PDA

View Full Version : Marinade vir hoender-borsies



Ta-An
Mar 13th 2011, 06:58 PM
Gewoonlik koop ek 'n hele paar heel hoenders op 'n slag, en dan sny ek dit in porsies op en ontbeen die borsies voor ek dit bevries..... en daardie dun strepie wit-vleis wat so teen die borskas sit,,,, daardie stukkies is vir my so heerlik!! :yes:

Vandag het ek daardie stukkies witvleis so gemarineer.... en dit was HEERLIK!!


1t (5ml) Tamatie sous
2 takkies vars basielie kruid fyn gekap (omtrent 2E (25ml) fyngekapte basielie)
1 gekneusde knoffelhuisie
2E (25ml) gerasperde vars ui
1t (5ml) sout
1 ml vars gemaalde peper
2E (25 ml) Olyfolie
2E (25ml) Balsamic Asyn

Meng die alles saam en smeer dit oor die hoender
Braai op oop rooster
Geniet!!

Ta-An
Mar 14th 2011, 09:26 PM
:lol: Ek herlees so pas die draad.... en lees :Genade vir Hoenderborsies :o