PDA

View Full Version : Die Holocaust...was dit regtig?



Johnny
Nov 15th 2010, 10:02 AM
Net soos wat al hoe meer mense/lande/regerings beweer dat Israel en die Joodse staat nie regtig bestaan nie.......net so is daar al hoe meer mense wat beweer dat die Holocuat NOOIT plaasgevind het nie. Net maar nog 'n uitgedinkte storie van die Jode.

Wat se julle?

9375

Die Filadelfieer
Nov 15th 2010, 10:58 AM
Ek dink daar is genoeg fisiese bewyse dat daar wel 'n holocaust was,



net soos wat Suid Afrika sy eie holocaust in die britse konsentrasiekampe gehad het.

Johnny
Nov 15th 2010, 11:03 AM
Ek dink daar is genoeg fisiese bewyse dat daar wel 'n holocaust was,



net soos wat Suid Afrika sy eie holocaust in die britse konsentrasiekampe gehad het.

My dogter moes nou die dag 'n taak inhandig oor die 1ste en 2de Vryheids oorlog. Hulle het ook maar lekker swaar geleef in daardie kampe.

Ta-An
Nov 15th 2010, 10:04 PM
My dogter moes nou die dag 'n taak inhandig oor die 1ste en 2de Vryheids oorlog. Hulle het ook maar lekker swaar geleef in daardie kampe.

My Ouma het altyd verwys na die "kakies" se luise... hulle het blykbaar vreeslik met luise gesukkel :o

CFJ
Nov 16th 2010, 10:26 AM
Persoonlik glo ek vas dat daar 'n Holocaust was in die 2de WÍreldoorlog en dat dit iets is wat mens met afgryse kan vervul. Daar was egter ander soortgelyke en selfs erger traumas wat ander bevolkingsgroepe betref en die konsentrasiekampe van byvoorbeeld die Anglo-Boere oorlog was heel waarskynlik wat getalle en meer spesifiek persentasies betref, erger as die Joodse Holocaust.

Dat hierdie dinge erg is en nie goed gepraat kan word nie, is iets wat mens 'n klem op moet lÍ. Ongelukkig is daar wat die Joodse Holocaust betref, onredelike propaganda wat die weegskaal gemeet teen ander soortgelyke gebeure, feitlik vals kan maak. Van die Afrikaner (spesifiek in eie geledere) is verwag om alles te vergeet en regmatig is dit wat enige regdenkende gelowige moet doen, vergewe en vergeet. (Ons sien ook nou met die tipiese Afrika-denke dat by die swartman net eenvoudig nie iets soos vergewe bestaan nie en dit is wat mens pla van die Joodse Holocaust, dit word al feller en meer genadeloos opgedis as iets wat einlik nie vergewe kan word nie, om deur die gewete aangekla te hou, mense te kan manipuleer. Daar is een wat ons aankla staan daar..., iets wat satan in spesialiseer! Britse kolonialisme by Asiese nasionaliteite soos Singapoer is byvoorbeeld dankbaar vir die hupstoot wat dit wel aan hul beskawings kon bring, maar Afrika sal ondankbaar bly, want alles moet verniet wees en moet veral verniet bly.) As dit nie hiervoor was nie, sou veel meer mense simpatie getoon het met die Holocaust, maar hierdie simpatie word geforseer en eintlik is dit subtiele en bepaald blatante manipulasie. Tog het ekself simpatie daarmee, want ek glo mens moet verby hierdie manipulasie van watter aard dit ook mag wees, kan kyk.

trudie
Nov 16th 2010, 12:29 PM
Jy moet miskien ook in ag neem dat die Jode al vir 2,000 so vervolg is.As mens terug gaan in die geskiedenis is die Jode as volk aanhoudend vervolg en ander volke was nie so aanhoudend vervolg soos die Jode nie.

Johnny
Nov 16th 2010, 01:41 PM
Jy moet miskien ook in ag neem dat die Jode al vir 2,000 so vervolg is.As mens terug gaan in die geskiedenis is die Jode as volk aanhoudend vervolg en ander volke was nie so aanhoudend vervolg soos die Jode nie.

Persoonlik dink ek daar is maar min wat kan kersvashou as dit by die Jode se vervolging kom. Ek glo dit is egter langer as dit........vanaf die dae van Faroo.......en tot vandag toe is hulle 'n nasie wat deur alles nogsteeds bymekaar staan en een van die magtigste nasies ter wereld geword het. Dit kan net God se hand in die saak wees.....God se volk! GEEN ander nasie kan dieselfde aanspraak maak as hulle nie. GEEN ander nasie het nog gehou nie.

CFJ
Nov 16th 2010, 02:20 PM
Jy moet miskien ook in ag neem dat die Jode al vir 2,000 so vervolg is.As mens terug gaan in die geskiedenis is die Jode as volk aanhoudend vervolg en ander volke was nie so aanhoudend vervolg soos die Jode nie.

Hi Trudie,

Die Jode het werklik 'n unieke geskiedenis en wanneer ons daarna kyk, kan ons vele dinge daarin lees, wat God verheerlik. Die ongelowige Jood sonder Christus is egter nie God se volk vandag nie, want God het 'n nuwe volk vir Hom berei..., maar daar waar God se wortels gelÍ het, daar sal mens altyd tekens vind van Hom. Dit gaan nie oor die Jode nie, maar oor God.

Net soos die Jode 'n baie spesiale plek het, glo ek het die EuporeŽr ook, want Europa was die enigste plek waar die Christendom 'n algehele kultuur was en ook daar sien mens dinge wat God verheerlik, al ken meeste EuropeŽrs God glad nie meer nie. As daar 'n groot ramp iewers is, kyk maar wie het empatie en simpatie, meer as al die ander nasies, die EuropeŽrs. Sluit die verlenging van Europa ook in, Amerika, AustraliŽ en someer...

Johnny
Nov 17th 2010, 11:35 AM
Dink julle sy is anti-semitic?

http://www.zeevgalili.com/english/wp-content/uploads/2009/02/prepare-for-the-real-holocost_preview.jpg

Die Filadelfieer
Nov 17th 2010, 12:25 PM
Dink julle sy is anti-semitic



Sy moet dan seker 'n dopper wees !

Johnny
Nov 17th 2010, 12:42 PM
Sy moet dan seker 'n dopper wees !

Ahhh papa lalah.....as Phil en Gene jou nou hoor is jy op die brandstappel. Daar is nog plek langs my...........

Die Filadelfieer
Nov 18th 2010, 10:37 AM
Ek het nou so bietjie gaan loer na hierdie "Holocaust ontkenning" , en ek moet sÍ dit is nogals interesant : nie soseer wat gesÍ word nie maar eerder wie dit sÍ. Vir my lyk dit asof hierdie beweringe primer vanaf ver-regse elemente in Amerika (van alle plekke) afkomstig is.... probeer nog agter die kap van die byl kom wat betref die hoekom.

Natuurlik het dit, net soos IV destyds, nou lekker oorgewaai Suid Afrika toe.

Die Filadelfieer
Nov 18th 2010, 10:46 AM
Ek kom op hierdie vreeslike interesante artikel (http://prorev.com/2006/02/real-holocaust-denial.htm)af :

'n Uittreksel :


The problem with using the outcome rather than the origins of the Holocaust as our metaphor and our message is that we are totally unprepared for those practices, laws, and arguments that can produce similar outcomes. We study the death chambers when we should be learning about the birth places.

daughter
Nov 18th 2010, 03:22 PM
Die Holocaust het gebeur nie. Dit is nie fiktiewe verhaal.

Ta-An
Nov 18th 2010, 03:51 PM
Die Holocaust het gebeur nie. Dit is nie fiktiewe verhaal.

What you posted makes no sense in Afr :D
What did you want to say...:hmm:
You said : "The Holocaust did not happen, It is not a fictitious story " Is this what you wanted to say??? :hmm:

14390876
Nov 18th 2010, 07:10 PM
Ek kon nog nooit verstaan hoe mense in alle erns kan glo dat die gebeure nooit plaasgevind het nie. Ek wil egter wel sÍ dat ek wel glo dat die goed wat geleer word oor die gebeure rondom die tweede wÍreld oorlog nie heeltemal die werklikheid reflekteer nie.

Die Filadelfieer
Nov 19th 2010, 05:46 AM
Ek kon nog nooit verstaan hoe mense in alle erns kan glo dat die gebeure nooit plaasgevind het nie. Ek wil egter wel sÍ dat ek wel glo dat die goed wat geleer word oor die gebeure rondom die tweede wÍreld oorlog nie heeltemal die werklikheid reflekteer nie.

Jy't my nou nuuskierig, sal graag meer hieroor wil hoor !

14390876
Nov 19th 2010, 07:33 AM
Jy't my nou nuuskierig, sal graag meer hieroor wil hoor !

ek sal begin met die getalle waarvan hulle praat. Ek glo nie naastenby 6 miljoen jode is uitgewis nie. Die konsentrasie kampe was 'n latere ontwikkeling en ek twyfel of selfs die duitsers regtig so baie mense oor so 'n kort tydjie kon uitwis. Ek dink die getal word opgedis om meer simpatie uit te lok. Ten tye van die oorlog was dit bloot 'n toeval dat die vyande van die geallieerdes dieselfde was as die vyand van die jode. Die lande in europa was baie meer besorg oor duitse imperialisme. Dis duidelik dat hitler nie net jode wou dood maak nie maar ook die wÍreld wou oorneem.

Johnny
Nov 19th 2010, 08:02 AM
ek sal begin met die getalle waarvan hulle praat. Ek glo nie naastenby 6 miljoen jode is uitgewis nie. Die konsentrasie kampe was 'n latere ontwikkeling en ek twyfel of selfs die duitsers regtig so baie mense oor so 'n kort tydjie kon uitwis. Ek dink die getal word opgedis om meer simpatie uit te lok. Ten tye van die oorlog was dit bloot 'n toeval dat die vyande van die geallieerdes dieselfde was as die vyand van die jode. Die lande in europa was baie meer besorg oor duitse imperialisme. Dis duidelik dat hitler nie net jode wou dood maak nie maar ook die wÍreld wou oorneem.

Ek stem 100% saam met jou. Daar is nie 6 miljoen Jode dood nie........maar veel meer. Jode is selfs nog na die oorlog tot 'n einde gekom vervolg en uitgemoor wanneer hulle teruggekeer het na hul huise. Selfs toe hulle per skepe na hul beloofde land wou terugkeer net voor 1948 is hulle deur Britanje verhoed om terug te keer en per skeep terug geneem na Duitsland. Hitler was 'n Jode hater. As jy eers eenkeer deur Yad Vashem gestap het en tyd daar spandeer het......kom jy nie dieselfde aan die ander kant uit nie.


Why did Adolf Hitler think jews were evil?
He considered the Jews as unclean and impure race. Hitler's vision was a nation of pure Anglo people, which, in his mind, would ensure superior genes, intelligence and power. Anyone considered impure...


Nazism (Nationalsozialismus, National Socialism; alternatively spelled Naziism[1]) was the ideology and practice of the Nazi Party and of Nazi Germany.[2][3][4][5][6][7][8][9] It was a unique variety of fascism that involved biological racism and antisemitism.[10] Nazism presented itself as politically syncretic, incorporating policies, tactics and philosophies from right- and left-wing ideologies; in practice, Nazism was a far right form of politics.[11]

The Nazis believed in the supremacy of an Aryan master race and claimed that Germans represent the most pure Aryan nation.[12] They argued that Germany's survival as a modern great nation required it to create a New Order — an empire in Europe that would give the German nation the necessary land mass, resources, and expansion of population needed to be able to economically and militarily compete with other powers.[13]

The Nazis claimed that Jews were the greatest threat to the Aryan race and the German nation. They considered Jews a parasitic race that attached itself to various ideologies and movements to secure its self-preservation, such as: the Enlightenment, liberalism, democracy, parliamentary politics, capitalism, industrialisation, Marxism and trade unionism.[14]
http://en.wikipedia.org/wiki/Nazism

trudie
Nov 19th 2010, 08:17 AM
Ek dink die vervolging van die Jode was so intens en berekend dat dit moeilik is om te begryp hoe dit kon gebeur het.Hitler het egter nie slegs net die Jode in Duitsland vermoor nie maar in elke plek wat hy kon.As mens dink aan Pole,Holland Oostenryk ens."Kristalnacht" was ook nie die begin nie dit het lank voor dit begin

14390876
Nov 19th 2010, 08:42 AM
Nee ek glo dit nie heeltemal nie. Ek sou graag die bewyse wou sien vir sulke syfers. Ek sien dit (die hoeveelheid wat hulle sÍ is doodgemaak) as propeganda. Jy mag van my verskil. En die duitsers was nie die enigste mense van daai tyd (of enige tyd daarna of voor dit) wat die jode geteiken het nie. Die Russe (wat volgens my die belangrikste rol gespeel het in die verslaan van duitsland) het heelwat meer jode dood gemaak as die duitsers. Dus was Stalin baie erger as hitler. Ek is bekend met die geskiedenis en weet presies wat hitler se ideologie was. En hitler was nie eers 'n duitser nie. Hy was 'n oostenryker in murg en been en hy was half joods. En swart mense is ook op 'n kleiner skaal deur hitler geteiken. sien. Ek glo nie alles wat ek op wikipedia lees nie en ek neem 'n krietiese standpunt in teen die algemeen aanvaarde weergawe van die geskiedenis.

Johnny
Nov 19th 2010, 09:45 AM
Ek sou graag die bewyse wou sien vir sulke syfers.

Die internet is 'n goeie bron van inligting en daar is 1000de videos oor die onderwerp. Jou ander opsie is natuurlik om saam met ons volgende jaar September Israel toe te gaan en dit eertehands te beleef by Yad Vashem. Toerprogram is hier (http://www.oospoort.co.za/source/2011.html) besikibaar. Ek kan ook vir jou gratis dvd's stuur.

http://www.oospoort.co.za/source/2011.html

14390876
Nov 19th 2010, 10:27 AM
Ek sal die dvd beskou maar ek moet jou sÍ dat ek die mees skepties is oor internet bronne. Die feit dat daar so baie is maak my net meer skepties. Die ware feite is dikwels ongewild en word selde wyd versprei.

Johnny
Nov 19th 2010, 10:50 AM
Ek sal die dvd beskou maar ek moet jou sÍ dat ek die mees skepties is oor internet bronne. Die feit dat daar so baie is maak my net meer skepties. Die ware feite is dikwels ongewild en word selde wyd versprei.

Ek benodig jou posadres. Stuur hom per e-pos (jvandmerwe@g5.co.za) vir my.

Ta-An
Nov 19th 2010, 10:51 AM
Iain, hoe klink 20 000 000 Russe vir jou??? Veel meer as 6 000 000 Jode nÍ

14390876
Nov 19th 2010, 11:02 AM
Iain, hoe klink 20 000 000 Russe vir jou??? Veel meer as 6 000 000 Jode nÍ

nogal. En ja dit moet ook in gedagted gehou word. Ek glo ook dat sekere geheime organisasies diep betrokke was by die 2de (en 1ste) wÍreld oorlog. Wat vir my vreemd is is hoe dikwels die wat jode vervolg self joodse bloed het. Stalin was ook van 'n joodse familie.

Die Filadelfieer
Nov 19th 2010, 11:44 AM
Ek glo ook dat sekere geheime organisasies diep betrokke was by die 2de (en 1ste) wÍreld oorlog.

Ek stem 100% saam met jou, dit is iets wat mens glad nie uit die oog moet verloor nie : WWI , WWII , Korea, Vietnam , Afghanistan (USSR en VSA ) , Irak .... daar is altyd 'n storie agter die storie.

Johnny
Nov 23rd 2010, 07:07 AM
Iain, hoe klink 20 000 000 Russe vir jou??? Veel meer as 6 000 000 Jode nÍ

Ta-An......miskien moet julle nie vergeet nie dat Israel (Jode) nie deel was van die oorlog nie. Hulle is koelbloedig uitgemoor omdat hulle God se volk was. Die sterftes soos jy dit noem onder die Russe is omdat hulle deel was van die oorlog. Mense gaan dood in oorloe......weet jy? Die Russe is ook nie net deur Hitler dood gemaak nie, maar ook deur ander lande se weermagte. Die Holocaust gaan oor die Jode.....en NIE oor die Russe nie. Die omstandighede is NIE dieselfde nie. Miljoene civilians is dood in bom aanvalle deur bomber vliegtuie wat miljoene ton bomme op stede soos Londen, Berlyn ens laat val het. NIKS te doen met die Holocaust nie.
Axis Forces

Country Pop. Killed/Mising Wounded Total(Military) Civilian (deaths)
Germany 78m 3.5 million 4.6 million 8.1 million 2million
Italy 44m 330,000 ? 70,000
Japan 72m 1.75 million ? 350,000
Rumania 20m 500,000 300,000 800,000 400,000
Bulgaria 6m 10,000 ? 50,000
Hungary 10m 120,000 250,000 370,000 200,000
Finland 4m 100,000 45,000 145,000 4,000
Country Pop. Killed/Mising Wounded Total(Military) Civilian (deaths)

Allied Forces (in order of entry into the war)

Country Pop. Killed/Mising Wounded Total(Military) Civilian (deaths)
China 450m 1.3 million 1.8 million 3.1 million 9 million
Poland 35m 130,000 200,000 330,000 2.5million
U.K. 48m 400,000 300,000 700,000 60,000
France 42m 250,000 350,000 600,000 270,000
Australia 7m 30,000 40,000 70,000 --
India 360m 36,000 64,000 100,000 --
New Zealand 2m 10,000 20,000 30,000 --
So. Africa 10m 9,000 14,000 23,000 --
Canada 11m 42,000 50,000 92,000 --
Denmark 4m 2,000 ? ? 1,000
Norway 3m 10,000 ? ? 6,000
Belgium 8m 12,000 16,000 28,000 100,000
Holland 9m 14,000 7,000 21,000 250,000
Greece 7m 90,000 ? ? 400,000
Yugoslavia 15m 320,000 ? ? 1.3million
U.S.S.R. 194m 9 million 18 million 27 million 19 million
U.S.A. 129m 300,000 300,000 600,000 --

http://web.jjay.cuny.edu/~jobrien/reference/ob62.html

Die Filadelfieer
Nov 23rd 2010, 07:14 AM
Johnny, Ta-An het die punt gemaak dat 6 miljoen nie 'n vergesogte syfer is nie, maar jy laat dit klink asof die res van die wÍreld se mense wat tydens WWII gesterf het nie so belangrik geag behoort te word soos die Jode se sterftes nie. Vreemder en vreemder.

Johnny
Nov 23rd 2010, 08:09 AM
Johnny, Ta-An het die punt gemaak dat 6 miljoen nie 'n vergesogte syfer is nie, maar jy laat dit klink asof die res van die wÍreld se mense wat tydens WWII gesterf het nie so belangrik geag behoort te word soos die Jode se sterftes nie. Vreemder en vreemder.

Jy verstaan my verkeerd....en dalk het ek Ta-An se plasinng ook verkeerd verstaan. Vir my lyk dit asof sy beweer: "Wat is 6 000 000 Joodtjies nou......wat van die 20 000 000 Russe!