PDA

View Full Version : Jou wederhelf ...... hoe't dit gebeur ? .......



mari
Nov 11th 2010, 11:13 AM
Hoe het jy en jou man ontmoet ?

Die ingelse BF anties het 'n lekker geselsdraad oor waar hul hul wederhelftes opgetel het ..... gedog om boerevroue het seker onse eige stories ......

myne het ( as usual ) weer 'n twist, so ek lees eers julle s'n , vertel later .... ;)

mari
Dec 7th 2010, 11:23 AM
agga nee, dames ..... waar's die romanse .....??

ok.... my storie dan maar .......

so 'n lange lat met 'n overall hang mos toe eendag daar oor die counter by reception van die kerk / skool waar ek werk, ( ek is besig op die skool te computer, die kerk se sekretaresse ( en my vriendin) sit oorkant met kerk papierwerk )... : "die een van julle twee kerkmuise wat eerste trou, gee ek 'n R100 " .............. aai, het hy maar geweet ....

ek sukkel toe mos met 'n nek / skouer probleem en moet Groote Schuur Hospitaal toe vir ondersoeke, ..... die griesmonkey gaan Maandae Kaap toe om parte te kry en die sekretasresse vriendin reel toe sommer 'n lift ...... en dit raak toe 'n paar lifts ........ met lekker gesels en leer ken in die uurtjie weswaarts ........

die nek probleem loop toe uit op 3 operasies, eers weeskante van die nek waar 2 vals ribbe verwyders is, later ook 'n sluitelbeen ( vervang met 'n staal plaatjie ) ......... met my laaste ondersoek na die 3e operasie, is daar toe mos 'n verloofringetjie aan my vinger en so tussen die "congratulations" deur, lag die prof : " You gave God a hard job ! " ........ wou eers nog vies raak, maar toe verduidelik hy aan die leersame studente ( GSH is mos 'n opleidingshospitaal, so jy word altyd bestaar deur 'n groep ęppies saam met die profs ) ..... : " It took 2 ribs and a collar bone to get her an Adam " .......

dis nou 17 jaar later ...... en hy skuld my steeds die R100 ....... ;) ..... !!