PDA

View Full Version : Moslem aanslag verskerp dramaties



Die Filadelfieer
Nov 2nd 2010, 06:39 AM
http://www.beeld.com/Wereld/Nuus/52-Christene-sterf-in-nes-van-afgodediens-20101101


Enkele uitreksels :


Die terreuraanslag eergisteraand op ín kerk in Bagdad waarin meer as 50 mense dood is nadat militantes hulle as gyselaar geneem het, vestig opnuut die aandag op die posisie van Christene in die MoslemwÍreld.





Feitlik geen Islamitiese land gee meer as papierregte aan Christene (of aanhangers van enige ander godsdiens nie).

In die meeste lande is dit verbode om Christelike eredienste openlik te hou, en predikante of priesters mag nie hul amp beoefen nie.

In Saoedi-ArabiŽ is die bekering van ín Moslem tot die Christendom met die dood strafbaar vir sowel die bekeerde as diegene wat die bekering teweegbring.

David2
Nov 2nd 2010, 06:06 PM
En daar is 'n goeie rede voor waarom die aanslag teen Christene so versterk. Dit gaan oor die sterk groei in die Christendom in radikale Moslemlande. Daar is wel westerse sendelinge wat daar optree, maar die groot meederheid Moslems wat tot die geloof kom, het die evangelie by hulle eie mense gehoor. En om daar 'n Christen te word is 'n gevaarlike speletjie. Christene in radikale Moslemstate is mense wat letterlik "hulle eie lewe nie lief het nie". Hulle grootste belang en liefde is vir die lewe van Jesus Christus. Hulle is werklik bereid om hulle eie lewe op te offer om Christus as wins te verkry. Gal. 2:20 kry in daardie konteks ook nuwe betekenis. "Ek leef nie meer nie maar Christus leef in my". En wat 'n wonderlike wete: Jy kan my miskien doodmaak, maar die Christus-lewe in my kan jy nie aanraak nie!

Let ook op Gal. 1 wat vir hierdie voormalige Moslem Christene 'n baie besondere betekenis kry. Paulus het direk na sy bekering op pad na Damaskus na ArabiŽ vertrek en daar vir drie jaar gebly. Hy het geen mens geraadpleeg nie en ook nie die evangelie by die 12 in Jerusalem geleer nie. Nadat Paulus deur die Here self uit die hemel onderrig is (terwyl hy in ArabiŽ was), is hy terug na Damaskus (vandag ook in die radikale Moslem geledere). Toe gaan Paulus op na Jerusalem, weereens nie om by die 12 te gaan leer nie, maar om die evangelie wat hy onder die heidene verkondig, aan hulle te gaan bekend maak.

En so werk dit ook met die ex-Moslem Christene vandag. Hulle het meestal nie by westerse Christene geleer nie, maar kom nou om vir die weste te wys wat dit werklik beteken om te sÍ: "Ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my."

Johnny
Nov 8th 2010, 09:54 AM
Ons lewe in die uur waarvan die Bybel ook praat dat ons as christinne gehaat sal word.......en nie net deur ander gelowe nie, maar deur ons eie chrsitendom omdat sommige van ons NIE deel wil wees van die breestroom christen beweging nie. (Valse Een-wereld Kerk) Ons hoor baie op die nuus van kerke en chrsitinne wat aangeval word. Hier is 'n skakel wat "Chrsitian Persecution" volg en elke dag opdateer.

http://www.christianpersecution.info/

ENKELE VERSE:
(Mat 10:22) En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

(Mat 24:9) Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam.

(Mar 13:13) En julle sal deur almal gehaat word ter wille van my Naam. Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

Herlewing.....NEE.......vervolging............JA!