PDA

View Full Version : Bespreking Laat die ou mensies weer sing!

Johnny
Apr 12th 2011, 06:04 AM
Ons het Sondag oggend 'n kosbare diens gehad. Ek staan al vir 10 jaar elke diens by die deur en ontvang die mense soos hulle inkom. Ek is deel van die voorsangers. Hierdie oggend egter het die ou mensies by die deur gestaan, hulle het die voorsang gelei......selfs vir ons 'n groep sang gebring. Ons senior ouderling het die boodskap gebring. Hulle het die kollekte opgeneem. Dit was so AWESOME!

Ek het met trane in my oe na die diens geluister, gepas vir die uur waarin ons leef. Ek sal dit op my webblad plaas sodra ek die DVD ontvang het.

Ja.....anders as in baie kerke vandag kan die ouer mense nie meer by die musiek byhou nie. Dit gaan nou 'n jaarlikse instelling word...so 1 of 2 keer per jaar.

Son of the South
Apr 12th 2011, 06:57 AM

Wat 'n wonderlike voorreg om in 'n gemeente te wees waar die lidmate tot volwassenheid gelei word!
Want hoewel julle vanweŽ die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie. Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is. Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoŽns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.
(Heb 5:12-14)