PDA

View Full Version : Blomkool tert



Ta-An
Jan 26th 2011, 01:41 PM
Die Blomkool hier by ons is spot goed-koop deesdae, en dis wat ek met middag ete gemaak het :

1 med groote Blomkool
3 eiers
Halwe koppie mayonaise
halwe koppie Greek yoghurt
halwe koppie melk
halwe pakkie Sampioen room-sop
sout en peper
1 groot ui
1 rooi soet rissie

1 K post toasties
halwe koppie Post toasties en Halwe koppie gesraperde Cheddar kaas

Maak die 1 K Post Toasties fyn en voer die bodem van 'n terbak daarmee.

Braai ui en soet rissie in botter tot deurskynend
Kook Blomkool kort rukkie , en pak ie blomkool en uie/soet rissie op die Post Toastie kors.
Klits die eiers, mayonaise en yoghurt saam, meng met sop poeier en sout en peper.

Bak in oond by 180C vir +- 30 min, strooi kaas en Post Toastie mengsel bo-oor om te smelt onder die rooster element .


Geniet!!

protea
Jan 27th 2011, 04:46 PM
Dit klink heerlik Ta -An! EK is so lief vir blomkool (ENIGE kool!) dat ek dit baie maklik saam met middag koffie ook sal eet.... Ernstig! Ek hou veral van die Post Toastie kors. Gaan dit definitief die naweek maak!