PDA

View Full Version : Jou kinders en Halloween???

Francois Marais
Oct 6th 2010, 06:09 AM
Wonder ek of julle agter gekom het dat die mense in SA nou 'n groot ding begin maak van halloween?

So stap ek Sondag in Menlyn Pretoria in om my selfoon te gaan haal wat in was vir herstel. Wandel ek toe in die winkels deur. En ek moet sÍ ek is geskok om te sien dat die mense vooraad van Halloween goed verkoop en koop.

Dit is tog net 'n teken dat Satan a hoe meer op sy slinkse maniere inkruip en mense kom vernietig.

Weet jou kinders vandag wat die ware storie is agter halloween? Weet jy self wat aangaan op daai aand? Dalk is dit tyd dat jy begin Google gebruik...

Die Filadelfieer
Oct 7th 2010, 06:00 AM
Ek stem 100% saam met jou Francois, daar is geen plek vir Halloween in die huis van 'n Christen familie nie, en veral die kinders moet baie mooi attend gemaak word daarop.

Willem
Oct 9th 2010, 05:04 AM
Hi Francois,

dis reg dat dinge so reguit genoem word, ons moet ons vergewis van dit wat ons aan deelneem en wat die wereld vir ons probeer leer, halloween is net een van daai dinge as jy daarna kyk, wie word verheerlik? Hoe leer ons kinders om ook vir hulle maatjies en ons vriende te se hoekom ons nie daarvan hou nie...

Google dit en kry feite,versprei daai feite maar moenie ander oordeel nie, bid dat God hulle oge sal open.Onthou, waarheid maak vry , maar ons moet alles in liefde doen, vir Hom eerste en naaste tweede, maar dit staan gelyk..

Hoekom se ek wees versigtig oor oordeel en feite versprei?
Het oor aborsie gegoogle en opgelees en gedink en altwee kante van saak gelees en probeer verstaan ( eintlik drie of meer korrek vier kante ) en dis afskuwelik, maar ek kan nie dit net uitstuur nie, want die dames wat daardeur is, is nooit die waarheid vertel nie en as hulle dit skielik kry en besef sonder dat God by hulle is ..... ek wil dit aan geeneen van die slagoffers doen nie ... en daar is BAIE.... SO tot Hy vir my leiding gee of eendag die inligting gee om iemand mee te beraad.... het ek nie die Vrede tot nou toe gekry nie...so ek wag op Hom.

Gene
Oct 11th 2010, 07:24 AM
Ons leraar het gisteroggend spesifiek oor Halloween (en die okkulte in die algemeen) gepreek - 'n preek wat hom in onguns by baie gebring het, maar soos hy tereg sÍ, is hy as herder van die gemeente nie daar om gewildheid te verwerf nie, maar om God se Woord so duidelik as moontlik te bring... Dit is werklik skokkend om te hoor hoeveel mense, goeie christenmense, by goed soos Halloween betrokke is sonder om te besef waarmee hulle besig is. Die vyand is beslis besig om baie veld te wen....

Willem, ek stem saam met jou dat 'n mens nie ander mense onnodig moet seermaak nie. Maar ek dink nie dat ons die waarheid moet weerhou omdat ons bang is iemand kry seer nie. Ek dink dat die waarheid te alle tye openlik verkondig moet word, ongeag wie daardeur geraak word. Maar dit is ook noodsaaklik om God se liefde en vergifnis gelyktydig te verkondig, en mense daarop te wys dat 'n mens nie dit wat agter jou is, hoef saam te sleep en jouself te verwyt nie, maar dat God se liefde vir elke mens onveranderlik is en Sy vergifnis so volkome! 'n Mens hoef nie in sak en as te sit oor die verlede nie. As jy by so iets betrokke is of was (wetend of onwetend), dan is dit nooit te laat om dit voor God te bely en dit agter te laat en vorentoe te kyk nie. Die Bybel leer dat God nooit weer dink aan ons oortredinge wat vergewe is nie. Maar ek voel eerlikwaar dat ons soms te diplomaties wil wees om nie op tone te trap nie, dat die werklikheid, en die euwel van dinge soos aborsies en Halloweenvieringe afgewater word, en mense nie besef waarmee hulle werklik besig is nie.

(Die Skrifgedeelte wat ons leraar gisteroggend voorgelees het, was Hosea 4:1-14. Gaan lees dit gerus en sien hoe hard en duidelik die Here is oor mense (veral leiers) wat die waarheid ken, maar nalaat om ander te waarsku.)

protea
Oct 11th 2010, 11:05 AM
Wat maak jy as mense nie ag gee op jou waarskuwings nie . Hulle mening is : Ag, gun die kinders maar die 'onskuldige pret'.... Dit kan tog nie so erg wees soos jy verduidelik nie.... Hoe dring jy tot mense deur dat jy alles behalwe grappies maak?!

Gene
Oct 11th 2010, 01:55 PM
EsegiŽl 3:18&19 stel dit baie duidelik, ons het 'n verpligting om ander te waarsku as ons die waarheid ken. As hulle dit nie aanvaar nie, dan is ons gevrywaar, want dit is hul keuse of hulle dit wil aanvaar of nie.... maar as ons stilbly, gaan ons tot verantwoording geroep word. Dit is ongelukkig so dat mense dikwels net hoor wat hulle graag wil hoor. Daar is ongelukkig niks wat ons meer kan doen as om te waarsku nie. Ek neem maar gisteroggend se erediens in my gemeente, wat spesifiek gehandel het oor Halloween as voorbeeld. Die leraar is glad nie gewild na gisteroggend se boodskap nie, want hy het op tone getrap. Mense wil dit nie hoor nie. 2 Timoteus 4:3 praat daarvan - mense wat in die gehoor gestreel wil word en nie die waarheid wil hoor of aanvaar nie. Vir so iemand kan 'n mens maar net bly bid, dat sy oŽ sal oopgaan.

Die Filadelfieer
Oct 12th 2010, 06:36 AM

Ek het baie respek vir 'n dominee soos joune wat voor sy siel weet hy op tone gaan trap met 'n boodskap wat die Here vir hom gee, maar dit ten spyte van die nagevolge nog steeds lewer.

Mens voel partykeer jy wil mense aan die skouers gryp en sÍ " word net wakker ! " , van gefrustreerde moedeloosheid, maar dit gaan meestal net mooi niks help nie : ons kan net waarsku en bid dat die boodskap sal insink.

Francois Marais
Oct 12th 2010, 09:29 AM
Soos ek in die engelse draad gesÍ het " Dit is tog so maklik vir die Christen mense om agter satan se goed aan te hardloop en hulle eie te maak."

Mag die Hemelse Vader die mense wakker maak sodat hulle kan sien hoe hulle val vir satan se gemors. En mag hulle kinders dit ook sien en wegdraai en die waarheid met hulle maats ook deel eendag.

mari
Oct 12th 2010, 02:38 PM
Halowee besoekers .... 'n idee

deesdae loop die kinders mos rond en "trick or treat" ........

gebruik dit as 'n evangelisasie geleentheid .....

hou 'n paar glase en sap gereed en verwelkom die gesiggies met vriendelikheid .....
bied die sap aan, maar hulle moet dit klaar drink want dis jou glase ....
( die idee is om hulle 'n paar minute daar te hou om te luister ) ....

terwyl hulle dan die sap geniet ..... vertel hulle hoe Jesus die duiwel oorwin het ......

hou 'n boekie gereed wat gemerk is as " gebedsboekie"
vra of hulle hul name daarin sal neerskryf, dan sal jy vir hulle bid ( en kom jou belofte na )

............. ;)

Die Filadelfieer
Oct 13th 2010, 07:05 AM
My aarde Mari, dit is 'n briljante idee !

Francois Marais
Oct 14th 2010, 08:43 AM
Ek het gister aand iets gehoor van 31 Oktober. Ek wonder net of een van julle weet hoekom satan die dag vir hom neem... Dit her my nogal laat wonder.

Meeste mense van die kerk weet nie eens wie die persoon is wat die katolieke uitsig op ons kerk verander het nie.

Lees bietjie meer wat op 31 Oktober gebeur het...
http://en.wikipedia.org/wiki/Reformation_Day
http://www.history.com/this-day-in-history/martin-luther-posts-95-theses
http://www.frontline.org.za/articles/reformation_day.htm

trudie
Oct 14th 2010, 01:00 PM
Ek het my nog nooit aan halloween gesteur,my kinders ook nie.Net die idee om jou kinders deesdae in die aand te laat rondloop gee my koue rillings.

Tonton
Oct 14th 2010, 02:44 PM
Wat maak jy as mense nie ag gee op jou waarskuwings nie . Hulle mening is : Ag, gun die kinders maar die 'onskuldige pret'.... Dit kan tog nie so erg wees soos jy verduidelik nie.... Hoe dring jy tot mense deur dat jy alles behalwe grappies maak?!

Protea,

Jy saai die saad, en God laat dit ontkiem. Sorg dat jou kinders in orde is, en spreek die Woord.

Groete,
Anton

Phil Fourie
Oct 15th 2010, 06:10 AM
Net so iets om aan te dink, wat sal julle sÍ as 'n ou 1 Kor 8 en Romeine 14 gaan betrek in die gesprek, as iemand daardie teksgedeeltese gebruik wanneer jy vir hom sÍ hy is verkeerd?

Gene
Oct 15th 2010, 10:28 AM
1 Korintiers 8 handel oor die eet van vleis wat aan afgode geoffer is. Paulus sÍ dat hy geen probleem daarmee het nie, eenvoudig omdat daardie afgode tog net dooie beelde is wat nie lewe nie, en daarom maak dit nie saak nie (maar dit hang natuurlik van 'n mens se persoonlike oortuiging af). In die geval van die okkulte en veral Halloween, praat ons egter nie van dooie afgode nie, maar van die satan self, wat beslis nie in dieselfde kategorie val as 'n afgod nie. Om deel te neem aan demoniese praktyke (wetend of onwetend) kan geensins vergelyk word met die eet van vleis wat aan een of ander afgod geoffer was nie. (Of met "Halaal" gemerkte voedsel...)

Romeine 14 handel onder andere oor sekere "heidense" feesdae - Paulus sÍ hier dat alle dae gelyk is. Dit is waarom ek bv geen probleem het om Kersfees op 25 Desember te vier nie, al is die oorsprong van die datum 'n heidense dag. Paulus se m.a.w. as 'n mens die Here eer op 'n bepaalde dag, dan maak dit nie saak watter dag dit is nie. Ons kan dus die Here eer op 31 Oktober ook. Maar om deel te neem aan daardie heidense (duiwelse) praktyke, is 'n heel ander saak. Om Halloween te vier en deel te hÍ aan die dinge wat daarmee gepaard gaan, kan tog nie uit daardie Skrifgedeelte geregverdig word nie?

Ek wil ook net byvoeg dat meeste mense deelneem aan sulke dae en praktyke uit onkunde. As 'n mens vir hulle vertel waar dit vandaan kom, en waaraan hulle werklik deel het, sal dit waarskynlik genoeg wees (vir kinders van die Here, bygesÍ...) om onmiddellik daarmee op te hou. Iemand wat dit wil regverdig deur sekere Skrifgedeeltes aan te haal, is myns insiens nie ernstig oor die Here nie en soek bloot verskonings om sy optrede te regverdig. Dit is nie die moeite werd om met so persoon te redeneer en hom te probeer oortuig nie. (2 Tim 2:23 "En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek....."

Francois Marais
Oct 15th 2010, 12:26 PM

AMEN! En die mense doen dit tog so baie.
En dankie vir die versie. Het dit nodig gehad vandag...

Willem
Oct 17th 2010, 09:35 PM
Willem, ek stem saam met jou dat 'n mens nie ander mense onnodig moet seermaak nie. Maar ek dink nie dat ons die waarheid moet weerhou omdat ons bang is iemand kry seer nie.
Dsi nie oor seermaak nie, Gene, dis oor hoe die duiwel dit sal gebruik om hulle aan te kla en oor die rand te probeer dryf, dis wat ek oor wonder....:confused

Ek dink dat die waarheid te alle tye openlik verkondig moet word, ongeag wie daardeur geraak word. Maar dit is ook noodsaaklik om God se liefde en vergifnis gelyktydig te verkondig, en mense daarop te wys dat 'n mens nie dit wat agter jou is, hoef saam te sleep en jouself te verwyt nie, maar dat God se liefde vir elke mens onveranderlik is en Sy vergifnis so volkome! 'n Mens hoef nie in sak en as te sit oor die verlede nie. As jy by so iets betrokke is of was (wetend of onwetend), dan is dit nooit te laat om dit voor God te bely en dit agter te laat en vorentoe te kyk nie. Die Bybel leer dat God nooit weer dink aan ons oortredinge wat vergewe is nie. Maar ek voel eerlikwaar dat ons soms te diplomaties wil wees om nie op tone te trap nie, dat die werklikheid, en die euwel van dinge soos aborsies en Halloweenvieringe afgewater word, en mense nie besef waarmee hulle werklik besig is nie.
So die voorberei saam met wat Jesus aan kruis vir elkeen van ons gedoen het.. dan na bevestiging van Gees af met gebed en vertroue in Hom uitstuur dat Hy dit sal seen tot Sy eer en hmmm onthou ek nou ( sal ek se herinner die Heilige Gees my ) daar is die ding van die gesag in Jesus se naam wat ons HET wat die duiwels moet gehoorsaam..:D ons volg 'n Koning wat reeds oorwin het en alle gesag HET en altyd sal HE :pp

Willem, ek stem saam met jou dat 'n mens nie ander mense onnodig moet seermaak nie. Maar ek dink nie dat ons die waarheid moet weerhou omdat ons bang is iemand kry seer nie.

(Die Skrifgedeelte wat ons leraar gisteroggend voorgelees het, was Hosea 4:1-14. Gaan lees dit gerus en sien hoe hard en duidelik die Here is oor mense (veral leiers) wat die waarheid ken, maar nalaat om ander te waarsku.)Dankie Gene, die wysheid word opreg waardeer en as ek ok kry.. NEE sal begin werk en as ok kry uitstuur want dan WEET ek TYD is reg en Hy het mense ontvanklik daarvoor gemaak. sal baie :pray: en leiding nodig he want self sal ek dit opmors..

Johnny
Oct 22nd 2010, 06:19 AM
Gister in die Vaalmall loop ek en my dogter en hier kom 'n groot seun saam met sy ma aangestap en hy het 'n duiwelsvurk in sy hand. Seker by CNA gekoop want hulle is vol Halloween goodies. Ek wou hom toe stop en vra of hy die rol van die duiwel op hulle "party" gaan speel en dan sommer vir hom se maar Halloween IS van die duiwel. Was te laat om hom voor te keer.

Een van ons vriendinne se dogter bel my vrou en vra haar of sy haar naels sal swart maak vir hulle Halloween party. My vrou doen naels in haar vrye tyd en het toe geweier om haar in haar kwaad te ondersteun.

Laasweek gaan tel ek my dogter by die naskool op. Sy is hierdie jaar in graad 8. Ek sien toe onder op die veld staan stoele in 'n halfmaan gepak en "goeters" le oral rond. Wat het hier gebeur vra ek? Nee....hulle het die nuwe leerlingraad vir volgende jaar ingewy. Die hele skool MOES daar wees om te kyk, behalwe die onderwysers. Daar was blykbaar een of twee. Hulle het die seuns en dogters met cable ties aan die stoele vasgemaak en bloed en binnegoed van diere oor hulle gegooi. Satanistiese gebruik en dit in die maand van Oktober wat bekend staan as satan se maand. Een meisie moes hulle 2 keer losmaak om te gaan braak. Nou vra ek jou. WAAR IS DIE HERLEING. WAAR IS AL DIE DUISENDE BEKEERDE OUERS (MANS EN VROUENS) VAN AL DIE MASSA BYEENKOMSTE?

Twee maande gelede het die skool se personeel 'n opvoering vir die kinders gehou een Woensdag aand. Die hoof ingesluit wat die vulgerste was, het ook deelgeneem. Die hele opvoering was van voor tot einde "onder die belt". En ek weet meeste van hulle gaan Greytown toe as die geleenthied daar is.....of na Greta Wiid toe. Ek het 'n lang brief vir die ouervereenging geskrf. Raai wat.....hulle kan niks doen nie want ek was die enigste ouer wat gekla het. So......ek is verkeerd!

Mag die Here gou kom!

Die Filadelfieer
Oct 22nd 2010, 07:02 AM

Skokkend ! Ek dink ons kry die horries as ons moet uitvind wat in sommige skole aangaan. Ten minste is jy een van bitter min ouers wat belang stel in jou kind se lewe en besorg is oor wat in haar skool aangaan.
Sy sal seker nooit regtig besef hoe gelukkig sy is nie ! As mens van die gruwel stories hoor kan mens nie help om die kop te skud en te vra " maar waar was die ouers dan ? " nie. Die antwoord in meeste gevalle, hartseer genoeg, is dat hulle daar was, maar net nie genoeg omgee of belang het nie.

Komplimente vir jou Johnny, ek wens daar was meer ouers soos jy; en moet ook nie ophou kla nie, dit is JOU kind, en die Here het haar JOU verantwoordelikheid gemaak, en geen apatiese onderwyser/hoof het die reg om jou anders te vertel nie. Kyk maar na al die stories wat nou skielik uitkom van onderwysers in afrikaanse skole wat kinders molesteer ( sonder om te veralgemeen ) dan hoef jy nie verder te wonder of jou besorgdheid misplaas is of nie. Daar IS rede to kommer, en basta met enige iemand wat jou iets anders as dit wil wys maak.

Johnny
Oct 22nd 2010, 07:23 AM

Dankie Fila vir die bemoediging. My ander groot vraag is as daar so baie ouers hulle verryk by chriselike byeenkomste, mannekampe, vrouekampe, ens, ens.......hoekom gaan dit nie beter met ons kinders, skole, huise, geweld, ongeregtigheid, ens, ens nie? Is dit nie omdat die Bybels se dat dit so sal wees in die laaste dae nie? VERSEKER!.

Francois Marais
Oct 22nd 2010, 07:40 AM
Ek gaan nou regtig my groot toon hier indruk en sÍ dat as mense na die massa gemors toe gaan, gaan dit meer oor emosie as oor G-d!

Ek kan nou 13 mense noem wat vals confersions was. Dit is net daai moment van almal steek hulle hande op.

Weet julle hoe is ek uitgekyk toe ek by een van 'n massa preker se preke nie my hand opggesteek het nie? Kan julle dink aan die vra wat gevra is vir my na die tyd? Hoekom gee jy nie jou lewe vir Jesus nie!

WHY SHOULD I DO IT AGAIN AND AGAIN AND AGAIN! SÍ ek nie so dat Jesus se bloed die eerste keer genoeg was nie.

En jammer as een van julle ouens of vrouens hulle lewe by so massa event vir Jesus gegee het. Ek glo dat dit eg is.

Dan die ding by die skool maak my so hartseer. Nou verstaan ek hoekom ek nooit my onderwys graad kon klaar maak nie.

En ek stem saam. Mag Jesus gou kom!