PDA

View Full Version : Kom ons dans !



Die Filadelfieer
Dec 1st 2010, 06:39 AM
As mens artikels soos hierdie (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Kom-ons-dans-20101130-2)lees besef ek net weereens dat ek niks het om oor te kla nie, en soveel het om oor dankbaar te wees. So 'n pragtige meisie, met 'n lewe vol uitdagings vir haar en haar familie. Ek bid dat die Here hulle sal bystaan in die jare wat volg.







Kom ons dans!

2010-11-30 23:56



http://cdn.24.com/files/Cms/General/d/969/4553241906d04623b829da7ef00be8d9.jpg Mathys en Susan deel n grappie.




Lean du Plessis

Die sanger Mathys Roets het n skaam vierjarige meisie gister laat dans albei in hul rolstoele.

Susan van Niekerk het Roets in die spinale eenheid van die Riverfield Lodge naby Muldersdrift aan die Wes-Rand ontmoet waar sy behandel word sedert n ernstige motorongeluk sowat n maand gelede.

Roets is ook sowat twee maande lank daar behandel n sy motorfietsongeluk in April verlede jaar.

n Skaam Susan het Roets in die eenheid se gimnasium met pieringo dopgehou terwyl hy toertjies met sy rolstoel gedoen het.

Kyk, ek kan dans met my rolstoel, s. Kan jy ook so draai op jou agterwiele? het Roets haar gevra terwyl hy in die rondte getol het.

Susan se oupa, ds. Gerhard van der Merwe, n afgetrede NG predikant, het gesterf in die ongeluk tussen Fouriesburg en Clarens in Oktober.

Haar ma, Ilsa (39), en boetie, Le Roux (2), is ook beseer toe hulle trompop teen n Isuzu-bakkie gebots het.

Mev. Van Niekerk dra nog n nekstut omdat haar C2- en C3-werwel in die ongeluk gebreek is. Sy het gister vertel hoe Susan kort n die ongeluk gesukkel het om aan te pas.

Sy was so depressief in die waakeenheid.

Syt elke dag net by die venster uitgestaar. Sy het geweet daar is iets anders in haar liggaam, maar kon nie verstaan dat sy nie haar bene kan beweeg nie.

Haar man, Johann, het kort n die ongeluk van Indi teruggekeer waar hy vir Sasol werk.

Die gesin het drie en n half jaar daar gewoon terwyl hy kontrakwerk gedoen het.

Sjoe, kyk net daar, batcha (kind in Tamil)! Doen jy dit ook! het mev. Van Niekerk gepor toe Roets vir Susan wys hoe om met haar rolstoel agteroor te leun.

Haar waaksame o het later effens ontspan toe sy en Roets skielik begin resies jaag. Kort daarna was alle skaamheid vergete toe Susan uitbundig jil terwyl Roets haar agternasit.

Dis n amazing gevoel om net jy te wees en te weet jy beteken iets vir iemand, het n aangedane Roets later ges.

Dis die mooiste meisietjie. Ek kan nie ophou kyk vir haar nie.

http://cdn.24.com/files/Cms/General/d/969/1af2c271b1b64bce94a0c4aa0f68a1c6.jpg
Mathys Roets en Susan van Niekerk (4) jaag resies in die gimnasium van die spinale eenheid van die Life Riverfield Lodge naby Muldersdrift. Susan is verlam n n motorongeluk sowat n maand gelede.

http://cdn.24.com/files/Cms/General/d/969/0f0a485ceb5743339ed144bb0482ad1f.jpg
Susan van Niekerk (4) in haar rolstoel in die gimnasium van die spinale eenheid van die Life Riverfield Lodge naby Muldersdrift. Sy is verlam n n motorongeluk sowat n maand gelede. Die sanger Mathys Roets het haar kom besoek om haar en haar gesin moed in te praat.
Fotos: Lauren Mulligan

CFJ
Dec 1st 2010, 10:09 AM
Dis 'n mooi storie en iets wat ek graag aan my pa en ma wil gee, want hulle ken Mathys persoonlik en sal nogal aanklank vind oor meer as een rede!

Die Filadelfieer
Dec 1st 2010, 11:06 AM
Ek haal my hoed af vir Mathys, dit is sulke dinge wat Susan se lewe in heeltemal 'n ander rigting kan stuur : meer as dikwels is dit die persoon se uitkyk (positief of negatief) wat bepaal watter kwaliteit lewe hy of sy gaan h.

Phil Fourie
Dec 1st 2010, 01:24 PM
Ek het baie respek vir Mathys

Ta-An
Dec 1st 2010, 01:49 PM
Fila, mens het nie jou bene nodig om te dans nie, dit is jou hart wat dans :)

Sondag het ons in die kerk gedans, en Linda (ook nog in die rolstoel na die motorfiets ongeluk) was daar saam met ons.... en dit het goed gegaan... dit gee my nou 'n idee, miskien kan ons daar gaan dans .... :idea:

Die Filadelfieer
Dec 2nd 2010, 06:03 AM
[COLOR=magenta][I][B]Fila, mens het nie jou bene nodig om te dans nie, dit is jou hart wat dans :)



Sjoe Ta-An, jy stel dit so mooi ! As julle wel kontak maak moet jy ons asseblief op hoogte hou.

protea
Dec 2nd 2010, 04:36 PM
Ta -An , die sisteem is al weer naar met my en willie he ek moet jou rep nie.... My hartjie hop en joune dans. Dieselfde ding....

Dankie vir die plasing Fila! Dis SULKE nuus wat versprei moet word , want dis nuus wat mense weer hoop gee! Soos Roets beweer: Dis wonderlik om vir iemand iets te beteken! En hoekom is my se oegietjies dan nou so nat?

Merweda
Dec 12th 2010, 08:51 PM
Ek was `n gimnas wat my regterbeen tydens `n oefening op die aparate gebreek het en was daarna gestremd. Al die jare het ek voort geploeter tot ek Jesus ontmoet het. Daarna het alles verander, het ek weer aan sport begin deelneem, het uit die as uit opgestaan en nie myself jammer gekry nie. Alhoewel my een been korter is as die ander, behoort ek vandag aan die plaaslike atletiek klub, asook aan die gestremdes s`n. Ek ry fiets, speel muurbal ens. Ek weet presies hoe Mathys en Susan voel. Ons kan dans vir JESUS. Vandag is ek al vir twaalf jaar voltyds `n sendeling, baie mense kyk my skeef aan omdat ek so mank loop, maar as ek hulle van JESUS vertel, verander hulle gesindheid, baie s ook hulle het glad nie gesien dat ek mank loop nie. In my hart, en ek glo dit, dat JESUS vir Mathys en Susan wonderbaarlik sal herstel en dat hulle weer hul bene ten volle sal gebruik, amen JP van Odn