PDA

View Full Version : Scrabble en Balderdash



David2
Feb 20th 2011, 09:00 AM
Speel julle ook Scrabble en Balderdash? Julian Muller bring lg. nou in verband met ons geloofslewe. Ons moet soos in Balderdash nuwe definisies vir woorde gaan uitdink en nie soos in scrabble vassteek by vaste reels van ou bekende woorde nie:

"Waar dit in Scrabble gaan oor die vernuftige benutting van bestaande woorde, gaan dit in Balderdash oor ‘n vernuftige verbeelding en oor interpersoonlike vaardighede wat maak dat ander persone jou aanbod aantreklik vind. Dit is twee speletjies wat van woorde gebruik maak, maar op heeltemal verskillende maniere. Dit verteenwoordig twee paradigmas, twee maniere van dink en omgaan met die werklikheid. Albei het meriete. Die een daag jou uit om kreatief te wees met die gegewene. Jy moet binne die vasgestelde rels beweeg en met wenkombinasies vorendag kom. Die ander daag jou uit om verbeeldingryk te wees en nuwe betekenisse te konstrueer wat in ‘n bepaalde konteks oortuigend is. Die klem val hier minder op korrektheid en meer op verbeeldingryke interaksie.

Neem ‘n mens nou hierdie twee bordspeletjies as metafore van twee verskillende geloofstale, is daar nie twyfel nie dat die hedendaagse mens al hoe meer gemaklik is met Balderdash. ‘n Scrabble-tipe geloof vind nie meer inslag nie. Daar het ‘n nuwe verstaanswreld ontwikkel. Ons konstrueer nou ons wreld veel meer met verbeelding en moontlikhede as met vasgelegde waarhede en strukture. Geloof wat stol in vaste formules spreek ons nie meer aan nie, terwyl die ontwykende ervaring van die swygende God ons al meer aanspreek.

Paradokse en die misteries van die lewe is nie meer so bedreigend nie. In die vorige era, wat meer op die Scrabble-paradigma gebaseer was, moes alles helder en duidelik uitgeklaar wees. Daarvolgens glo jy reg of verkeerd, waar of vals. Daarteenoor, dink mense nou meer in die Balderdash-taal en daarvolgens is daar meervoudige moontlikhede en ons word uitgedaag om kreatief om te gaan met die oorgelewerde tradisie."


http://teo.co.za/artikel/articles/271/1/Om-buite-die-boks-te-glo-/Bladsy1.html

CFJ
Feb 20th 2011, 09:34 AM
David,

Hoe vreemd het die titel van buite gelyk, toe ek vanoggend hier aankom en ek moes net kom kyk, wat is 'scrabble' en 'balderdash'. Hoekom is mens nie verbaas om hierdie metafore uit die mond van iemand soos Julian Muller te hoor nie? Ongelukkig gaan baie val vir hierdie werklik oneerlike omgang met die waarheid en as ek so na hierdie twee kyk, dan lyk hulle vir mens vanuit die Woord van die Here as volg:

Scrabble:

So spreek die HERE: Staan op die we, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het ges: Ons wil daarin nie wandel nie.
(Jer 6:16 AOV)

So dan, broeders, staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is f deur ‘n woord f deur ‘n brief van ons.
(2Thes 2:15 AOV)
Balderdash:

Maar die Gees s uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,
(1Tim 4:1-2 AOV)

want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
(2Tim 4:3-4 AOV)