PDA

View Full Version : Vrou geskiet 'terwyl sy wiel omruil'



Ta-An
Apr 29th 2011, 07:09 PM
Vrou geskiet 'terwyl sy wiel omruil' (http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/1993/01/26/6/28.html)

MET 'n koel in haar onderlyf het 'n jong vrou hospitaal toe gejaag
nadat sy na bewering deur 'n man in 'n verbygaande minibus geskiet
is terwyl sy haar motor se pap wiel omgeruil het.
Die koel, wat deur haar dik- en dunderm getrek en kort voor
haar rugstring gestop het, is gister in 'n operasie in die
Wilgers-Hospitaal in Pretoria uitgehaal.
Mej. Judith van der Merwe (28) het eergisteraand omstreeks
elfuur in Hans Strijdomlaan naby Die Wilgers 'n pap wiel van haar
motor omgeruil toe 'n wit minibus volgens haar by haar verby ry.
'n Man in die minibus het haar na bewering in die maag geskiet,
het maj. Andrew Lesch, skakeloffisier van die Polisie in
Noord-Transvaal, ges.
Sy het glo haar eie 38-rewolwer uitgepluk en teruggeskiet,
waarop die minibus na bewering weggejaag het.
Mej. Van der Merwe het self na die hospitaal daar naby gery,
waar sy in 'n kritieke toestand opgeneem is.
Sy was gister in 'n stabiele toestand in die waakeenheid van
die hospitaal, maar kon nog nie oor die skietery praat nie.
Die Polisie ondersoek 'n saak van poging tot moord.

Ta-An
Apr 29th 2011, 07:11 PM
BEELD: Vrou wr in oprit by huis aangeval
Leave a comment

Vir Beeld deur Hilda Fourie

Huisrowers het ’n Pretoriase vrou gisteroggend in haar oprit geskiet toe sy haar handsak in haar motor wou bre.
Mev. Rienie van der Linde (62) is in die linkerbobeen getref en hospitaal toe geneem.
Skaars vier maande gelede het rowers Van der Linde op dieselfde plek by haar huis in Annlin, in die noorde van Pretoria, oorval en aangerand. Hulle het haar arm potblou geslaan.
Anders as gisteroggend kon sy destyds daarin slaag om haar handsak uit haar aanvallers se hande te hou.
Gisteroggend het hulle met haar handsak en ’n skootrekenaar weggekom.
Mnr. Frik van der Linde (72) het vertel sy vrou ry elke oggend omstreeks 05:30 werk toe.
“Nadat Rienie destyds aangeval is, stap ek of my dogter gewoonlik saam met my vrou buitentoe om seker te maak alles is reg en om vir haar die hek oop te maak.
“Ek weet nie hoekom het ons dit nie vanoggend (gisteroggend) gedoen nie. As ons het, het hulle ons miskien ook geskiet.
“Toe my vrou by haar motor kom, het een haar getackle. Sy het begin skree. Dis toe dat hy haar skiet.” Mev. Van der Linde kon wegkom van haar aanvaller en het na die voordeur gehardloop.
Sy het die klokkie gelui en vir haar man ges hy moet vir haar oopmaak, want sy is geskiet.
Die Van der Lindes se dogter, Marlisa (34), was besig om haar bed op te maak toe sy die skoot hoor.
Sy het na die agterdeur gehardloop waar die man wat haar ma geskiet het, reeds met sy vuurwapen gestaan het.
“Ek het gekoes die oomblik toe hy sy vuurwapen in my gesig gedruk het,” het Marlisa ges.
“Nog een, wat nie ’n vuurwapen gehad het nie, het vir my ges ek moet ‘sssjjj’. Hy het in die huis ingeloop, die skootrekenaar geneem en weer uitgeloop.”
Die twee rowers het oor die erf se vurktandheining gespring en deur ’n oop erf langs die Van der Lindes s’n gevlug.
Mnr. Van der Linde het al lank ’n probleem met di erf omdat dit toegegroei is en booswigte volgens hom daar wegkruip.
Rowers het hom sowat twee jaar gelede in sy bed oorval, aangerand en vasgebind.
Mnr. Ben Wannenburg, wyk*raadslid, het ges hy is bewus van die probleem met di erf. Hy het onderneem om dit met die polisie en die Tshwane-metro op te neem om dit te laat skoonmaak.
Kapt. Pinky Tshinyane, Gautengse polisiewoordvoerder, het bevestig ’n saak van huisroof word ondersoek
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vrou-weer-in-oprit-by-huis-aangeval-20110324

Ta-An
Apr 29th 2011, 07:14 PM
Polisielid skiet vrou glo dood n sy in vangwa vasry

2011-04-28 00:15

Artikelopsies
Deel
Kry Die Burger op



Wolfram Zwecker


Johannesburg - n Polisieman het n vrou na bewering Dinsdagaand in haar motor by die Kempton Park-polisiestasie doodgeskiet nadat sy teen n vangwa gebots het.
Mev. Jeanette Odendaal (45) is verskeie kere op n kort afstand geskiet en is in haar motor dood, het die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD), die waghond wat polisievergrype ondersoek, gister in n verklaring ges.
Die 38-jarige polisieman, n sersant, is in hegtenis geneem en sal vandag of mre op aanklag van moord in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
Di voorval kom minder as twee weke nadat die optrede van polisielede tydens n protesoptog oor dienslewering in Meqheleng, Ficksburg, glo tot die dood van mnr. Andries Tatane, n Cope-verkiesingskandidaat, gelei het.
n Groep polisielede, onder wie lt.kol. Kanathasen Mansamy, bevelvoerder van die openbare-orde-eenheid van die polisie, word weens die voorval aangekla.
Die jongste voorval het volgens die OKD Dinsdagaand omstreeks 20:30 gebeur.
Volgens Die Burgerse inligting wou Odendaal n klag van rusverstoring by die polisiekantoor in Monumentweg gaan indien. Sy het blykbaar gesukkel om te parkeer en het in die proses teen die stilstaande vangwa gebots.
n Motorwag wat dit gesien gebeur het, het in die polisiekantoor ingehardloop en dit blykbaar vir die polisielede vertel.
Die sersant het uitgestap en die vrou glo op n kort afstand doodgeskiet nog voordat sy uit die motor kon klim. Hy is kort daarna in hegtenis geneem.
Kapt. Jethro Mtshali, polisiewoordvoerder van Kempton Park, het bevestig die vrou het in Aston Manor, slegs n paar kilometer van die polisiekantoor, gewoon.
Luidens die OKD-verklaring is dit nie bekend of daar n woordewisseling tussen Odendaal en die sersant was nie.
Lt.kol. Tshisikhawe Ndou, provinsiale polisiewoordvoerder, het in n verklaring ges dit is in di stadium onbekend wat presies tot die dodelike skietery aanleiding gegee het.
Die DA het in n verklaring ges hy is diep geskok oor die tweede voorval binne twee weke waarin mense blykbaar weens polisie-optrede dood is.
Die party is bly die polisieman is so vinnig n die skietery in Kempton Park in hegtenis geneem en dat die saak dadelik vir verdere ondersoek aan die OKD oorhandig is, lui die verklaring.

- Die Burger (http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisielid-skiet-vrou-glo-dood-na-sy-in-vangwa-vasry-20110428)
http://www.dieburger.com/Suid-Afrika/Nuus/Polisielid-skiet-vrou-glo-dood-na-sy-in-vangwa-vasry-20110428

Ta-An
Apr 29th 2011, 07:16 PM
:help:21 Mei??
Ons moet maar elke dag gereed wees om HUIS toe te gaan :idea: Die Polisie skiet selfs onskuldiges dood :B

RR van Wyk
Apr 30th 2011, 08:38 AM
Die ergste van alles is daar is 'n toename in al hierdie dinge.. nog erger is dat mens deesdae amper daagliks hoor van mense wat hul eie geliefdes , hul eie gesinne en hulself uitmoor. Hoe maak mens sin van al hierdie dinge?

Johnny
Apr 30th 2011, 10:27 AM
Die ergste van alles is daar is 'n toename in al hierdie dinge.. nog erger is dat mens deesdae amper daagliks hoor van mense wat hul eie geliefdes , hul eie gesinne en hulself uitmoor. Hoe maak mens sin van al hierdie dinge?

Dit gaan beslis erger en erger word.
Klip in die bos: "Ek dog dit gebeur net met plaas aanvalle en boere"?