PDA

View Full Version : Diere in openbaring 13 en 17



Maruis
Dec 14th 2010, 09:39 AM
Ek wonder net of hier erens al gepraat is oor die diere in die betrokke hoofstuke. Is nou op my sel so sal bietjie meer uitbrei as ek vannaand by die huis is.

Openbaring 13
Eerste dier. Vatican city.
Tweede dier. Amerika.

Openbaring 17
Vatican city

As bewyse benodig word sal ek dit vanaand vir julle wys. Al rede wat ek kan dink om dit te wys is vir die mense wat nog nie weet nie. Dat die eindtyd baie naby is.

Maruis
Dec 14th 2010, 05:04 PM
OPENBARING 17

3 En hy het my in die gees weggevoer na 'n woestyn, en ek het 'n vrou sien sit op 'n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings. 4 En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pÍrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery;

Watter kleur is die priesters en pope se klere. (purper en skarlaken)
"n Stuk van die kruis waarop Jesus gekruisig was, het die katolieke kerk 'n goue kruis van gemaak het en dit vol kosbaare edelstene en perels gesit.
Net die pope en die priesters mag van die goue beker hulle nagmaal hou.
vol gruwels ("inquisition")
onreinheid (hulle "doctrine" se alles vir ons)

5 en op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde. 6 En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien.

In die "inquisition" tye het hulle meers as 3 miljoen mense vermoor omdat daardie mense bybel gelees het.

7 Toe sÍ die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra. 8 Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wÍreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is.

9 Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit.

Die ou Rome was gebou op sewe heuwels (Aventine, Caelian, Esquiline, Quirinal, Vimina, Capitoline en Palatine)
Vatican city sit binne Rome

10 En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy 'n kort tydjie bly.
Op 7 Junie 1929 het Vatican city hulle verander in 'n soewereine staat wat beteken hulle kan hulle eerste konings maak.
1.Pius XI 1939 - 1958 2.Pius XII 1958 - 1963 3.JohnXXIII 1963 - 1978 4. Paul VI 1978 - 1978 5. John Paul I 1978 - 1978 6. John Paul II 1978 - 2005 7.Benedict XVI 2005 tot nou
Benedict XVI is al klaar die 7de pope so hy sal sekerlik net 5 - 10 jaar daar sit vir sy kort tydjie.

11 En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf.

John Paul II wat was en nie meer is nie.
Op John Paul II se kus het hulle een van 2 tekens gesit. Dit is of 'n onderstebo kruis met 'n w of dit is 'n regop kruis met 'n m . Al twee is van kulte af. Sy kis is ook nie 'n normale kis nie.

12 En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. 13 Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.

Sal nie kan se watter 10 konings dit is nie tot dit gebeur.

15 En hy sÍ vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.

Soos Rome wat 7 dorpies was voordat dit in 'n groot stad verander het.

18 En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde.

vatican city het leiers, ambasadeure, politieke mag ... en hulle praat baie met die presidente en konings van ander lande.

Maruis
Dec 14th 2010, 08:12 PM
OPENBARING 13

1 En ek het 'n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe 'n naam van godslastering.

Klink die dier nie al klaar bekend nie soos in openbaring 17.

2 En die dier wat ek gesien het, was soos 'n luiperd, en sy pote soos diť van 'n beer, en sy bek soos die bek van 'n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag.

In openbaring 12: 3 En 'n ander teken het in die hemel verskyn, en daar was 'n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone; 4 en sy stert het die derde van die sterre van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan voor die vrou wat op die punt was om te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het. 5 En sy het 'n manlike kind gebaar, wat al die nasies met 'n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon.

Word vir ons verduidelik dat die draak satan is.

3 En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele wÍreld het verwonderd agter die dier aan gegaan.

In Amerika se new york times op die 7 Junie 1929. MORTAL WOUND HEALED. Was die opskrif waar hulle gepraat het oor Vatican city wat 'n soewereine staat word. Die het toe weer al sy kragte terug gekry.

4 En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesÍ: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?

Vatican city is die enigste kerk wat politiek en geloof meng. Hulle het hulle eie leiers, ambasadeure, politieke mag ...

5 En 'n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee en veertig maande lank te doen.

42 maande en in die bybelse tyd was een maand gelykstaande aan 30dae, dus 42 * 30 = 1260 dae "numeri 14: 34 Volgens die getal dae dat julle die land verken het, veertig dae, vir elke dag een jaar, moet julle jul ongeregtighede dra, veertig jaar lank, en my teŽstand gewaar word. ", dus 1260 dae is gelykstaande aan 1260 jaar
So hier kan ons sien die dier sal 1260 jaar besig wees.
In 538ad het die katolieke kerk sy laaste groot opponent gewen (uit wikipedia: The First Siege of Rome during the Gothic War lasted for a year and nine days, from ca. March 537 to March 538. It was fought between the defending East Romans, under general Belisarius, and the Ostrogothic army under king Vitiges.) en in 1798ad het die katolieke kerk sy krag verloor deur die franse (http://www.historyorb.com/events/date/1798 :Feb 20th - Louis Alexandre Berthier removes Pope Pius VI from power. En net uit selfde webtuiste (http://www.historyorb.com/events/date/538 :Mar 12th - Witiges, king of the Ostrogoths ends his siege of Rome and retreats to Ravenna, leaving the city in the hands of the victorious Roman general, Belisarius.)

Alhoewel Keiser Justinian in 533ad verklaar het dat die biskop die hoof van al die kerke is kon hulle dit nie toepas totdat al hulle vyande verower was nie.

6 En hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster.

Pope Leo XIII 1894 Junie 20 "ons hou op die aarde die plek van God die Almagtige"
Catholic national Julie 1895 " die pope is nie net die verteenwoordiger van Jesus Christus nie maar ook is hy Jesus Christus onder die dekmantel van die vlees.
Dit gee die pope die krag om sondes te vergewe.

7 Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie.

die priester het die krag van die sleutels , of die krag om sondaars van hel af te red, om hulle waardig te maak om in die koningkryk van die hemel in te gaan, en om hulle te verander van slawe van satan tot kinders van God.
die werk van die priester.. en God homself moet by die priester se dade bly. die groot Meester van die heelal volg net die priester deur alles wat die priester op aarde besluit te doen.

Dit is die eerste dier in openbaring 13 en ek sal more die tweede dier uitle.

Maruis
Dec 15th 2010, 05:31 PM
OPENBARING 13

Tweede dier.

11 En uit die aarde het ek 'n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak. 12

Openbaring 17:15 En hy sÍ vir my: Die waters wat jy gesien het, waar die hoer op sit, is volke en menigtes en nasies en tale.
So dit se vir ons dat die dier uit die aarde is van 'n klein bevolking af.
Amerika het begin met 'n klein bevolking.
Amerika het nie ontstaan uit die ou wereld met baie bevolkingnie, maar uit die nuwe wereld met 'n klein bevolking.

Amerika is die enigtse nasie wat ontstaan het rondom die tydperk wat vatican city sy krag verloor het.

Amerika se onafhaklikheid was in 1776 Wikipedia Events from the year 1776 in the United States. This year is celebrated in the United States as the official beginning of its nationhood, with the Declaration of Independence issued on July 4.

Amerika het 'n revolusie van 1777 - 1783 http://www.historyplace.com/unitedstates/revolution/revwar-77.htm

Amerika begin hulle goewerment in 1787 http://www.historyplace.com/unitedstates/revolution/rev-nation.htm

Die dier het 2 lam soort horings. Die bybel se vir ons op baie plekke dat 'n horing beteken krag.
So die nasie het 2 soorte kragte (2 horings)
Lam is ook 'n simbool van Jesus Christus so die nasie is begin op suiwer Christelike dade.
Amerika het 2 verskillende kragte op Christelike dade. (2 lam soort horings) Americans, as the Founding Fathers hoped, uphold the Constitution, but live according to "Judeo-Christian" values
Amerika se konstitusie was gebaseer op Christelike beleide.
Amerika het 'n unieke goewerment waar die staat en kerk vryhede het in hulle konstitusie.
Amerika was 'n republiek (koninkryk sonder koning) en prostant (kerk sonder pope) beide weg van mekaar af.

Die dier praat soos 'n draak.
Die lam (vredevolle werke) voorkoms en draak (gedwange dade) speel teen mekaar af.
Die fundementele wet in Amerika wat geskryf is in die konstitusie waarborg individuele vryheid van gewete.
Amerika is al klaar besig om hulle konstitusie heeltemal te verander.

Net 2 wette vir interesantheid.
"kongres sal geen wet 'n vestiging van godsdiens, of verbod op die vrye uitoefening daarvan, maak,"
"geen godsdientige toets sal ooit nodig wees as kwalifikasie vir enige kantoor wat openbare vertroue handhaaf in die Verenigde State van Amerika."

So as ons net na die 2 wette kyk kan ons al klaar sien hoe Amerika besig is om hulle kerk en goewerment saam te gooi.

16 En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; 17 sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.

Ek moet nou 'n groot stuk in engels aanhaal so ek se ekskuus solank :)
The House passed both the Senate Health Care bill and the House Reconciliation Act HR 4872 on March 21, 2010. The Senate bill goes to the President for signing and the Reconciliation bill, HR4872, goes to the Senate for approval. There are two items with dire consequences included in the Reconciliation bill. The first is mandatory RFID chip implants. The gist of the wording in the bill provides setting up a registry for collecting patient data, such as medical records, insurance claims, pharmacy data, etc. The wording in the bill leaves open any additional data collection as required. The timetable for implementation is within 3 years. The wording is very vague, but the only way the registry can be established with the data they plan on collecting is with everyone having the chip. The second is establishing a National Health ID/Debit card with Smart chip/RFID technology , linked to Bank accounts for the purpose of ID verification as well as patient info, along with instant debit from Bank account to pay for co-pays, etc. The wording leaves open the option to use this concurrently with RFID chip implant. The timetable for implementation is within 2 years.RFID chip implants and National Health ID bill The House passed both the Senate Health Care bill and the House Reconciliation Act HR 4872 on March 21, 2010.

Nou is die vloer oop vir almal. Lees en se wat julle dink, ek is seker ek het 'n paar goed gemis.

Johnny
Jan 25th 2011, 09:41 AM
Hulle aanbid ook die songod en nie die God van die Bybel nie. Ons begin Woensdag 2 Februarie 2011 met 'n maandlange aanbieding van die Boek Openbaring (Relevant en Verstaanbaar) gepaargaande met boodskappe oor die Wederkoms. Dit sal na afloop ook op DVD beskikbaar wees.