PDA

View Full Version : Gene en George en Calitzdorp



CFJ
Oct 11th 2010, 03:37 PM
Vanoggend reageer Gene op 'n ander draad en begin sy plasing aan my met die volgende,


"By George! I think he's got it!" ;)

Sonder dat hy dit weet, is ek oppad George toe en daar vind ek toe iets uit wat met die van, NEL te doen het. Net die naweek nooi Mari my om te kom koffie drink by hulle besigheid in George en oppad terug stop ek gou daar. Daar aangekom maak sy koffie en vertel my van hul vorige 'buurman', wat 'n hartaanval gehad het en toe sy besigheid verloor het. Hy staan hoeka met haar en haar man en gesels en sy is besig om 'n CV vir hom uit te druk, aangesien hy nou werkloos is en wil kyk of hy nie iewers 'n werkie kan kry nie, 'enige werk sal reg wees', s hy. So met die koffie-drinkery vertel hy dat hy op 'n stadium in Calitzdorp gebly het en hy het juis daar ge-eindig, omdat hy afstam van die Nel'le van Calitzdorp.

Ek weet nie of enige een van julle bekend is met wat in Calitzdorp aangaan nie, maar as julle iets weet, sou julle ook wonder hoekom dit nie eerder Nelsdorp moes heet nie. Sien, die Nel'le in Calitzdorp krioel letterlik daar en mens sal nie verbaas wees as hulle 51% van die dorp se inwoners is nie. :lol:

So vertel Mari toe dat sy ook afstam van die Nel'le van Calitzdorp en dat hulle dan op 'n manier familie kan wees. Ek het maar so gesit en luister, want ek was nogal verbaas dat dit so kan uitwerk, veral omdat my ouma ook 'n Nel van Calitzdorp is en so vind ek en Mari en haar vorige buurman uit (Mari ek het nou sy naam vergeet en weet darem dit is jou buurman gewees), ons is op 'n manier familie. Almal van ons het iets met Calitzdorp se Nel'le te doen. Ek het nie 'n idee wat hierdie alles mag beteken nie, maar ek weet dit was nie toevallig nie en Gene het iets geweet van George, maar min het hy geweet alles het eintlik met Calitzdorp te doen en dat drie mense in George mekaar sou ontmoet en net so min geweet het van hoe hulle almal eintlik van Calitzdorp af kom, al is dit net 'n kwart van elk!

Iets in hierdie getuienis, s net dat God op 'n baie spesiale manier betrokke was vandag, in 'n paar mense se lewens!

protea
Oct 11th 2010, 05:10 PM
Hallo !

As n jong onnie het ek en n groep stappers van Montagu n hele paar jaar gelede langs die Gamkarivier opgestap tot in Gamkaskloof. Daar waar die pad die rivier kruis. Ons voertuie het ons toe aan Calitzdorp se kant by Nel boere gelos wat in die poort van die Gamkarivier boer. So ek ken ok Nel'le van Calitzdorp!

mari
Oct 12th 2010, 08:38 AM
Ja Ferdi .... gister was nogal annerste ...

gewoonlik sit ek vir ure alleen in ons shop ( dis waar my kuberklets tyd vandaan kom ) .... maar skielik gister oorval die kuiermense so almal op 'n bondel ! ...... ek sien mos die George storie van jou en Gene en maak toe sommer seker die koffie is reg ........ ons x-buurman, Johan ( bynaam : Russian - hy maak die lekkerste take-aways ) bel toe ook en vra vir 'n paar eksta afdrukke van sy CV ..... daar daag jy ook op met die fensie volstruiseiers en dit word 'n karoo kuiery ........ die wereld is klein.......

nog 'n stertjie aan die storie is dat hier die oggend iemand was wat belangstel in die kafee wat langsaan leegstaan ...... lang storie kort : dit lyk nou of Johan dalk sy eie kafee vir iemand anders kan bestuur ......... ons bid al 'n rukkie saam met hom dat die regte deure sal oopgaan .... hy is nog jonk in geloof, maar leer daagliks en dit is exciting om te sien hoe Onse Vader die pad saamstap ......

... en dis deksels koud hier vandag ..... hoop julle oorieberg koel darem ook af .......

annerkant die berg groete..
m

CFJ
Oct 12th 2010, 01:31 PM
Hi Mari,

Dankie vir die koffie en gesels gister en dit sal seker nie 'n beter uitkoms aan Johan bied, om sommer in sy ou 'eie' kafee te kan werk nie! Dit is hier net so koud vandag, maar ek dink George was gister kouer as jy my vra...

protea
Oct 14th 2010, 05:14 PM
CAW staan nie verniet vir 'cold and wet ' nie.....

mari
Oct 16th 2010, 07:42 AM
hu uuuh ......

CAW staan vir :

Christ
At
Work

..... maar ons het darem oorie 50 mm reen gehad oor 2 dae ....... uiteindelik .....

mari
Nov 2nd 2010, 02:53 PM
dit het green ..... en gereen .... en gereen .......

George se damme is vol .... die lagoons druk teen hul duin dyke .......

die weivelde is weer groen en die beeste rondvet ............


en volgende Dinsdag hou ons lofprysing en danksegging in dieselfde stadion waar laas jaar vir reen gebid is .......

saam met oom Angus ......... ;)

CAW !!!!! ........ m

CFJ
Nov 2nd 2010, 05:30 PM
Mari,

Ek was Saterdag in George en dit het aanmekaar gereen terwyl ons daar was. Wat net interessant is, is dat ons so onlangs soos 'n week of twee terug, werklik eers meer ernstige waterbeperkings in Oudsthoorn gesien het. Net mooi toe julle damme vol word, toe word dit hierdie kant leeg. Toe dit daar by julle leeg was, toe gaan dit redelik hier. Snaakse en interessante patroon..., maar mens kan dit nie mis nie...

Die Filadelfieer
Nov 3rd 2010, 07:58 AM
Hier by ons is dit nog erg droog, bykans geen ren na die winter gesien nie. Was Maandag by buurman, hy moes al sy springbok-lammers uit die veld verwyder die naweek, want die ooie verwerp hulle omrede daar niks kos vir hulle is nie. Sal kyk of ek 'n foto kan plak van die bokkies wat nou in 'n skuur bly....oulik verby. Al hoe meer diere, ondere andere jakkalse, meerkatte en tarentale, beweeg al hoe nader aan ons erwe soos hulle kos in die veld op raak, ons kyk maar mooi uit vir hondsdolheid.