PDA

View Full Version : Meer tyd saam met God

Ta-An
Mar 12th 2011, 10:45 AM
Ek lees die vanoggend, en besef dat hoe skerper ek wil wees, hoe meer ek moet toelaat dat die Here my slyp.

Ek hoor vanoggend hierdie oulike verhaaltjie van twee houtkappers. Een was 'n bejaarde en die ander een nog 'n jong knaap. Op 'n dag het hulle besluit om 'n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap.
Die jong man was sterk en fiks en het glad nie gerus nie. Hy het gekap dat die byle huil!

Maar die bejaarde het so elke uur vir 15 minute gerus.

Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde man gewen Met baie meer bome as die jong man wat dit glad nie kon verstaan nie.

Toe hulle vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is - want hy het elke uur vir 15 minute gerus - het hy hulle geantwoord: "Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak."

So werk ons lewe ook… Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by God om jou weer "skerp" te maak vir elke dag se dagtake? Of hardloop jy net heeltyd aaneen en dink jy, jy is aan die wenkant?

Ons het nodig om meer tyd saam met God te spandeer

Johnny
Mar 15th 2011, 08:07 AM
As ons die Bybel wil ken.....dan MOET ons hom lees!

RR van Wyk
Mar 15th 2011, 08:47 AM
As ons die Bybel wil ken.....dan MOET ons hom lees!

Dit is vir my absoluut wonderlik watse verskil dit maak aan mens se geestelike groei om die Bybel te lees. Dat 'n boek met gewone papier en klein swart inklettertjies op, so 'n eenvoudige voorwerp, soveel lewe bevat...

Ek is skuldig daaraan dat ek nie my byl gereeld genoeg skerpmaak nie.. Ek het heeltemal teveel belangstellings, dan is daar nog werk en familie ook. Dit is so belangrik om tyd te maak vir God.. mens skeep net jouself af.

Johnny
Mar 15th 2011, 08:53 AM

Ek is net so skuldig. Eintlik "skaam" skuldig!