PDA

View Full Version : Bespreking Die Huwelik



Ta-An
Nov 4th 2010, 11:11 AM
Dames.....

Wat maak jou huwelik suksesvol?
Wat is die kwaliteite van manlief wat bydra tot jou huweliks geluk??

Ta-An
Nov 4th 2010, 11:51 AM
Efesiers praay oor die huwelik

Het jy al die 10 gebooie gesien as riglyn vir jou huwelik??

trudie
Nov 4th 2010, 12:08 PM
Wens ek kon nog saam praat maar my man is 2 jaar gelede oorlede.Soms sukkel ek nog om to glo hy is nie meer by ons nie

Ta-An
Nov 4th 2010, 06:55 PM
Wens ek kon nog saam praat maar my man is 2 jaar gelede oorlede.Soms sukkel ek nog om to glo hy is nie meer by ons nie

:hug:
Jammer om te hoor trudie..... :hug:

Ta-An
Nov 4th 2010, 06:58 PM
Efesirs 5:22 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=49&CHAP=5&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=22) Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.

Die volgenge is 'n vrye skrywe, gebasseer op Eksodus 20. Die idee is nie om by die Skrif by te voeg of daarvan af te wyk nie, maar as riglyn vir die huwelik...:)

Hoor, jong vrou, luister baie mooi, jou bruidegom, is die enigste man in jou lewe, daarom moet jy hom lief h met jou hele hart .
Jy mag geen ander fotos of geskenke van enige vorige mans ( liefdes ) in jou lewe hou nie. Jy mag nie agter ander mans aan loop nie-- want sy jaloesie sal in hom ontvlam en jou van die huwelik verdelg.... sy barmhartigheid sal aan jou bewys word as jy hom respekteer.

Jy moet ordentlik met hom praat, en nie sy naam gebruik om mee te vloek nie....

Onthou dat die huwelik nie beteken dat jy ophou om te 'date' nie, maak spesiaal tyd vir jou man, moenie te besig raak met ander dinge dat jy van hom vergeet nie.

Onthou dat hy ook ouers het, en eer hulle, wees bereid om hulle by jou te ontvang.

Jy moet dit jou kinders inskerp om hom te respekteer.

Jy mag hom nie dood slaan nie :D .... nie met die sambok nie maar ook nie met jou tong nie, en ook nie deur hom in skuld te dompel nie :)

Jy mag nie egbreek nie

Jy mag nie steel nie, wees eerlik met jou/julle/sy geld :idea:

Jy mag nie vir hom lieg nie... al voel dit soos 'n veilige weg uit.... praat die waarheid, dan hoef jy nie 'n goeie geheue te h om liegstories te onthou nie :idea:

Moenie alles wil h wat jou buurvrou het nie, You don't have to keep up with the Jones's

Wees lief vir hom, en bly verlief op hom!!

Onderhou met ywerigheid die huweliks gebod.

trudie
Nov 5th 2010, 04:43 AM
Dit laat my dink aan toe my oudste dogter so 6 jaar oud was,was sy oortiug dat Ge Korsten die liedjie "Pappa maak dit reg" geskryf omdat hy vir ons pappa geken het.

paidforinfull
Jan 25th 2012, 02:09 PM
Ek dink in my geval is dit omdat my man die Here baie liefhet, en eerste stel in alles. Hy het ook Job se geduld met my ... iets wat waaragtig nodig is :saint:.

Ons help mekaar, respekteer mekaar, 'live and let live' - hy bou robotte en ek doen my dinge en alles is rustig. Totale vertroue en baie grappies.

En hy maak die lekkerste pizza :inlove: (niks is meer romanties as heerlike pizza nie).

:hug:

protea
Jan 25th 2012, 04:02 PM
My man is liewer vir die Here as wat hy my het en ek jubel daaroor! Paidfor, ek stem saam dat humor n heerlike 'kruie' vir n huwelik is. Ons huil baiekeer saam van die lag oor meestal snaakse situasies. Maar behalwe liefde en ons vertrouensverhouding is ons maatskap vir my heerlik!