PDA

View Full Version : Bespreking Geheime wat ons dra.



Johnny
Apr 5th 2011, 07:37 AM
Na afloop van die boek (Missioning) van MC wat ek gelees het, het die volgende by my opgekom. Dra elkeen van ons nie iets saam met ons wat ons nie graag wil he ander moet van weet nie? Iets wat ons in die geheim doen, dit kan selfs oop en bloot wees sonder dat ons daarvan bewus is......dit kan groot wees....of ietsie kleins.:(

Effesiers 5:12 "Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem."

Miskien is dit iets wat jy gedoen het toe jy nog 'n sondaar waas en na jare maak dit skielik weer sy verskeining.:B

Lees gerus die hele Effesiers 5. Dit praat van "lawwe" praatjies tot "hoerery". Dit sluit dus "groot" en "klein" dingetjies in. Ek is skuldig hieraan. Hoe lyk jou saak? Miskien dink ons: "Ag......dit is so klein en nietig dat dit nie noemsenwaardig is nie", maar nie volgens Effesiers 5 nie.

Is dit nie wonderlik dat die Here ook sommer in dieselfde gedeelte dan ook die antwoord gee hoe om daarmee te deel nie.:pray:

Son of the South
Apr 5th 2011, 08:32 AM
Die Bybel sę mos ons moet mekaar ons sondes belei. Ek glo mens moet jou hele lewe blootlę aan iemand (daarmee bedoel ek nou 'n mens). Wie daardie iemand moet wees, is 'n baie goeie vraag. Mens kan tog nou nie vir enige persoon en elke persoon gaan vertel van al jou sondes nie, want dit sal nie daardie persoon stig nie. Ek glo dit hoef ook nie net een persoon te wees nie, maar as mens die somtotaal van al die mense vat is my hele lewe blootgelę so ver ek weet.

Ek en my vroutjie glo ook mens kan nie geheime vir mekaar hę binne 'n huwelik nie. Ons weet alles van mekaar af: van waaruit die Here elkeen van ons moes kom uitred voor die huwelik en selfs al die skandelike misstappe sedertdien.

Ta-An
Apr 5th 2011, 09:44 PM
Is die geheim wat jy rond dra nie maar jou kruis nie ??
Dit hoef mos nie sonde te wees nie,,,, dit kan jou swaarkry wees, die trane wat net die Here alleen van weet.

Van kleins af al weet ek dat die Here ons trane in 'n botteltjie opvang..... en wanneer dit so reen, dan wonder ek soms wie se botteljie trane omgeval het:hmm:

Johnny
Apr 6th 2011, 05:16 AM
Is die geheim wat jy rond dra nie maar jou kruis nie ??
Dit hoef mos nie sonde te wees nie,,,, dit kan jou swaarkry wees, die trane wat net die Here alleen van weet.

Van kleins af al weet ek dat die Here ons trane in 'n botteltjie opvang..... en wanneer dit so reen, dan wonder ek soms wie se botteljie trane omgeval het:hmm:

Het nognie so daarna gekyk nie, maar dit maak ook sin vir my op hierdie stadium in my lewe.

Johnny
Apr 6th 2011, 07:17 AM
Die Here is getrou, waaragtig!. Ek het die afgelope 2 dae van iemand in ons gemeente 2 dagstukkies ontvang. Dit was net vir my bedoel, maar ek glo ander kan hierby baat vind.



Trek Christus aan.

Rom. 13:14 Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.

Nadat Adam en Eva in sonde geval het in die tuin van Eden, het hulle ontdek dat hulle nakend is en het weggekruip vir God. God het hulle beklee met diervelle om hulle naaktheid te bedek. Hy het hulle naaktheid toegemaak met klere. sodat hulle nie skaam hoef te wees nie.Net soos ons ons klere aantrek, moet ons Jesus ook aantrek, om ons te beskerm teen die sonde. Beklee jou verstand met die Woord van God en bedink die dinge wat daarbo is en nie wat hier op die aarde is nie.(Moet net nie so heavenly minded raak, dat jy niks beteken vir God, hier op aarde nie). Paulus waarsku ons om nie voorsorg te maak vir die vlees nie. As ek by die deur uitstap, kan ek dit nie verhelp, as n voetjie skielik op my kop kom sit nie, ek kan hom egter stop, om op my kop nes te maak. Verkeerde gedagtes flits heeldag deur 'n mens se kop, maar ons moet dit nie losies aanbied nie. Ons gesindheid moet wees, Ek is met Christus beklee en hou maar verby duiwel, soek n ander plek om nes te skrop. Soos jy jouself beklee met Christus, sal jy net sterker staan teen die begeerlikhede van die vlees en wandel in oorwinning.

Gebed: Vader, ek wil Jesus aantrek soos ek my klere aantrek. Ek wil my bedek met Christus, sodat satan geen vatplek aan my sal kry nie, in Jesus naam. Amen.




'n Nuwe kleed.

Jes. 61:3 om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, ‘n gewaad van lof vir ‘n verslae gees.

Gister het ons onself 'beklee' met Christus. Hoe lyk u 'kleed' vandag en ek praat nie van jou fisiese klere nie. Baie mense is 'bekleed' met depressie, moedeloosheid en teleurstellings. Lę die probleme soos 'n swaar nat kombers op jou gemoed? Miskien kom u so pas uit 'n baie 'seer' situasie en alles lyk so donker. God wil vir jou vandag 'sieraad gee vir as', Hy wil vir jou 'vreugdeolie' gee vir jou treurigheid, en boweal wil hy vir jou 'beklee' met lof, vir jou verslae gees. Daar is 'n tyd om te treur, maar God wil jou aantrek met lof en lofprysing. Hy wil jou optel uit die donker gat van hopeloosheid en jou voete plaas op 'n pad van vreugde en oorwinning.Vandag is die dag om 'nuwe klere' aan te trek. Toe my sussie so ongeveer 5 jaar oud was, het my ma vir haar 'n paar pragtige nuwe wit skoentjies vir haar verjaarsdag gekoop. Daardie hele dag het sy vir almal wat ons teëgekom het gesę, 'Kyk tog my mooi nuwe skoene". As ouboet van 10 jaar oud, het ek so skaam gekry as sy dit doen, maar sy het nie omgegee nie, sy het net met die nuwe skoene gespog. God gee jou 'n 'nuwe kleed' vandag, jy kan maar bietjie daarmee spog (getuig).

Gebed: Baie dankie Vader, dat u my so liefhet om vir my hierdie nuwe kleed van lof te gee, vir my verslae gees. Ek dank u in Jesus naam.Amen.

Ta-An
Apr 6th 2011, 11:28 AM
Dankie vir die plasing Johnny..... ons is juis besig met die wapenrusting van God....

Johnny
Apr 7th 2011, 06:03 AM
Tonton, hierdie dagstukkie vanoggend ontvang. Dit kan mos net onse God wees wat so kan werk? En dit spesiaal vir ons almal op die forum, deur iemand wat nie eers weet hierdie forum bestaan nie of waaroor ons praat nie.
:pray:


Leef in vrede.

Rom.12:18 as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

Het jy geweet, daar is krag daarin, om in vrede te leef met die mense rondom jou? As daar twis en tweedrag in jou lewe is, gee dit aan die vyand 'n oop deur om in te kom. As daar egter vrede en harmonie in jou lewe heers, plaas dit jou in n posisie van krag. Om in vrede te leef met die mense rondom jou, beteken nie noodwendig dat jy met alles saamstem, wat hulle se en doen nie. Al wat dit beteken, is dat jy deur die liefde wandel, jy is geduldig, vriendelik, nie jaloers of afgunstig nie, maar verdraagsaam en liefdevol (Ek weet, dis partymaal maar n bietjie moeilik). So ver dit van jou afhang, probeer om in vrede te leef met almal wat jy mee in aanraking kom, en die Here sal jou seen daarvoor. As jy regtig vrede nodig het, vra die Here sommer nou, sodat vrede uit jou kan straal na hulle rondom jou. Jou kalmte en vrede sal jou laat optree uit n posisie van krag en oorwinning, want die Here is dan met jou.

Gebed. Vader ek bid vir vrede en kalmte in my gemoed, sodat dit sal uitstraal na almal rondom my, in Jesus naam. Amen.

Tonton
Apr 8th 2011, 02:03 PM
Johnny,

Die Here is getrou, en bevestig wanneer ons binne Sy wil optree. Dankie dat jy die gedeel het.

Is Vader se tydsberekening nie absoluut perfek nie?

Groete,
Anton