PDA

View Full Version : Skildery stel Mandela as Christus voor



CFJ
Dec 19th 2010, 09:18 AM
Hier is iets baie interessant en ek glo die moeite werd om kennis van te neem..., waar Nelson Mandela in Christus se plek, in die laaste Avondmaal gesklider is. Lees meer daaroor hier (http://www.discerningtheworld.com/category/1-people/desmond-tutu-dr-the-most-reverend-archbishop/)...

14390876
Dec 19th 2010, 10:12 AM
Hier is iets baie interessant en ek glo die moeite werd om kennis van te neem..., waar Nelson Mandela in Christus se plek, in die laaste Avondmaal gesklider is. Lees meer daaroor hier (http://www.discerningtheworld.com/category/1-people/desmond-tutu-dr-the-most-reverend-archbishop/)...

ja. Ek moet eerstens net s dat ek baie respek vir Mandela het. Maar natuurlik is die aanbid van mense wat as belangrik beskou word glad nie nuut nie. Ek dink dis net so erg met Ghandi. Dis dikwels nie die man self nie, maar eerder die mense om hulle. Maar in Mandela se geval is daar baie wat hy doen en s wat ek dink dit moontlik doelbewus aanmoedig. Ek is al lankal versigtig met di man. Hy doen niks om mense se siening van hom te keer nie. Hy s hy is 'n christen, maar daar hy het al goed here wat nie goed by my sit nie (verskoon die anglisisme). En wat ek altyd s is dat as jy na sy dade kyk dan het hy ook nie regtig veel gedoen nie. Hy was byvoorbeeld nie veel van 'n president nie.

Ta-An
Dec 19th 2010, 02:11 PM
:B :B

Die Filadelfieer
Dec 20th 2010, 05:27 AM
Ai ai ai . Natuurlik niks nuut nie : Ghandi is reeds genoem, en dan is Obama ook met sy verkiesing as 'n "messias vir die mense" voorgestel.

Tonton
Dec 20th 2010, 07:08 AM
Disgusting and utterly blasphemous. But then again what’s new in this evil world we live in.
Ek dink selfs Mandela sal hieroor verlee wees.

Wys net die afstand wat sekere mense hou van God af. Hartseer.

Anton

CFJ
Dec 20th 2010, 07:26 AM
Iets wat ek glo belangrik is, is hoekom sou hierdie skilder, spesifiek die mense wat in daardie skildery is, daar plaas? Vertel dit nie maar iets oor die geesteswreld nie? Geeste wat bots, werk net nie so nie en die blote feit dat 'n absolute godslasteraar 'n klompie 'ikone' so saamvlans, is nie toevallig nie... of is dit maar sommer net 'n verbeeldingsvlug van iemand wat nie van beter weet nie?

Ek het so idee dat daardie skildery iets van die werklikheid weerspieel... en dat hulle wat daar so gesellig saam verkeer, in gees een is...

Tonton
Dec 20th 2010, 07:30 AM
Hmmmm....

Lyk of hulle belasting opdeel?

Anton

Ta-An
Dec 20th 2010, 04:43 PM
Ek wonder of daardie mense toestemming gegee het dat hulle so uitgebeeld mag word :hmm:

Johnny
Jan 25th 2011, 09:36 AM
Hulle ALMAL behoort aan die Illuminatti.....wat natuurlik behoort aan die antichris!