PDA

View Full Version : Boer soek 'n vrou



CFJ
Oct 28th 2010, 10:05 AM
Julle kyk seker ook na hierdie sage, 'Boer soek 'n vrou'. Iets wat ek mis in hul definisies of eienskappe is relatief vaag en om dit meer bondig te stel, is waarna moet 'n man dan nou regtig kyk as hy vrou soek? Nie een van hierdie hubare boere is noodwendig verkeerd nie, maar daar is net iets wat nie een van hulle so definieer, dat mens kan s, dit is presies wat ek in 'n vrou soek nie.

Die van julle wat reeds vrouens het, laat weet of julle gevind het? Die wat nog niks het nie, wat dink julle, wil julle vind as julle vrou soek?

CFJ
Oct 28th 2010, 01:15 PM
Lyk my niemand soek vrouens nie en die wat vrouens het is te bang om te praat oor hulle... :lol: :hmm:

Francois Marais
Oct 28th 2010, 01:51 PM
Ek is so bly ek het nie 'n TV nie, maar ek het al gehoor van die mense wat praat oor die program.

Ek weet wat ek in 'n vrou soek. Nommer 1 sy moet die Here ken, en die Here moet haar ken. Wat ek voor kyk is 'n vrou wat haar ouers met respek hanteer. Dan ook iemand wat ek mee dinge kan deel en oop kan wees, en so persoon moet my ook vertrou en oop wees. Ek wil nie 10 jaar na trou lewe uitvind dat sy een aand sonder klere die straat af gehardloop het nie. Ek sal haar aanvaar soos sy is, en sy moet dieselfde doen. Ek wil ook nie weer iemand h wat my die hele tyd in iemand anders maak as wat ek nie is nie. Ek is wie ek is. En daai dame moet nie tussen my en G-d probeer kom nie. Dan kan sy maar haar goedjies pak en die straat vang, en nie eens terug kyk nie.

Die Filadelfieer
Oct 29th 2010, 06:32 AM
Die van julle wat reeds vrouens het, laat weet of julle gevind het? ..

Welll.... ek weet nie presies waarvoor ek opsoek was nie, maar wat dit ookal was het ek definitief gekry ! :)

Nee ernstig nou, ek het nooit 'n spesifieke idee gehad van wat ek in 'n vrou gesoek het nie, het my nooit gepla nie en toe ek vroutjie-douwtjie ontmoet het was ek verseker nie besig om trou-vrou te soek nie. Ek het nog nooit dit reg gekry om te verbaliseer presies hoekom ons tweetjies bymekaar is nie, behalwe dat ons net doodeenvoudig van minuut een bymekaar gepas het, soos twee stukkies van 'n legkaart. Ons was nooit vreemd vir mekaar nie, asof ons mekaar al jare lank geken het , en ons liefde vir mekaar was so half 'n gegewe in plaas van 'n proses..... maak dit sin ?

CFJ
Oct 29th 2010, 06:36 AM
Ek is so bly ek het nie 'n TV nie, maar ek het al gehoor van die mense wat praat oor die program.



Persoonlik dink ek die program (Boer soek 'n vrou) forseer dinge wat onnodig is, want nie een van die boere het tot op hierdie stadium daarvan gehou om sommer net iemand uit te skakel nie. Dis redelik harteloos wat die rels van die program betref en ek weet nie of ekself daarvan kan hou nie, maar een ding wat my opval, is dat daar hierdie jaar regtig oulike deelnemers is en dit geld vir die mans en vrouens. Gisteraand het een van die manne baie hartseer geword om een van die dames huis toe te stuur en nog een het heel uit sy plek gevoel en elke ander een het ges dit is nie baie aangenaam om dit te doen nie.

Dankie dat jy jou mening gegee het Francios, dit is iets waarmee ek kan saamstem. Ek sal graag later my mening gee, maar kyk nog eers wat s die ander...

CFJ
Oct 29th 2010, 06:43 AM
Welll.... ek weet nie presies waarvoor ek opsoek was nie, maar wat dit ookal was het ek definitief gekry ! :)

Nee ernstig nou, ek het nooit 'n spesifieke idee gehad van wat ek in 'n vrou gesoek het nie, het my nooit gepla nie en toe ek vroutjie-douwtjie ontmoet het was ek verseker nie besig om trou-vrou te soek nie. Ek het nog nooit dit reg gekry om te verbaliseer presies hoekom ons tweetjies bymekaar is nie, behalwe dat ons net doodeenvoudig van minuut een bymekaar gepas het, soos twee stukkies van 'n legkaart. Ons was nooit vreemd vir mekaar nie, asof ons mekaar al jare lank geken het , en ons liefde vir mekaar was so half 'n gegewe in plaas van 'n proses..... maak dit sin ?

Ek dink dit is seker die maklikste as dinge so uitwerk Fila, want alhoewel iemand sal s hulle soek dit en dat en die en daai in 'n vrou, is ek nie so seker of enige man of ook vrou hierdie lysie al vervolmaak het nie. Dit is seker maar iets wat werk of nie werk nie en 'n paar mense wat ekself goed tot redelik goed ken, het sogenaamd al hulle droom-vrouens ontmoet en elke punt op daai lysie was vir hulle 100% tot relatief volmaak, maar aan die einde van die dag het dit nie gewerk nie. Wat het die lysie dan gehelp?

Dit is veel meer dit wat die Here verwag en nie ons eie verwagtinge nie...

Johnny
Oct 29th 2010, 07:07 AM
Ek kyk dit ook nie, maar ek dink 'n GROOT fout wat mense maak, en dit sluit jong ongetroudes in, is om nie op die Here te vertrou vir 'n lewensmaat nie. Ek is op 32 eers getroud. 'n Mens maak partykeer keuses omdat jy voel al my vriende is al getroud en het kinders, en hier sit ek nog op die rak. Nie ek of my vrou was wedergebore toe ons getroud is nie......maar ons is in die NG kerk getroud. Beteken eintlik nie veel nie, maak nie saak in watter kerk jy getroud is nie. Ek dink dat as jy 'n kind van die Here is, waarvan ek nou nie kan se die deelnemers op die program is of is nie, maak tog 'n groot verskil in jou latere jare. Baie onnodige konflik kan uitgeskakel word. Ek glo as twee persone wat opreg lief is vir mekaar en dan nog op die Here gewag (en bekeer is) het vir 'n huweliksmaat, dan sou die skei syfer ook soveel laer gewees het. Gelukkig het die Here later in ons huwelik 'n werklikheid geword en Hy kon red wat daar te redde was.

Ek persoonlik dink nie die manier waarop hulle dit doen is 'n bybelse manier nie.......maar aan die ander kant....wat is vandag nog Bybels?

Phil Fourie
Oct 29th 2010, 12:36 PM
Ek is nie tans in die posisie om veel te s nie :saint:

CFJ
Oct 29th 2010, 01:08 PM
Ek is nie tans in die posisie om veel te s nie :saint:

Hmmm Phil, dan soek jy nie eintlik iets wat mens nie vind nie... en miskien vind jy wat mens nie soek nie..., soos Fila, wat gevind het sonder om te soek.

Phil Fourie
Nov 1st 2010, 08:29 AM
Ferdi, ek glo, soek en jy sal vind, ek het gesoek, nou .......... (Jy kan self die blanks invul) :rolleyes:

CFJ
Nov 1st 2010, 09:22 AM
Ferdi, ek glo, soek en jy sal vind, ek het gesoek, nou .......... (Jy kan self die blanks invul) :rolleyes:

:).................................., bly vir jou!

Phil Fourie
Nov 1st 2010, 12:51 PM
Wanneer gaan ons nou bly wees vir jou oom F?

CFJ
Nov 1st 2010, 01:47 PM
Wanneer gaan ons nou bly wees vir jou oom F?

Ek moet eers my verstand verloor en ouens wat baie het verloor gou 'n klompie hier en 'n kompie daar. Ek moet my bietjie maar oppas... :D