PDA

View Full Version : Komk ons brei



Ta-An
Apr 27th 2011, 04:10 PM
Met winter voor die deur, en mense met koue hande, en jy kan nie werk met handskoene oor jou vingers,,,,

Wel hier is 'n wen 'resep' vir vingerlose handskoene

Stel 46 steke op, brei 26 rye rib steek... (R1, AwR 1) met 2,75mm naalde
Gebruik nou 4mm naaldeen Brei 26 rye kous steek
brei 6 rye rib weer met 2.75 mm naalde
werk kort rib gedeelte toe en dieselfde lengte op die kouse steek ook.
Los 'n spasie oop om die duim in te pas, en werk die lang rib gedeelte toe, saam met 'n stukkie kous-steek gedeelte ...

En Voila!! Warm hande vir die winter :)

:idea:
Pos fotos van jou brei-ery :D

trudie
Apr 27th 2011, 06:19 PM
Wat van lekker warm kouse.

Ta-An
Apr 27th 2011, 10:23 PM
Wat van lekker warm kouse.

Pos die patroon :D

trudie
Apr 28th 2011, 05:45 AM
Ek sal my dogter moet vra om te help,ek is nie so kundig met die rekenaar nie.Watter soort patroon .Ek het baie van kous steek tot met kant patroon.As jy belangstel kan ek vir jou 'n web tuiste adres stuur wat geskep is vir brei en hekel.Dit is engels maar die opsie en keuse van wat jy kan brei is baie en as 'n mens raad nodig het is is daar forums vir omtrent alles.Daar is ook mense wat weef en hulle eie wol spin en merino kous wol is lekker vir handskoene en eintlik net wat 'n mens kan brei.

MercyChild
Apr 28th 2011, 09:04 AM
An, kan jy my leer!!!! Almal wys my hoe dit lyk, maar griet ek kan nie brei om my naam te red nie!!! Asb.....leer my!

trudie
Apr 28th 2011, 09:23 AM
Ek het ook geleer om te brei so 3jaar gelede en die webwerf wat ek gebruik het is ravelry.com( ek hoop ek mag dit noem)Jy sluit aan en soek dan groepe waarvan jy hou.Daar is te veel om op te noem.Hulp is altyd volop.Jy kan ook volgens lande soek en wat jy ookal in gedagtig het.Daar is baie Suid Afrkaners en hulle is baie gaaf.Patrone is daar in oorvloed,meeste is gratis en sommiges moet jy koop.Daar is ook moderators en hulle het ook riglyne om die groepe skoon te hou.

Ta-An
Apr 28th 2011, 09:25 AM
An, kan jy my leer!!!! Almal wys my hoe dit lyk, maar griet ek kan nie brei om my naam te red nie!!! Asb.....leer my!

1, 2, 3 :) .

MercyChild
May 4th 2011, 08:35 AM
1, 2, 3 :) .
Hmmm, wat sal dit beteken. Bring ek die brei naalde volgende keer as ek kom kuier???

Ta-An
May 4th 2011, 09:11 AM
Hmmm, wat sal dit beteken. Bring ek die brei naalde volgende keer as ek kom kuier???

Net so ja.... :D

MercyChild
May 4th 2011, 09:16 AM
Net so ja.... :D

Hou my dop.......se die een skilpad vir die ander!!!