PDA

View Full Version : Hoeveel motte op jou Lig?



Johnny
May 13th 2011, 09:46 AM
9723

Dit klink na 'n vreemde onderwerp. Het jy al in 'n donker vertrek ingestap en die lig aangeskakel? Daar is geen motte op die lig nie.......maar gee kans, nie lank nie dan is al wat 'n mot is daar, om hitte te soek.

Deur ons lewenswyse kan ons ook die "motte" van hierdie wereld aantrek.....na die Lig. Hoe leef ons as christinne buite die Forum.....of buite die kerk op 'n Sondag? Trek ons sondaar aan of stoot ons hulle net verder weg van die Woord van God?

Daar is natuurlik ook 'n gevaar vir motte. As die lig te warm is.....dan kan hulle verbrand. Hoe kan ons Lig dan nou "motte" verbrand? Julle sien, as ons sondaars aantrek na die Lig deur ons lewenswyse dan is dit 'n goeie ding, maar ons kan ook maak dat hulle verbrand deur voor te gee ons is christinne.....en dan leef soos die duiwel. Dan verbrand ons hierdie siele, wat vir die Here kosbaar kon wees. M.a.w.....moenie dat die duisternis jou lig oorweldig nie.

Job 22:28 Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou we skyn n lig.
Mat 5:16 Laat julle lig s skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
Joh 1:5 En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.
2Co 4:6 Want God wat ges het dat daar uit duisternis lig moet skyndit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus.

Komaan....laat ons ligte skyn hierdie naweek waar ons ookal beweeg, en laat die volgende vers NOOIT op ons van toepassing wees nie.

Rev 18:23 En die lig van n lamp sal nooit meer in jou skyn nie, en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word nie;

RR van Wyk
May 14th 2011, 08:53 AM
Die probleem is hoe trek ons motte aan sonder om ons lig te verander om die motte te pas? Dan weer, die wreld wil liewwer h dat ons ons lig toegooi, ons lig is nie so aantreklik vir motte soos ons graag wil h dit moet wees, want hoeveel sal hulle moet prysgee?

Johnny
May 14th 2011, 04:47 PM
Die probleem is hoe trek ons motte aan sonder om ons lig te verander om die motte te pas? Dan weer, die wreld wil liewwer h dat ons ons lig toegooi, ons lig is nie so aantreklik vir motte soos ons graag wil h dit moet wees, want hoeveel sal hulle moet prysgee?

Jesus was ook nie baie "aantreklik" vir die wereld nie, maar Hy het nooit opgehou om Sy Lig te laat skyn nie......tot aan die Kruis.