Die Filadelfieer
Oct 14th 2010, 06:39 AM
Prys die Here Linda !
Moenie dat iemand vir jou vertel dat jy iets nie kan doen nie : daar bestaan doodeenvoudig nie sos iets nie. Waar daar 'n wil is, en met die Here aan jou sy, is daar altyd 'n weg.
Baie sterkte met die herstel, dit gaan natuurlik nie 'n maklike paadjie wees nie, maar soos die ou gesegde lui : " Pain is temporary ..... glory is forever. "

:)

protea
Oct 14th 2010, 05:09 PM
Ons is SO bly jy is beter Linda. Ons bly bid vir jou n rekord vinnige herstel toe! By ons Here is NIKS onmoontlik nie!

Willem
Oct 17th 2010, 09:12 PM
Hi Linda,

awesome!Bly jy ok!

Onthou , by God is NIKS onmoontlik nie ! Dankie Here !