PDA

View Full Version : Bespreking Vereering van God



Ta-An
Oct 21st 2010, 06:39 PM
Die vertaling van die woord : Worship, kry ek in die Afrikaanse Bybel as : Vereering, om hulde te bring, aanbid, neerbuig,

Hoe demonstreer jy jou "Worship" ??

Ek wil graag uitvind van verskillende maniere van "Worship"

Johnny
Oct 22nd 2010, 05:41 AM
Ons lees op plekke van die hande ophef...op jou kniee, vooroor buig. Dit is hoe ek en mense in ons gemeente dit doen. Moet net nie begin agteroor val en rond rol nie. Laat staan ook die hanekraai en soos wolve huil. Dit kom egter in gemeentes soos Kobus van Rensburg voor. Daar is egter bai charasmatiese kerk wat vandag nogsteeds die Toronto blessing ding doen. Ek was so 3 weke gelde by Moreletta Park om na Paul Wilbur te gaan kyk. Daar was ook Jode daar en van hulle het plat op hul mae gele met hulle arms uitgestrek na voor om die Here te aanbid en terselfteryd hul aangesig vir die Here te verberg.

Dan was daar 'n ou skuins voor ons wat my dogter skoon bang gemaak het. Dit het gelyk of sy arms van spagheti gemaak is. Het die hele tyd sy lyf in halwe sirkels gedraai en sy arms rond geswaai. Ons het toe tot die besf gekom die ou is besig om pannekoek deeg aan te maak. Ons noem hom nou die "bakker" as ons vna hom praat. Vir my natuurlik heeltemal onbybels. Kom seker van Stilfontein af?

Ek glo dit moet bybels wees hoe ons die Here vereer en hulle betuig. Dus moet ons maar weer terug gaan na die Bybel en kyk hoe dit daar gedoen is.

NS: Man maar Moreletta Park is groot....en al die beligting en duur toerusting. Ek dog eers ek is by een van die teaters by Monte Casino, maar toe begin PAul Wilbur sing.....in engels en die mooiste ooiste taal....HEBREEUS! Toe is my siel by die Here en nie meer in Moreletta Park nie.

Ta-An
Oct 22nd 2010, 08:58 AM
Johnny..... Hoe demonstreer jy jou worship??

Johnny
Oct 22nd 2010, 09:21 AM
Johnny..... Hoe demonstreer jy jou worship??

Ek weet nie wat jy nou eintlik bedoel nie, want aan wie moet ek dit demonstreer? Meeste van die tyd as ek worship is ek met God besig en my oe is normaalweg toe as ek sing. Dit gaan gewoontlik gepaard met trane wat rol as ek sing ,want dit is hoe ek die Heilge Gees in my ervaar. Stil en op my plek sonder enige tierlantyntjies. As die musiek bietjie vinniger is as aanbiddingsmusiek sal ek hande klap. Soos baie al verwys het na ons as......."happy clappy's".

Francois Marais
Oct 26th 2010, 12:06 PM
In stilte gebeur daar soms baie dinge...

Ek sal party aande my kitaar neem en net Amazing Grace begin sing. Baie keer wil ek net soos Johnny beskryf het hierbo so plat op die grond kom. Ek het vanoggend in my kantoor in 'n hoekie voor almal kom werk het, op die grond gaan sit en net vir Vader bedank vir sy beskerming en 'n vloed van trane.

Soms sal ek op my kniee gaan maar nie meer omval en rondskud nie. Ek is nie 'n slang nie!

O ja... Ek soek steeds 'n kerk wat ek saam met ander kan aanbid, maar meeste mense in kerke is doof en moet die musiek klip hard luister en ek kan dit nie doen nie.

Oh vergeet ek... Ek probeer my bes om elke dag met my wandel vir Vader 'n lof te wees en nie 'n skaamte nie.

Johnny
Oct 26th 2010, 12:12 PM
Ek soek steeds 'n kerk wat ek saam met ander kan aanbid,

Ou maat, hierdie is 'n moeilike een. Daar is maar MIN van hulle. Spreek ook seker van Jesus se woorde dat MIN gered sal word. Ek bid vir jou dat jy 'n gemeente sal kry wat die Woord reg sny.

Francois Marais
Oct 26th 2010, 12:18 PM
Dankie Johnny. Het laas week van die pastoor van die kerk gehoor wat ek was op die draad loos... Sy kerk is volgens hom op die woord gebaseer. Neem aan dit is sy woord en nie die bybel nie. Want van voor tot agter is die rykdom op die aarde en val en soos slange rond beweeg in sy gemeente.

Dit is regtig hartseer om te sien wat in die kerke aangaan vandag. Mens kan maar net bid dat mense in die gees kan sien of die persoon op die ware spoor of satan se spoor is... Of selfs op sy eie spoor soos in sekere gevalle.

Philip dT
Oct 29th 2010, 03:20 PM
Ek sou sÍ in wese is aanbidding wanneer alles wat jy is, reageer op alles wat God is.