PDA

View Full Version : Die Tabernakel in die woestyn.

Johnny
Nov 17th 2010, 01:16 PM
By Timna Park in die suide van Israel is daar 'n replika van Moses se Tabernakel. Was al 3 keer daar en wat 'n ervaring! Hoe verwys die Tabernakel na my en jou lewens as bekeerde christinne? Is daar enigsins iets wat ons uit die Tabernakel kan leer of ons eie kan maak. Ek het 'n SAK vol wat ek met julle wil deel, maar sal graag eers wil hoor wat se julle.

http://www.co-ground.com/common/06Dec23_045_Timnah_sz.jpg9380

Johnny
Nov 18th 2010, 06:15 AM
Eerstens en seker die belangrikste.......dit is 'n tipe van JESUS.

Johnny
Nov 19th 2010, 10:20 AM
Kom ons begin by die Oospoort. Dit is ook hier waar ek my webblad (http://www.oospoort.co.za/) se naam vandaan kry. Dit spreek van bekering of wedergeboorte. Dit is die gevaarlikse plek vir 'n jong bekeerde christen om te wees. As jy deur die Oospoort, wat altyd aan die ooste kant sit, beweeg, dan kom jy binne die area van die "omheining" uit. (Outer Court)

http://www.christianrevivalnetwork.be/wp-content/uploads/2010/05/De-tabernakel-04.jpg

Buite die Oospoort is die wereld en sy begeertes. Aan die ander kant natuurlik is God en Sy Heiligheid. Jy kan makilk terugval in die wereld as jy nie verder of dieper inbeweeg na die Tabernakel van God nie. Dit is waar BAIE christinne ongelukkig bly........tussen die hel en die diep blou see as't ware. Baie stagneer ook hier en groei nie as kinders van die Here nie. Moet gedurig nog met melk gevoed word. Baie draai natuurlik net weer hier om en dien weer die wereld.

Johannes 10:9 Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind.

CFJ
Nov 19th 2010, 01:16 PM

Interessante siening Johnny. Ek het 'n ander interpretasie gesien waar die Tabernakel se drie deure as volg geďnterpreteer is. Die Tabernakel stel die węreld voor en ook soos jy dit stel, dit is 'n tipe van Jesus en spesifiek Jesus wat vir die węreld gesterf het. Die Oospoort of 1ste deur is die deur waar alle mense inkom in hierdie węreld by geboorte. Die 'Heilige' se deur is waar wedergebore gelowiges ingaan in die 'Heilige', wanneer hulle Jesus ontmoet en Sy offer aanneem en Hy is die 2de deur. Die 'Allerheiligste' is die laaste en 3de deur, wat die hemel voorstel. Niemand kan die Allerheiligste sien, sonder die Heilige (Jesus) nie.

chisel
Nov 23rd 2010, 05:43 AM
Iets interessants wat ek iewers gehoor het is dat die ingang na die Tabernakel juis aan die Oostekant sit, sodat mens jou rug op die rigting waar die son opkom moet draai om daar in te gaan. In die antieke midde ooste het die meeste kulture die son aanbid en as gevolg daarvan speel die ooste rigting 'n belangrike rol. Snaaks genoeg, die Moslems rig hulself ook na die ooste as hulle aanbid.

Johnny
Nov 23rd 2010, 08:01 AM

CFJ jy het reg. Ek kom egter nog by die 3 ingange of "gordyne". Hulle was aldrie uit gordyn materiaal/linne gemaak.

1.) Oospoort (Hoof ingang) - Ek is die Weg!
2.) Die Heilige deel (Sekondere ingang) - Ek is die Waarheid!
3.) Die Allerheiligste (Voorhangsel) - Ek is die Lewe!

Johannes 14:6 "Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie."

Die voorhangsel het geskeur en ons kan na die Vader gaan.....deur Jesus.....as gekruisigde. Is dit nie awesome (hartseer) dat die Jode (Israel) Jesus altyd by hulle gehad het, selfs in die Ou Testament en dit tot vandag toe nog nie weet nie? Selfs as hulle die 3de tempel binnekort gaan bou sal Jesus nogsteeds by hulle wees in die Tabernakel. Ons kan nou beter verstaan wat Jesus bedoel in die volgende gedeelte:

Openbaring 21:3 En ek het ‘n groot stem uit die hemel hoor sę: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

Johnny
Nov 23rd 2010, 08:05 AM
Iets interessants wat ek iewers gehoor het is dat die ingang na die Tabernakel juis aan die Oostekant sit, sodat mens jou rug op die rigting waar die son opkom moet draai om daar in te gaan. In die antieke midde ooste het die meeste kulture die son aanbid en as gevolg daarvan speel die ooste rigting 'n belangrike rol. Snaaks genoeg, die Moslems rig hulself ook na die ooste as hulle aanbid.

Jy is heeltemal reg. Toe ons een jaar op die Tempelberg was waar die goue koepel staan, het hulle hulle rug op die koepel wat kwansuis vir hulle so heilig is gedraai en in die rigting van die son in die ooste gebid. Songod aanbidding. Dit spreek ook van ons as heidene voor wedergeboorte. Ons aanbid die wereld......met ons rug na die kruis. Met bekering draai ons ons rug op die wereld en draai dan na die kruis....die Allerheiligste. dit is 'n 180 grade draai. Die meerderheid mense wat tot bekering kom doen egter 'n 360 grade draai. Hulle neem Jesus aan maar val dan maar weer terug in die wereld en breek nie met die wereld nie. 'n Lou christen.....'n lou kerk waarvan die Bybel ook praat van die laaste dae. Eenkeer gered altyd gered.......maar hulle vergeet van Heiligmaking!

Johnny
Nov 23rd 2010, 08:25 AM
Ek wil net noem dat die inligting wat ek hier plaas maar 'n druppel in die emmer is. Elke tou, paal en wat ook al het 'n betekenis en kan direk verwys word terug na die Bybel en Jesus. Ek plaas later 'n skakel waar julle meer kan gaan lees. Ek wil amper soos op 'n ander draad se daar is 'n BAIE DIEPER betekenis aan die Tabernakel as wat meeste mense besef. Dit is nie 'n ou Joodse ritueel of gebruik nie. Dit verwys ook nie een of ander "kabala" nie. Die woord DIEPER sal dalk beter na vore kom en verstaanbaar word vir sommiges. Veral ons as christinne het GEEN CLUE waaroor dit gaan nie.

Ons is nou by die "Outer Court". Die omheining.

Dit was gemaak van fyn wit linne wat regverdigheid voorgestel het. Die simboliek word onthul in Openabring waar die Bruilof van die Lam plaasvind met sy Bruid (Ware kerk) en waar SY haarself gereed gemaak het......geklee in fyn wit linne.

Openbaring 19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges.

Johnny
Nov 24th 2010, 06:07 AM
Die volgende artikel wat jy kry nadat jy by die Oospoort inbeweeg het is die Brandoffer altaar.
9391
9392
Aan die een kant van die altaar is 'n "ramp". Nie trappe nie, saodat wanneer die priester daar oploop dat sy naaktheid nie gesien kan word nie....selfs nie eers sy enkels nie. Hulle moet die Heilige dinge met waardigheid bedien. Dit laat 'n mens dink hoe goedkoop daar met die evangelie omgegaan word in vandag se lewe.....bv die nagmaal. Ons leer reeds hier dat bedienaars van die Woord waardig moet wees.

Dit is 'n plek van sterf. Offer praat van sterf.

Romeine 6:8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,

As mens net tot bekering gekom het dan is jy NIE volmaak nie. Jy sondig nogsteeds. Daar is baie dinge wat jy nog moet afsterwe. Nie net as 'n jong bekeerling nie. Daar is nog baie dinge in my eie lewe waarmee ek moet deel. Hierdie dinge moet met tyd al hoe minder en minder word. Ons is maar nog by die begin van die reis van Heiligmaking. Jy moet sterf as die ou mens en die wereld agter laat.

Philip dT
Nov 29th 2010, 09:53 AM
Hallo Johhny. Die teks wat jy aanhaal (Op 12:3) dui op die toestand van die nuwe hemel en aarde. Dit dui op God se teenwoordigheid by sy mense in die hiernamaals. Die OT Tabernakel was simbool van God se teenwoordigheid by sy mense. In die hiernamaals word hierdie belofte wat reeds van Lev 26:12 kom, vervul.