PDA

View Full Version : Bespreking Is die NG Kerk uit ?



Die Filadelfieer
Mar 13th 2011, 02:22 PM
Na aanleiding van Frits Gaum se boek : "Fluit-fluit, is die NG Kerk uit ? " en die Rapport artikel oor die onderwerp : (http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Fluit-fluit-is-die-NG-Kerk-dalk-uit-vra-Frits-Gaum-20110312)




ďAs die NG Kerk nie radikaal verander nie, gaan hy nie die wederkoms beleef nie,Ē sÍ dr. Frits ­Gaum.




Hy meen ook dit sou ín groot fout wees as die kerk meer fundamentalisties raak ten einde siele te werf.
ďFundamentalisme Ė ín onverdraagsame, letterlike verstaan van die Bybel Ė sal daar altyd wees, maar dit word ín ernstige probleem vir die kerk.Ē


Met sulke "vriende" in die kerk ....... het niemand vyande nodig nie ! :)

Die Ingelse sÍ mos : " Missery loves company". Is hierdie nie maar nog 'n geval van 'n persoon wat ophou glo wat die Bybel vir ons leer nie, en bloot probeer om nog mense na sy vlak af te trek nie ? Om nou 'n hele denominasie by sy hartseer verhaal in te wil trek is plein moedswillig ! Hy wys nou 'n vingertjie na derduisende gelowiges en sÍ dat dit wat hulle glo, en wat hy self van die kansel verkondig het op 'n stadium, ondergeskik is aan sy NUWE! VERBETERDE! evangelie waar Bybelse waarheide minder belangrik is as die humanistiese anti-Christelike geloof-van-die-dag, waar geloof in Christus nie meer die enigste Weg en Waarheid is nie, en waar die Hemel en Hel nie bestaan nie.

Is dit nog die moeite werd om hom te probeer reg help, of is dit bloot genoeg om mense van sy sielvernietiginde, satanies-geinspereerde dwalinge te waarsku ?

Ta-An
Mar 13th 2011, 02:41 PM
Die arme NG-Kerk :hug:

Hierdie kerk is definitief in die Satan se visier in die media :o

Maar... die hoŽ bome vang die wind :)

Ek glo dat aanvalle teen die kerk gemeeskap, juis die kerk sterker behoort te maak,,, want dan kyk 'n ou dieper in homself oor wat hy nou eitlik glo en volg nie net die stoom na nie .

David2
Mar 13th 2011, 03:10 PM
Mense, die satan werk met 'n plan. Die mense wat die Bybel verloŽn binne in die NG kerk praat al harder en harder en hulle word al hoe meer. Die kerk gaan nie teen hulle optree nie. Hierdie loŽnaars en afvalliges wag hulle kans af. Hulle gaan die hele NGK oorneem. Alle eiendomme en beleggings en fondse van miljoene gaan in hulle skoot val. Op daardie stadium gaan 'n paar konserwatiewes 'n skeuring probeer bewerkstellig, maar dit gaan te laat wees. As die sentrale beheer eers in die verkeerde hande is, is dit te laat. Selfs as 'n gemeente met 98% stem om uit te stap en die kerkeiendom met hulle saam te neem, kan hulle dit nie doen nie. Die 2% wat agterbly, bly sit met alles. In die APK dae was daar ook twee of drie gemeentes waar die meerderheid beswaardes was, maar hulle moes loop met niks. Mense behoort tog nou te sien dat die skrif aan die muur is. Hoogleraars op Stellenbosch en Pretoria is almal liberaal en die kerk steun hulle. Wat sÍ dit van die rigting waarheen die kerk beweeg? Dit is nutteloos om te wag "dat iets in die kerk moet gebeur". Dit gaan nooit gebeur nie. Die kerk se paadjie is duidelik uitgekerf. Mense wat nou nog daar bly, maak net hulle uiteindelike lot swaarder en swaarder.

Ta-An
Mar 13th 2011, 03:17 PM
. Mense wat nou nog daar bly, maak net hulle uiteindelike lot swaarder en swaarder.
David ek hoor dat elke NG Gemeente oor hulle eie leerstellinge (??) mag besluit?? Miskien het ek verkeerd verstaan :hmm:

Die Filadelfieer
Mar 14th 2011, 06:08 AM
David,
Ek stem 100% saam met jou. Mens kan ook duidelik sien dat dit nie net die NGK is wat so geteiken word nie, al lyk dit of dit net hulle is wat elke keer die nuus haal. Jy noem die APK, wat veronderstel is om 'n behoudende kerk te wees : sÍ 'n jong APK dominee, vars uit die kweekskool, vir my 'n paar jaar terug " Mens kan nie alles wat in Genesis staan glo nie " . Raai waar leer hy hierdie dinge ? Wat is die kanse dat hy nie sy gemeente op dieselfde trant gaan probeer beinvloed nie ? Presies dieselfde kan van al die sg. "susterkerke" gesÍ word.

Gaum skryf :


“Wat gebeur as jy in Hongkong loop en jy sien derduisende mense wat nie Christene is nie? Kan ons nog glo hulle gaan reguit hel toe?

Totsiens Evangeliesasie opdrag ! Gaum moet maar self vir Christus vertel dat dit nie meer nodig is nie.


“Die kerk sal moet leer om dinge met minder sekerheid te sÍ.”

Hy verwys onder meer na die boek Die eerste vyf minute nŠ die dood deur dr. Izak Burger, president van die AGS, waarin die hiernamaals beskryf word.

Volgens Gaum sal teoloŽ moet ophou om voor te gee of hulle vaste antwoorde op sulke kwessies het en meer erns met twyfel en onsekerheid moet maak.

As die kerk van alle plekke nie vaste antwoorde oor die hernaamals het, of behoort te hÍ nie, wie gaan dit hÍ, of negeer Gaum hiermee ALLES wat Christus tydens Sy aardse wandel vir ons probeer leer het ?

So kan mens seker aangaan en elke reeltjie wat hy sÍ en skryf uitmekaar gaan trek, maar dit raak onnodig. Dit gaan wel interesant wees om te sien wat die NGK oor die petalje te sÍ het.....

Kalahari
Mar 15th 2011, 08:00 AM
Fila

Dat die NG Kerk probleme het is allermins. Met persone soos Gaum en andere is dit al ver in die pad vir die kerk. Gelukkig hang die toekoms van die kerk nie af van mense alleen nie, maar is dit onder beheer van die Here. Die Here kan wel 'n kerk uitspoeg omrede dit koud of lou geword het. Ons moet dit nie vergeet nie. As ons kyk wat die kerk se belydenis is oor die ware en valse kerk sien ons dat die ware kerk herken word dat dit die Woord suiwer verkondig en die kerklike tug toepas. Herken ons vandag die kerk hieraan?

Ek dink baie lidmate is met rede bekommerd oor die teologie wat aan die kweekskole geleer word. Verkondig dit vandag nog die Woord suiwer of is dit besmet met ander teorieŽ soos humanisme en new age.

Ek weet die kerklike tug is vandag dood. Ons het al verleer om vir mekaar in te staan en te waarsku teen dwalinge. Hoe ons dit gaan omkeer weet ek nie. Ek weet net dat ons dit moet doen.

Ek dink eerlik waar dat die hoofoorsaak vandag vir die probleme geld en humanisme is. Die sukses van 'n gemeente word in sy begroting bepaal en nie in sy sielewerk nie. Dit is dan die oorsaak hoekom ons nie tug kan toepas nie, aangesien die persoon dan die kerk verlaat en die kerk die fondse verbeur. Humanisme het ook 'n faktor geword. Hoe kan jy vir 'n ander persoon sÍ dat hy verkeerd is. Wie gee jou die reg om jou oor iemand te ontferm indien hulle nie hulp wil hÍ nie. Wie sÍ ook dat die hulp wat die kerk wil aanbied die regte hulp is ens.

Ons het nou verval in menslike behoeftes en menslike oplossings. God se bepalings is nou ondergeskik aan die behoeftes van die mens. Ongelukkig is daar vandag alternatiewe kerke en dominasies wat vir die mens sÍ dat sy behoeftes die belangrikste is. Dat hy alles kan doen solank dit jou laat goed voel, dat solank die begroting goed lyk, jy geseŽnd is ens. Alles gaan oor die mens en God is ons gewillige dienskneg. God is sleg en die mens is goed. Hoe kan God die goeie mens wil straf?

Die probleem is definitief nie beperk tot die NGK nie, maar is aanwesig by die meesste kerke vandag. Dit is tyd dat ons terugkeer na die Woord en na God en dit is juis nodig dat gelowiges meer fundamenteel raak. Dat ons nie bang is om ons lig te laat skyn nie. Die wÍreld moet sien hoe sondig en sleg hy is en deur nie ons lig te laat skyn nie, bly dit donker.

Ek kan nog aangaan en aangaan, maar ek dink jy verstaan wat ek bedoel.

Groete
Kalahari

Die Filadelfieer
Mar 15th 2011, 09:14 AM
Baie Goeie pos Kalahari !
Dit is interesant om te sien hoe die woord fundamentalisme al hoe meer as 'n vloekwoord gesien word, maar soos jy dit stel, is dit juis nou nodig dat gelowiges meer fundamentalisties raak, en vir mense wys dat daar tog sekerheid in geloof kan bestaan. Hierdie "denkers" soos wat hulle graag as gesien wil word wat so "rondwandel in die woestyn van geloofsonsekerheid " raak op 'n stadium ook maar erg irriterend. Hoekom daar elke keer 'n boek hieroor geskryf moet word kan ons seker net oor bespiegel.

Philip dT
Mar 17th 2011, 08:49 AM
Wat ons sien is maar net die konsekwensie van liberalisme, wat op sy beur gewortel is in naturalisme, humanisme en evolusionisme.

Persoonlik dink ek alles begin by evolusionisme. Sodra jy Gen 1-2 nie meer as geskiedenis sien nie, maar 'n mitologiese verhaal, volg Jona en die vis, dan die maagdelike geboorte, dan die opstanding van Christus, dan die opstanding van die dode, dan die ewige lewe, dan die metafisiese dimensie, dan die bestaan van God.

Kyk mooi, die volgende stap is dat NG leraars 'n sg. post-teÔstiese Christenskap sal mag uitleef.

Die Filadelfieer
Mar 17th 2011, 09:28 AM
.....dan die bestaan van God.

Kyk mooi, die volgende stap is dat NG leraars 'n sg. post-teÔstiese Christenskap sal mag uitleef.

As ek so na sommige mense luister, leraars ingesluit, is dit nog net daardie laaste stappie wat kort, die res is klaar daar.

Philip dT
Mar 17th 2011, 10:07 AM
As ek so na sommige mense luister, leraars ingesluit, is dit nog net daardie laaste stappie wat kort, die res is klaar daar.

Probleem is, baie erken die bestaan van God, maar sien nie meer vir God as 'n persoonlike, metafisiese (anderkant die dimensie van die fisiese) Wese nie. Hulle verstaan bv. "God" as die naam wat jy gee vir dinge wat jy nie met die natuurlike rede kan verklaar nie - hulle noem dit: "misterie." "God" raak dan 'n projeksie van jou denke, of die kosmiese bewussyn tussen mense, of die element van "werwondering" vir die kosmos - of een of ander permutasie hiervan.

Dan het die laaste stappie eintlik al gebeur, dit word net versteek, en in mooi postmoderne taal vermom.

14390876
Mar 17th 2011, 10:34 AM
Ek was gister by 'n skepping seminaar in Stellenbosch. Die spreker is 'n Australiese geoloog en hy het heelwat gesÍ oor die invloed wat evolusie leer op die samelewing het. Mense is geneig om te dink dit is nie 'n belangrike kwessie nie en skaar eerder daarvan weg, omdat hulle bedreig voel deur die slim wetenskaplikes wat altyd lyk of hulle antwoorde het. Dis nodig dat ons as 'fundamentalistiese' Christene besluit om meer ons stempel af te druk. As mens op die verdediging gaan, gaan die sekulÍre wÍreld net aanhou aanval. Ek moet sÍ ek self is elke dag geskok van hoe erg die wÍreld geword het. Hoe dit elke dag net erger word. Ook in die kerk. Onlangs weer het Russel Bothma, 'n teoloog en rektor van 'n universiteit, gesÍ : "die Bybel maak 'n fout as dit sÍ die armes gaan altyd by ons wees" so nou hoef ons nie meer te glo wat Jesus self gesÍ het nie. Ons kan daai dele waarvan ons nie hou nie, uitkrap sonder om die gevolge te dra