PDA

View Full Version : BELANGRIK Bid vir Mia asseblief



CFJ
May 5th 2011, 09:36 PM
Ek wil vra dat julle regtig erns sal maak in julle gebede vir Mia. Dit gaan nie goed met haar nie en sy is baie bekommerd oor 'n hele paar dinge. Bid vir haar huwelik, ook vir 'n heenkome of alternatiewelik 'n uitkoms in hul huidige omstandighede vir haar en haar man. Ek wil liefs nie te veel detail gee op hierdie stadium nie, maar kan net sÍ dat haar beproewinge regtig aan uiterstes grens en my hart gaan uit na haar. Sy is 'n besonderse mens en het ons almal se gebede nou baie nodig! :hug: :pray: :pray:

Ta-An
May 5th 2011, 10:16 PM
Mag die Here sy engele opdrag oor julle beskerming gee :pray:

trudie
May 6th 2011, 05:07 AM
Ek bid ook saam dat die genade van God Mia sal toevou en beskerm.

CFJ
May 6th 2011, 06:57 AM
Almal wat die Here ken, sal weet dat mens nie bekommerd hoef te wees nie en dat daar 'n bomenslike vrede beskikbaar is vir enige iets wat mens se pad mag kruis. Soms voel dit egter of dit hierdie keer anders is, maar dit is nooit anders nie en dit is 'n gebed wat mens graag vir Mia wil bid, dat sy sal berus daarin dat die Here haar nie sal los nie, nie sal verstoot nie, maar dat Hy met baie liefde, intensie en passie haar sal beskerm en bewaar... en dat Sy almag hierin volmaak en volkome is en altyd seŽvierend is!

Die Filadelfieer
May 6th 2011, 07:06 AM
Ek bid dat die Here haar sal lei en rustigheid gee.

MercyChild
May 6th 2011, 08:40 AM
Ek bid dat God saam met haar sal beweeg met elke tree wat sy gee. Mag Hy haar die wysheid, bemoediging, en krag gee om elke storm te deurstaan.

protea
May 8th 2011, 04:36 PM
Hemelse Vader,
Omvou ons liewe vriendin met U liefde , genade en beskerming. Gee U vir haar die insig en wysheid en onderskeiding wat sy benodig. In Jesus se Naam!

Johnny
May 9th 2011, 11:55 AM
Die toring van Pizza le skuins....omdat die bouers fout gemaak het met die fondasie. Mia, as ons fondasie reg is, kan niks jou omkeer nie.

http://www.waynealexander.net/wp-content/uploads/2009/12/leaning-tower-of-pizza-240x300.jpg

Wie is ons fondasie....Jesus Christus. Hou vas Mia, hou vas. Ons almal kan niks sonder daai fondasie doen of staande bly nie. Hy is die rots op wie ons bou.

Matteus 7:24 "Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met Ďn verstandige man wat sy huis op die rots gebou het."

Mia Ashton
May 12th 2011, 05:28 PM
Aan al my geliefde ligvriende,
Net baie dankie aan julle almal wat vir my bid in hierdie besondere moeilike tyd. Dit voel of ek in 'n storm is en somtyds kan ek skaars bid. Kan ek vra dat julle steeds sal bid en vergewe my dat ek nie op die staduim besonderhede kan verskaf nie. Glo net dat ek deur julle die liefde en die nabyheid van ons Hemelse Vader ervaar.

Julle gebede is soos 'n warm kombersie in en om my hart en ek lees dit wanneer wanhoop van my besit wil neem.

Baie liefde en seen vir julle.
Al my liefde
Mia

Son of the South
May 12th 2011, 05:40 PM
So goed om jou liggie te sien brand, Mia. Hou goeie moed en hou vas aan die geloof. :hug:

Ta-An
May 12th 2011, 05:43 PM
Aan al my geliefde ligvriende,
Net baie dankie aan julle almal wat vir my bid in hierdie besondere moeilike tyd. Dit voel of ek in 'n storm is en somtyds kan ek skaars bid. Kan ek vra dat julle steeds sal bid en vergewe my dat ek nie op die staduim besonderhede kan verskaf nie. Glo net dat ek deur julle die liefde en die nabyheid van ons Hemelse Vader ervaar.

Julle gebede is soos 'n warm kombersie in en om my hart en ek lees dit wanneer wanhoop van my besit wil neem.

Baie liefde en seen vir julle.
Al my liefde
Mia

:hug: X 1 000 000
Nets soos met Lukas Maree