PDA

View Full Version : BELANGRIK 'n Boodskap aan almal wat Harold Camping/Johannes Coetsee se leringe gevolg het.



Ta-An
May 21st 2011, 06:56 PM
Jy het seker hierdie Forum gevind omdat jy op soek is na antwoorde oor hoekom die voorspelling van 21 Mei 2011 nie gematerialiseer het nie.
Ek is seker dat jy baie verward is, maar wees gerus, jy het nie die HERE se wederkoms gemis nie.
Harold Camping is nie 'n man wat God se spreekbuis is nie.
Hierdie draad is vir jou om te help antwoorde vind op die baie vrae wat jy nou het.

Ons verwelkom jou hier om hoop dat jy hier antwoorde op jou vrae sal vind.

Tonton
May 23rd 2011, 02:28 PM
Onthou, selfs Jesus het nie geweet wanneer die wederkoms is nie.

Wie ookal dink hy weet meer as Jesus sit die pot mis.

Verwag nou dat die ouens gou met 'n nuwe kinkel sal vorendag kom - bv. dat God Sy hart versag het en die wederkoms uitstel, of so iets. As Vader sÍ Hy gaan doen, doen Hy!

Vermy hierdie valse profete, en hang die Woord aan. Jesus is die Woord wat vlees geword het.

Anton