PDA

View Full Version : Bespreking Aborsies

Johnny
Jan 26th 2011, 06:50 AM
Is dit moontlik? Kan daar soveel onskuldige skeppings van God dood gemaak word? Dan is daar mense wat se dat lewe begin eers op 'n maand of so iets terwyl die Bybel vir ons se dat Hy ons in ons moederskoot aanmekaar geweef het!

AMERIKA
Nearly 50 Million Abortions Have Been Performed in U.S. Since Roe v. Wade Decision Legalized Abortion
Tuesday, January 25, 2011
By Dan Joseph (http://cnsnews.com/source/75173)

(CNSNews.com) - Statistics compiled over the past decade show that the number of abortions in the United States has dropped precipitously since the early 1980s, but the procedure still remains a prevalent form of birth control in this country and around the world.
http://cnsnews.com/news/article/nearly-50-million-abortions-have-been-pe

ANDER STATISTIEKE

http://en.site2.answcdn.com/templates/icons/icon-relatedquestion-answered.gif (http://wiki.answers.com/Q/How_many_abortions_are_performed_in_US_per_day) How many abortions are performed in US per day? (http://wiki.answers.com/Q/How_many_abortions_are_performed_in_US_per_day)
1,3 million a year. http://en.site2.answcdn.com/templates/icons/icon-relatedquestion-answered.gif (http://wiki.answers.com/Q/How_many_marriages_per_day_worldwide) How many marriages per day worldwide? (http://wiki.answers.com/Q/How_many_marriages_per_day_worldwide)
About 10,000. http://en.site2.answcdn.com/templates/icons/icon-relatedquestion-answered.gif (http://wiki.answers.com/Q/How_many_abortions_does_the_average_abortionist_do _per_day) How many abortions does the average abortionist do per day? (http://wiki.answers.com/Q/How_many_abortions_does_the_average_abortionist_do _per_day)
The approximate number of legal abortions performed by licensed physicians and attended by qualified medical personnel in 2005 was 1,350,000. The number of illegal abortions would obviously not be... http://en.site2.answcdn.com/templates/icons/icon-relatedquestion-answered.gif (http://wiki.answers.com/Q/How_many_abortions_are_done_per_day_by_doctors) How many abortions are done per day by doctors? (http://wiki.answers.com/Q/How_many_abortions_are_done_per_day_by_doctors)
There is no single answer for this question. How many aboritions a doctor performs will depend on many factors including the facility they practice in, how many patients are scheduled per day, their... http://en.site2.answcdn.com/templates/icons/icon-relatedquestion-answered.gif (http://wiki.answers.com/Q/How_many_abortions_are_performed_worldwide_each_ye ar) How many abortions are performed worldwide each year? (http://wiki.answers.com/Q/How_many_abortions_are_performed_worldwide_each_ye ar)
Due to privacy protection, it is difficult to obtain absolutely accurate data concerning abortion. However, according to a survey conducted by the Guttmacher Institute (affiliated with the World...

Read more: http://wiki.answers.com/Q/How_many_abortions_are_performed_worldwide_per_day #ixzz1C7YVtiWZ

Ta-An
Jan 26th 2011, 07:22 AM
:mad: Ja, Johnny.... regerings laat aborsies toe om oorbevolking te hanteer, dit is goedkoper as oorlog!! :B

Die Filadelfieer
Jan 26th 2011, 08:59 AM
:mad: Ja, Johnny.... regerings laat aborsies toe om oorbevolking te hanteer, dit is goedkoper as oorlog!! :B

Wat 'n interesante stelling ......... wat heeltemal sin maak, so hartseer soos wat dit mag wees om te dink dat die wÍreld al so ver geval het.

Philip dT
Jan 26th 2011, 01:46 PM
Hallo.

Soos ek dit verstaan kom die debat oor aborsie (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=107&Itemid=15) altyd terug na diť een punt, naamlik:

Vraag 1. Op watter stadium kan 'n nuwe lewe as 'n mens geklassifiseer word?
Vraag 2. Die tweede vraag wat hiermee saamhang is, wat is die definisie van 'n mens?

Ta-An
Jan 26th 2011, 02:05 PM

Antwoord 1: Die klem is op LEWE, meer as op mens...
Antwoord 2: Die produk van bevrugting...

Pilip ek het nie jou skakel gelees nie.... net ingeval jy oor my antwoorde wonder :D

RR van Wyk
Jan 27th 2011, 04:53 AM
Vir my gaan dit veel diepper as die fisiese aborsie. Jy gaan gavalle kry, al bly dit natuurlik 100% verkeerd, waar aborsies gedoen sal word uit 'n gevoel van nood.(soos by verkragtings)

Wat vir my hartseer is van hierdie onderwerp, is hoe dit hanteer word. Hoe die mens dit sien as 'n kitsoplossing vir, in meeste gevalle, om losbandig te lewe sonder die verantwoordelikhde. Om lewe te verwoes ter wille van plesier, meeste gevalle nie oor finansies nie, maar hoofrede omdat daardie kind net in die pad gaan wees, plesier bederf, in die pad gaan staan van geluk en vooruitgang... die mens se definiesie van vooruitgang.

Dis maar net 'n gevolg, produk van 'n vervalle lewe. Die meisie redeneer die man is nie reg vir haar om gesin te begin, sy is nie lief vir hom, sy soek nie daardie "houvas" op haar. Nou waarom intiem raak met hom?? Die man dring aan by die vrou vir 'n aborsie, hy is nie reg vir so 'n varantwoordelikheid. Werklik? Of gaan die kind net in die pad wees? Is daardie flou verskoning 'n lewe werd?

Dit is waar my hoof probleem lÍ. Die mens se houding, sy hart, agter die aborsie.

RR van Wyk
Jan 27th 2011, 04:55 AM
Ek besef skielik hoe gepas hierdie eintlik op die eindtye draad is. Die Bybel sÍ mos die mens gaan op die einde koud en liefdeloos word...

Johnny
Jan 27th 2011, 05:51 AM
Hallo.

Soos ek dit verstaan kom die debat oor aborsie (http://www.truthexposed.co.za/index.php?option=com_content&task=view&id=107&Itemid=15) altyd terug na diť een punt, naamlik:

Vraag 1. Op watter stadium kan 'n nuwe lewe as 'n mens geklassifiseer word?
Vraag 2. Die tweede vraag wat hiermee saamhang is, wat is die definisie van 'n mens?

Ek glo as God ons as mense gemaak het dan het ons lewe gehad voor die sperm nog die eiersel binnegedring het. Jou DNA was reeds vasgevang in die sperm. Dit sou uiteindelik bepaal wie en wat jy sal wees. In die mens se oe klink dit dalk nie na lewe nie, maar in GOD se oe was dit reeds lewe.

Psalm 139:13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.
Psa 139:14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.
Psa 139:15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.
Psa 139:16 U oŽ het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Alles was alreeds deur God bepaal toe geeneen nog daar was nie. Dit was vir God lewe! Ek dink ons moet dit God se oogpunt sien en nie die van 'n mens nie. Ons is korrup en ons harte bedrieglik.

Die Filadelfieer
Jan 27th 2011, 06:52 AM
Ek glo as God ons as mense gemaak het dan het ons lewe gehad voor die sperm nog die eiersel binnegedring het. Jou DNA was reeds vasgevang in die sperm. Dit sou uiteindelik bepaal wie en wat jy sal wees. In die mens se oe klink dit dalk nie na lewe nie, maar in GOD se oe was dit reeds lewe.

..[/COLOR]

Dit klink nie heeeltemal reg nie Johnny. Jy moet onthou dat ons DNA basies in al die selle in ons liggame gekodeer is, nie net die sperm/eier selle nie. 'n nuwe "lewe" begun dus eintlik as 'n man en vrou se DNA saamgevoeg word, en die nuwe selle, met die nuwe DNA (helfte pa, helfte ma ) begin deel. Dan eers het jy 'n spik-splinternuwe organisme ( klein mensie ) .

Johnny
Jan 27th 2011, 07:08 AM

Ek stem saam met jou. Ek is nou nie eintlik 'n mediese dokter nie. Ek dink die punt wat ek wil maak is dat God lewe gemaak het voor 'n man en vrou nog bymekaar gekom het. Dit was deel van Sy raadsplan......dat daar LEWE sou wees. Ek dink dit is wat vers 16 vir ons wil uitlig.

Johnny
Jan 27th 2011, 08:59 AM
Skakel na die engelse kant van die Forum. Daar is 39% van swangerskappe in New York wat opeindig in aborsies. Wonder hoekom God die Twin Towers laar val het?

http://bibleforums.org/showthread.php/219684-39-of-New-York-city-pregnancies-end-in-abortion

Son of the South
Jan 28th 2011, 06:41 AM
:mad: Ja, Johnny.... regerings laat aborsies toe om oorbevolking te hanteer, dit is goedkoper as oorlog!! :BOorbevolking, pfff, daai is sommer 'n bogstorie. Daar is vir ten minste nog twee kindertjies plek in ons huis!

Johnny
Jan 28th 2011, 06:54 AM
Oorbevolking, pfff, daai is sommer 'n bogstorie. Daar is vir ten minste nog twee kindertjies plek in ons huis!

Kent Hovind het eenkeer die opmerking gemaak dat die hele wereld se bevolking in een van die state van Amerika kan inpas. Dit is dalk meer doelbewuste uitwissing as oorbevolking. Hoe minder mense daar is hoe minder probleme sal die antichris he om homself oor te hoef bekommer eendag. Dit is dalk 'n beplande aksie van die Illuminati.....of hoe Philip?

Son of the South
Jan 28th 2011, 07:50 AM
Hulle kan eerder die gesubsidieerde prostitusie (in engels noem hulle dit grants) in ons land stopsit, dan sal hulle meer doen om die bevolkingsaanwas te demp.

RR van Wyk
Jan 28th 2011, 08:16 AM
Die hartseerste van als is dat die vrouens doelbewus kinders kry vir hierdie "grants", terwyl dit nie eers genoeg is om die kind groot te maak!! Hulle verstaan nie dat dit maar net 'n hulpmiddel is nie, 'n aanvulling.. dis wild..

Johnny
Jan 28th 2011, 08:58 AM
Hulle kan eerder die gesubsidieerde prostitusie (in engels noem hulle dit grants) in ons land stopsit, dan sal hulle meer doen om die bevolkingsaanwas te demp.

.....nie met 'n president wat 4 vrouens het nie......

Die Filadelfieer
Jan 28th 2011, 10:22 AM
Die hartseerste van als is dat die vrouens doelbewus kinders kry vir hierdie "grants", terwyl dit nie eers genoeg is om die kind groot te maak!! Hulle verstaan nie dat dit maar net 'n hulpmiddel is nie, 'n aanvulling.. dis wild..

Nie noodwendig nie ! Daar is bewyse dat sommiges met bietjie vinnige voetwerk tot R2500 per kind met hierdie "grants" inwin. Selfs al sterf die kind verloor hulle net een ouer se aandeel, en gaan die uitbetaling maar net aan. Die gevolg is dus 'n welsynstaat waar niemand regtig hoef te werk nie, en die minimum loon minder is as die geld wat met welsynstoelae verdien word : 'n onoorkombare nagmerrie wat sosiale probleme tot gevolg het wat nooit opgelos gaan word terwyl hierdie status quo voortgaan nie.

Johnny
Jan 28th 2011, 10:40 AM

En die ou wat wel werk moet net al hoe meer en meer belasting betaal.

RR van Wyk
Jan 28th 2011, 12:51 PM
Nie noodwendig nie ! Daar is bewyse dat sommiges met bietjie vinnige voetwerk tot R2500 per kind met hierdie "grants" inwin. Selfs al sterf die kind verloor hulle net een ouer se aandeel, en gaan die uitbetaling maar net aan. Die gevolg is dus 'n welsynstaat waar niemand regtig hoef te werk nie, en die minimum loon minder is as die geld wat met welsynstoelae verdien word : 'n onoorkombare nagmerrie wat sosiale probleme tot gevolg het wat nooit opgelos gaan word terwyl hierdie status quo voortgaan nie.

So baie?? Nie gedink dis soveel nie...