PDA

View Full Version : Aan iemand wat Jesus nie ken nie



CFJ
Feb 20th 2011, 10:28 AM
Teenoor die moordenaar aan die kruis, het Jesus gesÍ, 'Voorwaar Ek sÍ vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.'

Wil jy ook vandag nog, bevestiging kry vir jou ewige saligheid? Daar staan dat Jesus self die ewige lewe is en dat hierdie lewe in Hom is, Hy is dit self,


Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
(Rom 6:23 AOV)

En dit is die belofte wat Hy ons beloof het, naamlik die ewige lewe.
(1Joh 2:25 AOV)

En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en diť lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
(1Joh 5:11-12 AOV)

En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.
(Joh 17:3 AOV)
As jy dit lees en graag wil weet hoe kry mens dit, is daar baie wyses om met jou in verbinding te kom, registreer net en laat weet van jou in hierdie draad, dan kan mens of hier gesels of privaat gesels, want Jesus Christus leef en jy kan Hom ontmoet!

CFJ
May 29th 2011, 05:05 PM
Wanneer is dit die regte tyd om Jesus te ontmoet?

Dr. Willie Marais vertel 'n verhaal van 'n meisie wat hy Joan genoem het en hoe sy op 'n dag tot inkeer geroep was, sodat sy op daardie dag besef het, sy moet haar saak met die Here reg maak. Joan was baie lief vir die plesier-lewe van partytjies en het besluit om darem nog so paar partytjies in te kry, voor sy haar lewe met God sou reg maak. Sy kon daardie aand nie aan die slaap raak nie en in haar dagboek (sy het 'n dagboek bygehou), skryf sy, oor 10 dae gaan ek my lewe vir die Here gee. Dit pla haar toe en sy skryf so bietjie later, oor 7 dae gaan ek my lewe regmaak. Sy het so aangegaan en later by 3 dae gekom, as sy nog net hierdie een partytjie kan bywoon, dan sal sy oor drie dae alles na die Here toe bring.

Die volgende oggend het haar ma, wat al gewoond was aan Joan se laat nagte, haar geroep om gereed te maak vir werk, want sy het gesien Joan gaan laat wees. Sy het 'n paar keer geroep en toe sy geen antwoord kry nie, maar in haar kamer gegaan en haar probeer wakker skud. Dit wou ook nie werk nie en sy het toe die komberse oopgemaak en aan haar gevat....

..., groot was haar skok toe sy aan 'n yskoue lyk vat, want Joan het in haar slaap omgekom. Sy het geweet dat Joan 'n dagboek byhou en het onmiddelik na 'n leidraad in die dagboek gaan soek. Sy lees toe hoe sy eers oor 10 dae, toe minder en minder en laastens oor 3 dae, haar lewe vir Jesus sou gee. Joan se ma het hierna 'n punt daarvan gemaak om mense te waarsku om nie uit te stel nie, want Joan was net 3 dae te laat...

Daar is in alle waarskynlikheid mense wat net 3 minute te laat was en die vraag is, wanneer is dit die regte tyd om jou saak met God reg te maak? Die Bybel sÍ die volgende hieroor...,


Want Hy sÍ: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
(2Kor 6:2 AOV)
Die tyd wanneer iemand gered moet word is altyd nůķ!!