PDA

View Full Version : Bespreking Woede



Ta-An
Mar 13th 2011, 02:35 PM
Ek het so pas die film :‘The Chaperone’ gekyk, en daarin is 'n kwotasie van Einstein gebruik : “Anger dwells only in the bosom of fools.”

'n Ander kwotasie wat ek in die week gehoor het is : "Anger is cutting... Cutting is self-mutilation. "

Woede is dus om jouself te beseer/ benadeel.

Salomo sę: Spreuke 19:19 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=20&CHAP=19&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=19) Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; en Spreuke 27:4 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=20&CHAP=27&SEARCH=jesus%20king%20lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=4) Woede is wreed,

Hoe hanteer jy (jou) woede?? :hmm:

CFJ
Mar 14th 2011, 08:28 AM
Die beste om woede te hanteer, glo ek is om te besin oor die werklik negatiewe effek daarvan. Mens kan jouself maar toets met byvoorbeeld padwoede. As jy haastig is en doelgerig by 'n plek wil wees, maak ander padgebruikers jou maklik kwaad, maar as jy rustig is en maar die minste is, raak hulle nie eers aan 'n mens nie. Ek moes al leer dat dit goed is om eerder vroeg genoeg te ry as om op die nippertjie weg te spring en so kon ek al vele kere woede vermy, want die rustigheid wat saam mens is, help verseker...

David2
Apr 12th 2011, 04:25 PM
Hier is so 'n kort stukkie (http://kopkrap.bybelglo.com/woede.html) met goeie aanhalings uit die Bybel

Ta-An
Apr 12th 2011, 05:00 PM
Wat doen mens as jy vir God kwaad is??

Tonton
Apr 12th 2011, 09:23 PM
Wys net - woede het baie betekenisse. Met "heilige woede" (soos Jesus wat die handelaars uit die tempel drywe) bly die individu in beheer van wat Hy sę en doen. Woede met haat is moord. Onbeheersde woede gee die duiwel vatplek. En woede teenoor God is irrasioneel, maar tog bevestigend dat daar 'n God is! Hy word net nie geëer of reg begryp nie. Gelukkig ken baie wat weet daar is 'n God, maar wat nie die versoening deur Jesus ken nie (of ontken), nie die Heilige Gees nie - want as hulle Hom laster lei dit tot die dood.

David2
Apr 13th 2011, 03:51 AM
Waarom sal mens vir God kwaad wees? Ek vind dat dit dikwels "ondispensasionele" gedrag is om vir God kwaad te wees. Mense dink (soos in die gereformeerde tradisie) dat ons nou in die koninkryk lewe en dat God in beheer is. God beheer wat in Libië. Egipte, Zimbabwe en die Midde Ooste aangaan. God beheerr wat op my plaas en my besigheid gebeur, ens. En as dinge nie lekker daar uitwerk nie, dan word God maklik blameer. Dit gebeur baie. Hierdie mense kort lering oor die ware feite dat die ganse skepping nou aan die nietigheid en die verganklikheid onderworpe is (Rom. 8) en dat satan nou regeer. Dispensasionele lering oor waar die koninkryk inpas is nodig. Dit behoort te help om kwaadword vir God bietjie in te perk.

RR van Wyk
Apr 13th 2011, 04:51 AM
Waarom sal mens vir God kwaad wees? Ek vind dat dit dikwels "ondispensasionele" gedrag is om vir God kwaad te wees. Mense dink (soos in die gereformeerde tradisie) dat ons nou in die koninkryk lewe en dat God in beheer is. God beheer wat in Libië. Egipte, Zimbabwe en die Midde Ooste aangaan. God beheerr wat op my plaas en my besigheid gebeur, ens. En as dinge nie lekker daar uitwerk nie, dan word God maklik blameer. Dit gebeur baie. Hierdie mense kort lering oor die ware feite dat die ganse skepping nou aan die nietigheid en die verganklikheid onderworpe is (Rom. 8) en dat satan nou regeer. Dispensasionele lering oor waar die koninkryk inpas is nodig. Dit behoort te help om kwaadword vir God bietjie in te perk.

Baie waar. Tuidens die laaste gebeure węreldwyd kry mens dit nogal baie die laaste tyd... waar mense God bevraagteken, juis omdat hulle dit nie mooi verstaan nie. En dan kry mens die ongelowiges en atteiste wat ons uitdaag(mens sien dit al meer gereeld onder artikels en nuusberigte op die internet waar mense komentaar kan lewer)en vra waar is ons God... snaakse tye waarin ons leef..

AndreHa
Apr 14th 2011, 11:36 AM
As mense my kwaad maak, veral mense wat duidelik kan hoor wat ek se, hardloop ek na my Vader toe, en gaan "vent" my frustrasies by Hom. Dan troos Hy my, en ek kan rustig aangaan. Partykeer word ek in die middel van 'n sin gestop, en kom dan agter dat ek weer kalm voel. Om vir God kwaad te wees, is 'n konsep wat ek nie kan begryp nie. Hoe kan mens kwaad wees vir iemand wat jou so hartstogtelik liefhet, dat hy 'n marteldood sal sterf sodat jy kan leef? :confused

Ta-An
Apr 14th 2011, 03:12 PM
Die Here het my so mooi geantwoord regarding hierdie draad...

Wanneer mens se probleem so 'belangrik' raak in jou lewe, dan raak dit soos 'n afgod :o
En ons moet slegs op HOM fokus en nie toelaat dat die jakklse die vrug van die Gees steel en eet nie

Want wanneer dit gebeur.... as woede jou joy steel, dan wen die ou duiwel mos :( .