PDA

View Full Version : Vingerafdruk



Phil Fourie
Oct 20th 2010, 07:57 AM
Ek sit gister so en dink, nou dit kan gevaarlik ook wees, ek besef dit, maar nou ja, waaraan ek gedink het is tien teen een deur ander slim mense al bespreek, maar dit het nogals 'n groot vraag by my opgebring.

Wat sou die doel van 'n unieke vingerafdruk wees binne 'n evolusie raamwerk? Wat sou die nut wees? Hoekom sou so iets ontstaan het?

CFJ
Oct 20th 2010, 08:22 AM
Hmmmm, ja Phil, ek het self gisteraand iets gesit en dink en toe ek nou jou draad lees, kon ek nie onthou nie, maar dit was dieselfde tipe vraag. Terwyl ek nou skryf, sit en wonder ek hoekom die mens, sou evolusie die dryfveer vir die mens (al is dit dan net sekeres) se bestaan wees, begin glo het daar is 'n God? Wat sou dit veroorsaak het?

O ja, nou onthou ek. Hoekom ontwikkel die kennis wat die mens veral die laaste halwe eeu ontdek het en al die ongelooflike vooruitgang rakende tegnologie, teen so geweldige-buitengewone-hoŽ spoed, as evolusie miljoene jare neem om veranderinge teweeg te bring in spesies. Wat sou die spesie waaraan ons behoort, so aanspoor om teen hierdie geweldige spoed dinge te wil doen? Gaan daar iets gebeur en hoe sou evolusie dit verklaar?

Ek het werklik nie die vaagste idee hoe om jou vraag of my eie te antwoord nie, behalwe as die Bybel die waarheid is, dan maak dinge sin...

Phil Fourie
Oct 20th 2010, 09:05 AM
Ferdi

Die uniekheid van iets soos 'n vingerafdruk dui maar net weer vir ons op die uniekheid van elke ding in die skepping, niks is sonder plan gemaak nie, daar is intelligensie agter dit als, daar is 'n 'n ontwerper agter dit als, daar is God agter dit als. Hoekom iets so uniek soos 'n vingerafdruk? Dit is so ontwerp sodat elkeen kan uitstaan as nie die proses van evolusie nie, maar die werking van 'n Skepper wat elkeen van sy skepsels persoonlik ken.

Tonton
Oct 20th 2010, 11:07 AM
Eintlik is alles in jou uniek. Die vingerafdrukke is net een van die makliker meetbare aspekte. Meer moderne tegnologie meet byvoorbeeld die iris van jou oog en stemtoon.

En Vader ken elkeen en elke unike aspek van elkeen!

Anton

Willem
Oct 25th 2010, 09:33 PM
Kyk bietjie eendag Alive , een van Louis Giglio se dvd's wat spesifiek handel oor hoe God ons gemaak het en hoe skrikwekkend kompleks en amazing ons eintlik ontwerp is....

dan kan jy volgende keer die evolusie ouens vra hoekom ons nie in donker kan sien en soos arend kan sien , soos vlermuis/honde katte kan hoor as dit duidelik tot ons voordeel sou wees om roofdiere te kan sien en hoor in die nag.... hoekom kan soogdiere nie soos krokedelle in die son le en bak en so energie opbou nie? ons moet eet ? met al daai pragtige sonlig daar buite, hoekom tyd mors met eet?

en hoekom O hoekom is meeste van die genetiese mutasies wat ons vandag in mediese wetenskap van weet, siektes of gebreke?