PDA

View Full Version : BELANGRIK Cornelius Bosch vermis



Ta-An
Mar 6th 2011, 11:10 AM
Die alom bekende Suid Afrikaanse kunstenaar: Cornelius Bosch word vermis! (http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Skilder-Bosch-al-10-dae-vermis-20110305)

Cornelius is bekend as Nicolai (http://bibleforums.org/member.php/50855-Nicolai) hier op Bibleforums.


:pray:

Ta-An
Mar 9th 2011, 04:19 PM
Dit is met leedwese dat ek die berig wat in die Beeld verskyn het hier plaas

Kunstenaar se verbrande lyk gekry
2011-03-09 15:15



Hilda Fourie

Die skilder Cornelius Bosch se verbrande lyk is Maandag in ‘n veld langs die Zambesirylaan in die noorde van Pretoria gevind.

Dit is in die omgewing van sy huis op ‘n hoewe in Kameeldrift vanwaar hy op 24 Februarie vermis geraak het.

Beeld het vroeŽr berig dat sy vriende en familie bekommerd geraak het omdat hy verdwyn het sonder dat enige toilet- of ander ware uit die huis vermis is.

Bosch se bakkie is nog soek. Tandheelkundige rekords bevestig dat dit wel Bosch se lyk is.

Hy is beskryf as 'n eg Suid-Afrikaanse kunstenaar, wat veral bekend is om ekspressionistiese skilderye van blomme en dramatiese en klassieke landskappe.

Lees die volledige berig Donderdag in Beeld.

Die Filadelfieer
Mar 9th 2011, 05:16 PM
Vermoor vir sy bakkie.
Vermoor vir 'n selfoon.
Rowers maak bejaarde man dood maar steel niks .
Rowers verkrag/martel bejaarde vrou en steel beursie.

Klink dit bekend ?
Raak ons afgestomp vir nuus soos hierdie ? Ek weet ek doen ............

Dit is nie 'n normale stand van sake nie en ons moet dit nooit as normaal aanvaar nie !

CFJ
Mar 10th 2011, 04:42 AM
Mens kan nie anders as om saam met jou te stem nie Fila...

Ta-An
Mar 10th 2011, 06:21 AM
'n KoeŽl wond in die kop... en toe verbrand..... kan dit 'n Hi-Jack situasie wees??
Of is dit Boer -Genocide?

Maar moord is dit!!?

Johnny
Mar 10th 2011, 06:56 AM
Vermoor vir sy bakkie.
Vermoor vir 'n selfoon.
Rowers maak bejaarde man dood maar steel niks .
Rowers verkrag/martel bejaarde vrou en steel beursie.

Klink dit bekend ?
Raak ons afgestomp vir nuus soos hierdie ? Ek weet ek doen ............

Dit is nie 'n normale stand van sake nie en ons moet dit nooit as normaal aanvaar nie !

Ek dink dit is hoekom meeste mense, kerke en tieners gebeure in die wereld aanvaar as "dit is maar hoe dit atyd was" en hulle steur hulle nie daaraan nie. Hulle kan NIE die tekens van die tye onderskei nie. Daarom dat Jesus dit vergelyk met "Soos in die dae van Noag". Hulle het geeet, gedrink en in die huwelik uitgegee.......en eweskielik oorval 'n SKIELIKE en GROOT verderf hulle.

Die Filadelfieer
Mar 10th 2011, 07:17 AM
Johnny,
Het jy al 'n studie gedoen oor :die dae van Noag" ? Dalk moet ons 'n draad daaroor oopmaak..............

Johnny
Mar 11th 2011, 07:40 AM
Johnny,
Het jy al 'n studie gedoen oor :die dae van Noag" ? Dalk moet ons 'n draad daaroor oopmaak..............

Nee ek het nie, maar ons het jare gelede 'n reeks gedoen deur Pastoor Dries (2 dvd's) en ons kan nogal aanvaar dat in Noag se dae dit ook boos was, vol korrupsie, spotters, ongeregtigheid.......baie soos die uur waarin ons leef.

Son of the South
Mar 14th 2011, 11:17 AM
Vermoorde kunstenaar se assistent in hegtenis 2011-03-14 06:25

PRETORIA. – Die vermoorde kunstenaar Cornelius Bosch se persoonlike assistent is gistermiddag weens sy moord in hegtenis geneem.

Mnr. Christo Potgieter (26) sal na verwagting mŰre saam met nog vier mans in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn weens die moord op Bosch.

Sy verbrande lyk is in ’n veld in Pretoria gekry en deur tandheelkundige inligting geÔdentifiseer.

Potgieter het Bosch (55) op 1 Maart, vyf dae nadat hy spoorloos verdwyn het, as vermis by die polisie aangemeld. Al besittings van Bosch wat weg was, was sy GWM-bakkie en sy selfoon.

Dieselfde dag is ’n verbrande lyk met ’n skietwond in die kop in ’n veld in Derdepoort, noordoos van Pretoria, gevind. Diť veld is etlike kilometers van Bosch se huis in Buffelsdrift.

Die lyk is ’n week later met die hulp van tandheelkundige gegewens as Bosch s’n uitgeken.

Die motief vir die moord is nog onbekend, maar het na bewering met ’n dispuut oor geld te doen.

Kapt. Katlego Mogale, Gautengse polisiewoordvoerder, het gister gesÍ die polisie se ondersoek het hulle gelei na diť vier mans in Eersterust in die ooste van Pretoria.

Die mans is Vrydag in hegtenis geneem nadat voertuigonderdele, wat vermoedelik diť van Bosch se GWM-bakkie is, in hul besit gevind is.

Die polisie vermoed Bosch se GWM-bakkie is in stukke opgekap nadat hy in die kop geskiet en aan die brand gesteek is.

Die polisie het beslag gelÍ op ’n voertuig wat glo met onderdele van Bosch se bakkie opgebou is.

Na verneem word, het die mans Potgieter in Bosch se moord geÔmpliseer.

Potgieter is gistermiddag by sy huis in Montana in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem.

Al vyf mans sal in hegtenis bly tot hul verskyning in die hof.

Bosch was veral bekend om sy ekspressionistiese skilderye van blomme en dramatiese en klassieke landskappe.


- Volksbladhttp://www.volksblad.com/Suid-Afrika/Nuus/Vermoorde-kunstenaar-se-assistent-in-hegtenis-20110314

Ta-An
Mar 14th 2011, 05:32 PM
Oor geld!!! :o :B

Prediker 5:9 Hy wat geld liefhet, kry nie genoeg van geld nie, en wie rykdom liefhet, nie van inkomste nie; ook dit is dan tevergeefs.

1 Thim 6:10 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=54&CHAP=6&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=10) Want die geldgierigheid is 'n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor.

Ta-An
Mar 14th 2011, 09:28 PM
'n Sesde persoon gearresteer..!!

Hier is die man se getuienis.... (http://www.unleavenedbreadministries.org/?page=cornelius) .

So bek moet/moes Heuning kry!!

Maar ek is seker...hy dans waar hy nou is :yes:

Leviet
Jun 23rd 2011, 03:22 PM
Net 'n gedagte

Die Boer

Die wÍreld verkoop my
Oor my trane mag ek nie praat nie
As iemand gedood word, moet ek stil bly
Wanneer iemand spoeg op my, moet ek dit verduur
Draai ek my ander wang, dan is dit goed
Wanneer ek stil bly, vat hulle oor
Smeek ek, dan geniet hulle dit

Leviet