PDA

View Full Version : Rou kosse



Ta-An
Oct 25th 2010, 11:41 AM
Wat nou??

Ek gebruik 'n nuwe kook-boek, en 95% van dien resepte het knoeffel as bestanddeel.... Nou wat nou?? Hoe maak jy vir jouself 'presentable' asem vir die om jou??

Ek moet sÍ.... die knoffel is heerlik in die disse :)

Ta-An
Oct 25th 2010, 11:42 AM
Avokadopeer in sjokolade koek se vulsel :o

Maar dis heerlik!! :lol:

trudie
Oct 26th 2010, 03:45 AM
Pietersielie help glo.Ek probeer nou juis om bietjie groente aan die groei te kry,maar die pietersie plantjies sukkel so bietjie,die beet,eiervrug en basil kom mooi aan maar ai die pietersielie hang halfmas.

Ta-An
Oct 26th 2010, 04:56 AM
Pietersielie gee groen tande :lol:

Ek groei sonneblomme op my vensterbank, die spruite is heelik in 'n slaai, en 'n goeie bron van plant protein :)

trudie
Oct 26th 2010, 12:28 PM
Ek sal ook so iets moet probeer,op die oomblik as ek iets in groot potte op die stoep plant,grou Bullterrier dit uit,en ook net wat sy gesien het dat ek dit plant.

protea
Oct 26th 2010, 04:53 PM
My man en ek is albei lief vir knoffel ,maar AMPTELIK is ons nie, want daar is darem n huwelik ook om aan te dink en jy wil darem nie vir jou eggenoot onaanvaarbaar wees nie , wil jy?!

Ta-An
Oct 26th 2010, 04:56 PM
My man en ek is albei lief vir knoffel ,maar AMPTELIK is ons nie, want daar is darem n huwelik ook om aan te dink en jy wil darem nie vir jou eggenoot onaanvaarbaar wees nie , wil jy?!

eet net altwee saam knoffel :)

protea
Oct 27th 2010, 03:00 PM
Touche! Elementary my dear Watson!