PDA

View Full Version : "The new age" koerant



RR van Wyk
Dec 21st 2010, 10:45 AM
Iemand al hierdie gesien?:
http://www.thenewage.co.za/

Waarom so 'n naam gee aan 'n koerant? Is dit onskuldig en per toeval? Of is daar 'n koneksie tussen die en New age bewegings?

CFJ
Dec 21st 2010, 11:20 AM
RR,

Ek glo dat die blote feit dat dit 'n KOERANT is, nie toeval sal wees nie, ook nie naÔwiteit nie...

14390876
Dec 21st 2010, 11:29 AM
Glad nie verbasend nie. New age is lankal nie meer 'n subtiele ding nie. Dit is oral. Dit gaan baie mense nog wen. Bid is al wat ek kan sÍ

Tonton
Dec 22nd 2010, 07:31 AM
Die woorde "new age" het nie 'n godsdienstige konnotasie vir mense wat nie die Woord van God ken nie.

Hulle sien dit as modern, progressief, vernuwend.

Dit is hoe Satan werk. Hy maak ons stapsgewys gewoond aan sy taal en stelsels, sodat mense hom kies sonder dat hulle dit besef.

Dit is seker hoekom Jesus sÍ "wie nie met My is nie, is teen My". Jy kies Hom of jy "default" na Satan...

Anton

RR van Wyk
Dec 22nd 2010, 08:01 AM
Die koerant is tog baie feitlik wat nuus betref, en taamlik volledig, 'n goeie bron van inligting en nuusgebeure. Ek sal seker nie daarvan gebruik maak, maar het gedink ek sal bietjie gaan kyk nadat ek 'n advertensie daarvan langs snelweg gesien het.

Die kreators van die koerant kan baie beslis nie Christenne wees nie. Ek wonder of dit gestig is deur 'n buitelandse organisasie. Snaaks hoe baie goed deesdae om elke hoek en draai tevoorskyn kom..

Eben
Dec 30th 2010, 01:29 PM
So ver ek weet is dit 'n ANC koerant wat hier middel van die jaar tot stand gekom het. Daar was taamlik geskarrel oor wie die redakteur en joernaliste sou wees, het gegaan oor regerings amptenare wat ook betrokke sou wees, soos gewoonlik. Christelik? Nee onmoontlik.