PDA

View Full Version : e-boek : Skepping en Evolusie - onversoenbaar !



Die Filadelfieer
Nov 24th 2010, 09:54 AM
Hierdie boek, geskryf deur Hennie Mouton, kan gratis hier (http://www.glodiebybel.co.za/skepping-vs-evolusie-m/57-e-boeke-kat/120-skepping-en-evolusie-onversoenbaar.html) afgelaai word.

Ek het so vinnig "deurgeblaai" en dit blyk nogals baie interesant, en volledig (amper 500 bladsye !) te wees.

Dalk 'n goeie onderwerp om te bespreek so rondom die kersfeestafel ? :)

Son of the South
Nov 24th 2010, 10:37 AM
Fila, ek soen jou sommer met 'n broederlike kus! :P Jy weet ek doen mos nou nie die krismis ding nie, maar baie dankie nogtans vir die geskenk. :hug:

CFJ
Nov 24th 2010, 01:22 PM
Fila,

Jy het nie een of ander manier om Hennie Mouton te kontak nie? Mens wonder nogal of hy sou belangstel om bydraes hier te lewer, want hy het op 'n stadium toe die webblad, Gereformeerd en Afrikaans nog bestaan het, aktief daar deelgeneem.

Die Filadelfieer
Nov 25th 2010, 05:47 AM
Aaah ! Goeie ou Gereformeerd en Afrikaans ! Ek sal bietjie probeer uitvind van Hennie Mouton, dalk is hy op Facebook ? Ek het sels nie 'n profiel nie, dalk kan een van julle daar loer ?

chisel
Nov 25th 2010, 10:04 AM
Fila,

Jy het nie een of ander manier om Hennie Mouton te kontak nie? Mens wonder nogal of hy sou belangstel om bydraes hier te lewer, want hy het op 'n stadium toe die webblad, Gereformeerd en Afrikaans nog bestaan het, aktief daar deelgeneem.

Dit sal fantasties wees om so iemand hier te h.

CFJ
Nov 25th 2010, 12:13 PM
Aaah ! Goeie ou Gereformeerd en Afrikaans ! Ek sal bietjie probeer uitvind van Hennie Mouton, dalk is hy op Facebook ? Ek het sels nie 'n profiel nie, dalk kan een van julle daar loer ?

Fila,

Ek het bietjie gaan rondloer op die skakel wat jy gegee het en mens kan kontak maak met hulle. Dit is nogal 'n interessante webblad daai, gaan kyk bietjie daar...

Die Filadelfieer
Sep 12th 2011, 06:49 AM
Mens kan gerus weer hierdie skakel en die e-boek versprei as hierdie nuus beloer word :

Figuurlike Genesis wen veld in VSA (http://www.rapport.co.za/Wereld/Nuus/Figuurlike-Genesis-wen-veld-onder-Christene-in-VSA-20110910)

Son of the South
Sep 12th 2011, 08:16 AM
Mens kan gerus weer hierdie skakel en die e-boek versprei as hierdie nuus beloer word :

Figuurlike Genesis wen veld in VSA (http://www.rapport.co.za/Wereld/Nuus/Figuurlike-Genesis-wen-veld-onder-Christene-in-VSA-20110910) :agree: Ons het so tydjie terug hierdie gedeelte in Jesaja raakgelees waar God s Hy deel sy eer met niemand nie:
Om My ontwil, om My ontwil sal Ek dit doen—want ag, hoe is my Naam ontheilig! —en Ek sal my eer aan geen ander gee nie. Luister na My, o Jakob, en Israel, wat Ek geroep het, dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste. Ook het my hand die aarde gegrond, en my regterhand die hemele uitgesprei; as Ek hulle roep, staan hulle daar almal saam.
(Isa 48:11-13)Interessant hoe God dit s in konteks van die skepping. Om nie vir God al die eer te gee vir die skepping nie, is die laagste vorm van godslastering.

Die Filadelfieer
Sep 12th 2011, 08:26 AM
Om nie vir God al die eer te gee vir die skepping nie, is die laagste vorm van godslastering.

Sjoe, jy vat raak met hierdie woorde !

Philip dT
Sep 14th 2011, 09:09 AM
Ek het Hennie Mouton se epos. As julle my pm, sal ek dit vir julle gee.

Groetnis.

Mazal
Jan 4th 2012, 06:57 AM
Ek is hewig gekant teen die evolusie leer. Die skakel in die eerste pos na die e-boek toe werk nie.
Is daar 'n nuwe skakel wat iemand my dalk kan gee asb.

Son of the South
Jan 4th 2012, 07:28 AM
Aai, dit sal 'n groot jammerte wees as hierdie e-boek nie meer beskikbaar is nie. Ek hoop iemand kan weer 'n vars skakel gee; ek sal ook bietjie soek.

Kort na my bekering het ek absoluut geen standpunt gehad oor evolusie vs. skepping nie. Ek het nie eers 'n benul gehad dat dit wel 'n kwessie is nie, totdat iemand my 'n paar DVDs in die hand gestop het nie. Sjoe, dit was lank terug! Wat ek wil s is: ons het 'n groot verantwoordelikheid om te reageer op die leiding van die Heilige Gees om hierdie inligting aan mense beskikbaar te maak.

Son of the South
Jan 4th 2012, 07:55 AM
Lyk vir my mens sal hom hier (http://www.glodiebybel.co.za/index.php/boeke-dvds-ens-m/61-boeke-kat/120-skepping-en-evolusie-onversoenbaar-hennie-mouton.html) kan aflaai.

AndreHa
Jan 4th 2012, 12:07 PM
Lyk vir my mens sal hom hier (http://www.glodiebybel.co.za/index.php/boeke-dvds-ens-m/61-boeke-kat/120-skepping-en-evolusie-onversoenbaar-hennie-mouton.html) kan aflaai.

Daardie skakel werk gaaf - baie dankie. Dit is 'n vreeslik interessante boek.

paidforinfull
Jan 4th 2012, 01:57 PM
Hierdie boek, geskryf deur Hennie Mouton, kan gratis hier (http://www.glodiebybel.co.za/skepping-vs-evolusie-m/57-e-boeke-kat/120-skepping-en-evolusie-onversoenbaar.html) afgelaai word.

Ek het so vinnig "deurgeblaai" en dit blyk nogals baie interesant, en volledig (amper 500 bladsye !) te wees.

Dalk 'n goeie onderwerp om te bespreek so rondom die kersfeestafel ? :)

Fila, dit lyk my hierdie link werk nie meer nie. Ek het die boek op die internet gaan opsoek, en al wat ek kry is 'n blad wat se as mens die boek wil bestel kan mens dr. Mouton kontak. (Wysiging: oops, sorry, ek het nou net Son of the South se skakel gekry wat wel werk. Ek sal dit daar gaan lees.)

In elk geval, ek wil net noem dat geloof in evolusie vreeslik gevaarlik is, want as dit sou waar wees (wat dit definitief nie is nie) sou God en sonde nie bestaan nie.

Christene kan nie in evolusie glo as hulle die Woord van God as waarheid aanvaar nie.

Ons gemeente het 'n DVD gekyk waarin Wetenskaplikes bewys het dat die Skepper bestaan ("The Case for the Creator" deur Lee Strobel), want selfs een sel is so gekompliseerd dat dit onmoontlik sou wees om uit niks uit te kon vorm nie.

God IS.

Blessings
B.

Mazal
Jan 4th 2012, 07:03 PM
Lyk vir my mens sal hom hier (http://www.glodiebybel.co.za/index.php/boeke-dvds-ens-m/61-boeke-kat/120-skepping-en-evolusie-onversoenbaar-hennie-mouton.html) kan aflaai.

Dankie , daardie skakel werk

Mazal
Jan 7th 2012, 10:10 AM
More vriende , ek het tydens bybelstudie vanmre hierdie teks gekry wat vir my net nog 'n teenspraak en waarskuwing is teen die evolusie leer.

"Julle verkeerdheid ! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan s: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan s: Hy het geen verstand nie ?" - Jesaja 29:16 (OV)

Die Filadelfieer
Jan 7th 2012, 06:14 PM
More vriende , ek het tydens bybelstudie vanmre hierdie teks gekry wat vir my net nog 'n teenspraak en waarskuwing is teen die evolusie leer.

"Julle verkeerdheid ! Of moet die pottebakker beskou word as klei, dat die maaksel van sy maker kan s: Hy het my nie gemaak nie, en die vormsel van sy vormer kan s: Hy het geen verstand nie ?" - Jesaja 29:16 (OV)


Dit is 'n teks wat die spyker mooi op sy kop slaan, dankie dat jy met ons deel Mazal ! :)