PDA

View Full Version : Lewende water



Ta-An
Mar 27th 2011, 06:04 PM
Die hooftema van vanoggend se diens was : Lewende water, maar vanuit 'n heel onverwagte hoek bespreek: Die vrou wat kom water skep het by Jakob se put.

Hoe tree ons op teenoor "die vrou" in vandag se samelewing.... word 'sy' deur ons verwelkom in die kerk?
Wie is "die vrou"
Hoe sien Jesus my..... wanneer Hy na my kyk soos na die vrou.

Selfs wanneer ons bang is soos "die vrou" dan kom Hy na ons toe (Sy het gaan water skep wanneer niemand anders by die water-put was nie)
Is ons bang soos "sy" om deur ander geoordeel/beoordeel/veroordeel te word?
Hoe oordeel ons andere??? Deur ons gedrag teenoor hulle !!

"Sy" s: Johannes4:25 .....: Ek weet dat die Messas kom, Hy wat Christus genoem word. Wanneer Hy kom, sal Hy ons alles verkondig.

God openbaar Homself deur Christus aan "die vrou"...... Johannes 4:26 Jesus s vir haar: Dit is Ek wat met jou spreek! :10 Jesus antwoord en s vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou s: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.

Wanneer God in ons openbaar gemaak is, sal Lewende water deur ons vloei...

En natuurlik toe die Ds eindig met : "Fill my cup and make me whole" ...... toe was die trane my ogies skoon :D

Ta-An
Mar 27th 2011, 06:10 PM
Nou dink ek sommer willekeurig aan die rots in Horeb waaruit die lewende water gestroom het.....is ons partykeer so hard soos 'n rots en moet eers 'n skok nodig h voordat ons lewende water kan laat voortspruit.....

Psalms 139:23 Deurgrond (search) my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

Johnny
Mar 28th 2011, 09:49 AM
En natuurlik toe die Ds eindig met : "Fill my cup and make me whole" ...... toe was die trane my ogies skoon

Ons tema gisteroggend was: "Moenie ween nie". Jy sien, trane kan ons oe verdof sodat ons nie Jesus kan raaksien nie. Dit het gebeur met Maria toe sy by die lee graf kom. Sy het Jesus afgemaak as die tuinier want sy was bedroef, het gehuil! Toe Jesus haar naam noem, toe weet sy dit is Jesus. Dit was ook so met die Emmaus gangers. Hulle was in 'n groep......baie bedroef, maar het Jesus nie herken nie.

Dit is wat baiekeer in ons eie lewe gebeur wanneer ons deur moelilike tye gaan. Ons word bedroef en ween......sodat ons Jesus nie kan raaksien nie.

Ta-An
Mar 28th 2011, 05:34 PM
Johnny..... ek weet dat my trane opskryf is in die hemel....

,,,hulle is gesaai, en met jubelling is hulle gemaai.

mari
Mar 29th 2011, 10:11 AM
die kortste vers in die Bybel ?

....Jesus het geween ........