PDA

View Full Version : As die Here werk...



CFJ
Oct 26th 2010, 08:03 PM
Vanoggend vroeg, lank voor 8:00, wanneer ons elke weeksoggend moet begin werk, lÍ en dink ek oor die dag en hoe ek mense sal moet kontak, om my kontantvloei vir die week en veral die einde van die maand, reg uit te laat werk. Voor ek egter kon begin oproepe maak, skakel die een wat eerste op my lys was sommer self... en laat weet dat hulle 'n deel van die bestelling eers in Desember gaan neem. Ek was eers teleurgestel, want nou is die bedrag kleiner, totdat ek besef het, die verpakking wat nodig is vir die bestelling is nog nie afgelewer en nog nie eers vervaardig nie.

Ons sukkel geweldig met verpakking en dit is nou bykans drie weke, wat daar net niks van ons verpakkings mense kom nie. Normaalweg kon ons net bestel, daar was altyd genoeg, maar met dinge wat so verander in ons ekonomie werk dit net nie meer so nie. Toe ek nou eers sien wat die mense wou hÍ en gaan kyk of ek nie dalk iewers 'n klompie boksies bymekaar kan skraap nie, toe vind ek dat daar presies net mooi genoeg is, om die kleiner bestelling wat die kliŽnt net vanoggend so gereŽl het, te kan afhandel. Die Here het geweet ons verpakkings-materiaal gaan te min wees en het self gereŽl dat hierdie kliŽnt se bestelling verminder was, sodat mens so gou moontlik kontantvloei kan genereer, want anders moes alles wag tot volgende week en dit kan net eenvoudig nie. Ongelooflik, is al wat mens kan sÍ, eintlik gelooflik, want as mens smaak en sien dat die Here goed is en bemoeinis kom maak deur sulke perfekte tydsberekening, dan laat dit mens klein voel...

Die Filadelfieer
Oct 27th 2010, 05:52 AM
Dit is 'n tipiese voorbeeld van die dinge wat gebeur as jy jou besigheid/boerdery/ens vir die Here gee ..... Hy sorg !
Die artappelboer-omie kry baie "flak" omrede hy onwrikbaar hieraan glo, maar daar is tog baie voorbeelde uit sy lewe dat dit inderdaad so werk : dit gaan nie altyd goed gaan nie, maar alles werk tog maar ten goede uit "in die groter prentjie" .

CFJ
Oct 27th 2010, 07:16 AM
Fila,

Hier is 'n vriend van my wat 'n boer is, wat interessant genoeg uit sy Bybel uit boer. Hulle is twee buurmanne wat beide dit doen en elkeen se Bybel is permanent by hulle. Hoe meer mens dit doen, hoe makliker verstaan mens dit en ek sal kyk of mens nie 'n getuienis of twee van hulle hier kan plaas nie...

Ek ontmoet iemand die naweek op Velddrif en hy getuig dat die Here omstandighede in sy lewe geskep het, wat hom afhanklik van Hom hou, want hy het nie meer antwoorde en sekuriteite soos 10 jaar gelede nie. Sy omstandighede was nog net goed vir sy verhouding met die Here en waar ek met hom saamstem, is dat hy geen begeerte het om sy omstandighede anders te ervaar nie, want mens leer die Here vertrou en niks kan daarmee vergelyk word nie...

Die Filadelfieer
Oct 27th 2010, 10:09 AM
Ferdi, ek het juis die boerdery ding genoem, want dit is waar mens soms die ongelooflikste getuienesse hoor : by die manne en vroue wat in die natuur, naby aan God werk en leef. Dit sal gaaf wees om daardie manne se getuienisse te kan lees.

protea
Oct 27th 2010, 02:48 PM
Hi Julle!

Ek weet nie hoe mens n boerdery of besigheid of enigiets waarmee jy jou lewensbroodjie se geld maak sonder die Here doen nie!

Van die 1e April af onderhandel ek met n groot winkel groep (nie die Checkerse en Pick en Pays nie!) om ons tee in hulle winkels te versprei en na BAIE onderhandelinge kry ek verlede week die bestelling van 24 pakkies vir hulle ongeveer 80 winkels landwyd.... Die besteller se toe dis aanvanklik nou net vir 2 winkels en as hulle sien die produk loop , dan kan ons weer praat... Ons het gedink in die orde van 240 DOSE van 20 pakkies elk ten minste! Hier staan 400 dose tee net reg vir laai...Maar dit lyk nie of die Here hierdie deurtjie wyer as n skrefie wil oopmaak nie. En dis dan ook reg so . Ons wag vir die groot OOP POORT wat Hy eerder vir ons wil gee! Nie ons wil nie Here, net U wil alleen!!! En tot U eer!

Philip dT
Oct 29th 2010, 03:25 PM
Watse tee verkoop julle, protea?

protea
Oct 29th 2010, 04:59 PM
Hallo Phillip!
Ons sny , verwerk en bemark ons eie Heuningbostee (Cyclopia Genistoides). Ek mag seker nie die handelsnaam gebruik nie. Ons is besig om al hoe verder uit te brei en tot Stellenbosch se Boord Superspar en Boord Apteek het daarvan. Kyk uit vir die pakkie met die Agulhas vuurtoring daarop .

Philip dT
Nov 1st 2010, 10:28 AM
Hallo Phillip!
Ons sny , verwerk en bemark ons eie Heuningbostee (Cyclopia Genistoides). Ek mag seker nie die handelsnaam gebruik nie. Ons is besig om al hoe verder uit te brei en tot Stellenbosch se Boord Superspar en Boord Apteek het daarvan. Kyk uit vir die pakkie met die Agulhas vuurtoring daarop .

Ek's bly!

Ons het uiteindelik nou klaar ons winkel getrek! Wat 'n storie.

protea
Nov 1st 2010, 12:31 PM
My ouma het gese dit maak nie saak watter mooi meubels jy het nie ,maar as die meubels so op die sypaadjie staan , net reg om in die meubelwa ingelaai te word, lyk enige trek maar na n koelie trek! Bly julle is klaar!