PDA

View Full Version : Neem, eet, dit is my liggaam.



Ta-An
Mar 12th 2011, 06:34 PM
Markus 14:22 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=41&CHAP=14&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=22) En terwyl hulle eet, neem Jesus brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sÍ: Neem, eet, dit is my liggaam.

In die boek van Nick Maartens: Anderkant die geskeurde Voorhangsel, verduidelik hy oor die geskeurde voorhangsel wat ons nou toegang gee tot die Vader...... en nooit sal Nagmaal weer dieselfde wees vir my nie.

In ons kerk word daar gebruik gemaak van 'n hele broodjie wat dan 'gebreek' word.... maar dit is mos nie eintlik 'breek' nie, want dit is nie 'hard' nie, brood skeur mos eintlik :idea: Net so is die vleis van Christus se liggaam geskeur, want sy bene is nie gebreek nie.

Wanneer ek my stukkie brood uitskeur van die hele broodjie uit.... "Neem eet".... wat 'n voorreg om dit kan herdenk.

Dankie Jesus!!