PDA

View Full Version : Smul boeke ...



mari
Oct 22nd 2010, 01:31 PM
Waar kry jy jou kombuis insperasie ?

Myse moeder het op my 21e verjaardag die geliefde " Kook en geniet" mooitjies in 'n fensie vadoek toegedraai aangegee ......

Hier by 30 koop ek toe sommer self die nuwe "moderne" een, en ek moet nogal se, dit help jou uit baie kookfurstasies .......

My boekrak staan vol fensie boeke met uitheemse resepte en volkvreemde bestandele, maar daar staan hulle maar net en stof vergaar .... net die KeG is vol oliedruppels en meelspatsels ...... nog een wat darem aandag kry is die "Kos wat ons ken", maar met aanpassings van idees wat ek by die ougarde tannies opgetel het vir daardie finale vat wat onse Aferkaase kossies so uniek maak .....

Toe kry ek nou die 7e Laan Kookboek persent .... en Moekie-moe! ..... die insperasie !!! .... die kreatiewe sousies loop sommer ! ......

Wat is julle lekkerste kookboeke ? .....

:saint: ........ m

trudie
Oct 22nd 2010, 02:54 PM
My inspirasie kom van al my ou resepte en my twee dogters.Die oudste een bly in London en sy en haar man eet feitlik net vis en groente en sy kom met die heerlikste idees vorendag.Die jongste is mal oor die Sarie kook tydskrif en ons moet altyd van die geregte maak en verbasend is dit hoof saaklik groente disse en dit nou iemand wat eers net 'tjips' verkies het en ook coke drink ipv water.

Ta-An
Oct 24th 2010, 07:45 PM
Ek gebruik deesdae :"Rawlicious" (http://www.superfoods.co.za/rawlicious-raw-food-book.htm). Heerlik!!!

trudie
Oct 27th 2010, 09:48 AM
Dankie vir die inligting,moet dit vir my dogter wys.