PDA

View Full Version : Die genetiese voedsel komplot



CFJ
Dec 5th 2010, 07:55 PM
Ons leef in 'n wreld waar ook ons voedsel, blyk, nie meer is wat dit moet wees nie en dinge soos hierdie laat mens wonder. Volg die skakel hieronder (kyk ook die video) en laat weet wat dink jy daarvan? Dink julle genetiese voedsel is veilig?

What Monsanto Doesn't Want You To Know - The Genetic Food Conspiracy (http://current.com/news/92835717_what-monsanto-doesnt-want-you-to-know-the-genetic-food-conspiracy.htm)

CFJ
Dec 5th 2010, 08:06 PM
Dokters waarsku: Vermy geneties gemanipuleerde voedsel! (http://www.healthywithaim.com/blog/af/2010/02/24/doctors-warn-avoid-genetically-modified-food/) Die vraag is, hoe kan mens meer leer hiervan, want die kos wat ons eet is een van die sentrale dinge in elke mens se bestaan?

Ta-An
Dec 5th 2010, 08:32 PM
Plant you eie tuintjie aan, Spinasie groei maklik, so ook tamaties en aartappels en kruie ...... :D

trudie
Dec 6th 2010, 05:57 AM
Ek het begin om so bietjie groente te plant.

CFJ
Dec 6th 2010, 06:08 AM
Plant you eie tuintjie aan, Spinasie groei maklik, so ook tamaties en aartappels en kruie ...... :D

Mens moet kyk of mens nog die outydse soorte kan kry. Ons plant byvoorbeeld nog die outydse vleis-tamatie. Hulle hou nie lank nie, maar is so lekker soos 'n cracker en heilsaam sonder weerga. Aartappels verstaan ek is die Van der Plank aartappel byvoorbeeld een en mens kan miskien meer skryf daaroor en waar mens dit kan kry. Op hierdie stadium weet ek te min, maar sal graag meer te wete wil kom. Een ding is ek oortuig van, dat hierdie geneties gemanipuleerde vrugte en groente iets is wat mens liefs moet vermy en ongelukkig is baie sade wat mens self kan plant, ook van hierdie opgedolliede gewasse wat weet nie wat alles bestand is nie...

Die Filadelfieer
Dec 6th 2010, 06:18 AM
Die slegte nuus, manne en manninne, is dat ons nie eintlik meer goed eet wat NIE gemanipuleer is op genetiese vlak nie : dit sluit stapel voedsel soos mielies en koring in.

CFJ
Dec 6th 2010, 07:10 AM
Die slegte nuus, manne en manninne, is dat ons nie eintlik meer goed eet wat NIE gemanipuleer is op genetiese vlak nie : dit sluit stapel voedsel soos mielies en koring in.

In die Overberg is daar weer boere wat die ou soort koring plant en daar is ook 'n meule op Heidelberg, waar mens hierdie meel kan koop (Eureka Meule). Dit kos ongelukkig duurder, maar iemand wat meer weet daarvan, het my verduidelik dat geneties gemanipuleerde koring baie ho vlakke van glutien het en juis om die korrel groter en ekonomies meer haalbaar vir die boer te maak. Hierdie outydse koring word egter so gewild en mense is bereid om meer te betaal, dat die boere wat dit plant, soos ek verstaan nie verloor nie. Die persoon wat dit begin het, het soos ek verstaan die Bybel as vertrekpunt gebruik. Jesus het Homself as die brood van die lewe verklaar en daardeur ons laat verstaan dat Hy volkome voedsaam is vir ons gees. Bybelse brood was gesien as 'n volledige maaltyd en met die tyd het moderne tendense om meer geld te maak, veroorsaak dat deur genetiese manipulering, brood geweldig baie voedsaamheid verloor het. As mens hierdie brood eet, kom mens die verskil agter en ek is bly om toegang te h tot dit.

trudie
Dec 6th 2010, 09:35 AM
Kos is nie die enigste wat ons moet dop hou nie.ek het 'n hele ruk gelede begin brei en koop deesdae my wol by mense wat hulle eie wol spin en kleur sodat dit omgewing vriendelik is.

Philip dT
Dec 6th 2010, 11:37 AM
Een ding wat ek weet van geneties gemanipuleerde gewasse, is dat baie gekweek word vir maksimum rakleeftyd. Maksimum rakleeftyd beteken gewoonlik moeiliker verteerbaar en dikwels minder heilsaam.

Maruis
Dec 15th 2010, 08:49 AM
Daar is natuurlik ook 'n ander kant van die saak.

Wetenskaplikes ontwerp die voedsel soos hulle dit wil he om God te speel, maar
loop hulle vas. Aan die ander kant word die wereld deur geld regeer en dan maak hulle sekere gewasse minder vatbaar om vitamiene en minerale te absorbeer en ons moet dan suplemente koop om weer die tekorte in ons ligame te vul. Alles wat deur die wetenskaplikes uitgedink is.