PDA

View Full Version : Beetslaai resep



Ta-An
May 19th 2011, 02:41 PM
Ek is op soek na 'n Beetslaai resep soos my Ma dit gemaak het...

Daar was Maizena in, dis al wat ek kan onthou want dit het so lekker sousie gemaak....
Sy was besig om haar resepte Boek oor te skryf en het nie klaar gemaak nie.... en die ou boek is weg!!

Weet jy hoe?? :hmm:

Hier is die resep wat ek gebruik:

(Kook Beet sag, skil en rasper)

2 Opgehoopte diepborde gaar gesrasperde beet
1 Opgehoopte diepbord rou ui
6K Suiker
2E Kerrie poeier
Sout en Peper (genoeg)
4K Asyn
3E Maizena

Kook alles saam tot gaar,
Bottel warm
Baie Lekker