PDA

View Full Version : Afrikaanse kind en seks



Die Filadelfieer
May 27th 2011, 06:31 AM
Skokende syfers (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Afrikaanse-kind-en-seks-20110526)is hierdie week deur Solidariteit Helpende Hand bekend gemaak. Kyk gerus na die redes wat hulle aanvoer vir die stand van sake.....



Minstens 43 uit n groep van 189 Afrikaanse gr. 11- en gr. 12-leerlinge het al seks gehad.

Van di 43 het 10% meer as een keer per week seks, 5% een keer in twee weke, 26% een keer n maand, 21% net as hulle dronk of andersins bedwelm is en 38% het nog net een keer seks gehad.

Van die 43 het 1% al seks met iemand van dieselfde geslag gehad, 1% het dit al oorweeg om geld vir seks te aanvaar, 3% het dit al oorweeg om vir seks of pornografie te betaal en 2% het al n ontkleeklub besoek.

So lui n studie wat deur Solidariteit Helpende Hand oor die verbrokkeling van Afrikaanse gesinne gedoen is.

Volgens die studie is kinders se morele waardes onder druk weens gesinsverbrokkeling.

Die gemiddelde aantal ure wat ouers by hul kinders deurbring, het met 10 tot 12 uur per week afgeneem, lui die studie.

n Afname in ouertoesig skep by baie kinders n verlatingsindroom wat verantwoordelik is vir die toename in kinderdepressie, jeugmisdaad, selfmoord en verval in morele waardes.

38% van die deelnemers was al dronk. Van di groep het 39% se ouers geweet hulle was dronk.

Van di wat al dronk was, is 4% meer as een keer per week dronk, 10% een keer in twee weke, 58% is een keer n maand en 28% was nog net een keer dronk.

Daarby het 60% van die leerlinge al n waterpyp (hubbly bubbly) gerook, terwyl 12% al dagga, crack, ecstasy, kokaen, magic mushrooms of tik gebruik het.

Een uit elke drie kinders word in n gebroke huis groot, lui die studie. 28% van die deelnemers se ouers is geskei. Di getal het meer as verdubbel sedert 2002, toe n soortgelyke studie gedoen is. Toe was 13% van die deelnemers se ouers geskei.

Volgens die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, wat ook onlangs n studie oor gesinne gedoen het, word 18 miljoen kinders in Suid-Afrika sonder n pa groot.

Egskeiding is een van die redes wat kinders gee vir hul depressie, lui die Helpende Hand-studie. Die ander redes is dat kinders in die middel van ouers se bakleiery geplaas word en skoolwerk wat toeneem.

57% van die kinders het ges hulle voel soms depressief, terwyl 45% al aan selfmoord gedink het, 22% selfmoord as uitweg oorweeg het en 10% al een of meer keer probeer selfmoord pleeg het.

Kinders leer in die raamwerk van die gesin om die morele les volgens die motivering en rede in hul daaglikse praktiese lewe te integreer.

CFJ
May 27th 2011, 06:52 AM
Iets wat 'n werklikheid is, is dat wanneer huwelike val, samelewings ontwrig word. Die praktyk leer dit en ek is in myself 100% oortuig dat die huwelik 'n baie sentrale dogma in die Skrif is en behoort te wees, wat nie altyd die plek geniet wat dit verdien nie.

Francois Marais
Jun 9th 2011, 06:53 PM
Dit is regtig hartseer, veral omdat Vader my 'n hart vir kinders gegee het. Ek wonder net hoe baie van die kinders verwerpings probleme ondervind. Hoe baie van hulle hardloop eerder na die skepping as die Skepper (soos Perry Stone dit plaas)

En ek moet eerlik s ek dink dit is veel erger as wat die statestiek toon. As voorbeeld weet ek van skool kinders wat al op laerskool in die "het al saam met meer as een persoon geslaap" (en dit sluit verkragting en molistasie uit) groep kom. En dit is nie net een gesin nie. En ook nie uit een area uit nie.

Ongelukkig kan ek ook getuig dat ek in std 5 my eerste lokval geval het, met 'n skool vriend wat my in die selfde geslag ding ingepraat het (groepsdruk maak nie mooi met 'n mens nie) hy het ook al in 1995 meer as een "partner" gehad. Gelukkig het Vader my daar uit geruk. In std 4 net ter inligting het die meisie wat ek 'n verhouding mee gehad het, my een aand gevra om saam met haar te slaap. (gelukkig het ek nie in daai lokval geval nie) maar dit was omdat haar vriendin van wat 11 'n verhouding gehad het met 'n ou in Std 8 wat nie gebly het by handjies vashou nie! Ek dink vandag se kinders praat meer uit.

Ek dink as ons ouers regtig weet wat aangaan, dan sal ons die kinders van vandag eerder by die huis groot maak as by die skool. En ja, pappa en mamma was meer by die werk as by die huis in my geval, en verwerping het mooi ingeklim en my lewe uitmekaar geruk en in vlarde gelos. So ouers, voor jy daai (jammer vir die woord) vervlakste TV aansit en jou plant voor daai spreukbuis van satan, gaan sit eerder met jou kinders en praat met hulle. Bou verhouding met hulle. Maak jou kinders groot, en moet nie dat die TV en seks jou kinders groot maak nie.

satan vervoes die gesin mense! As julle in PTA is, en Impact geluister het so 11 uur se kant vandag, sou julle gehoor het, hoe baie pappa's hulle gesinne verlaat om agter plesier aan te hardloop!

Ons moet regitg bid vir vandag se kinders. Ek dink dit wat ek in 1994 - 1996 beleef het op skool is maar 'n stukkie van wat ons vandag ondervind. Ek kan net bid dat die kinders sal sien wat hulle aan hulle self doen, en dat satan se planne tot 'n einde sal kom....

Net nog 'n geval wat ek mee gewerk het. 'n kind wat in Std 8 was het my een aand erken dat sy 'n kind wil h. En dat hulle seks gebruik om mekaar te bewys van liefde (ek weet ek het al in daai een ook vasgeval - ongelukkig) Daai ding van liefde maak is loutere snert! Mens maak nie liefde nie. Mens bevredig net die vlees! Vertrou my. As mens klaar is met daai persoon gaan hy of sy net plesier op 'n ander plek soek. En jou ou maat of vriendin wat dit lees... Vertrou my. Dit is nie daai 30 sekondes of drie ure werd nie. Jy gaan die res van jou lewe daai wond saam jou sleep (en ja Vader kan dit genees, maar glo my dit bly nog seer) Vader het nie ons gemaak om mekaar se lust te bevredig nie. Ons moet Vader verheerlik mense, nie onself nie. Ons mans is nie jagterrs nie! Dit is 'n leuen ou maat! Vriendin jy is nie 'n stukkie prooi nie!

As een van julle kinders die lees, en julle is in 'n verhouding buite die huwelik (dienk dit is 1 Kor 6 as ek nie verkeerd is nie) dan smeek ek jou om te stop! Gaan sit by die voete van G-D! Gaan soek G-D se hart vir jou! Soek in Sy woord! Moet nie na Oprah hardloop nie, moet nie na 'n persoon hardloop wat jou help in jou sonde nie! Hou op en soek eers die Koningkryk van G-D!

Jammer vir my ramblings mens e maar ek weet wat verwerping, verkragting en al daai dinge aan 'n kind doen. Ons vra bie hoekom ons, maar dalk eendag ontmoet ons iemand wat vasgevang is in 'n web wat ons dan kan help. En jammer as daar spel foute is. Ek sukkel so bietjie om te sien die laaste tyd.

Francois Marais
Jun 9th 2011, 06:54 PM
Don't you know that a man who joins himself to a prostitute becomes physically one with her? For the Tanakh says, "The two will become one flesh";
but the person who is joined to the Lord is one spirit.
Run from sexual immorality! Every other sin a person commits is outside the body, but the fornicator sins against his own body.
Or don't you know that your body is a temple for the Ruach HaKodesh who lives inside you, whom you received from God? The fact is, you don't belong to yourselves;
for you were bought at a price. So use your bodies to glorify God.

1Co 6:16-20

Die Filadelfieer
Jun 10th 2011, 05:41 AM
Jammer vir my ramblings mens e maar ek weet wat verwerping, verkragting en al daai dinge aan 'n kind doen. Ons vra bie hoekom ons, maar dalk eendag ontmoet ons iemand wat vasgevang is in 'n web wat ons dan kan help. En jammer as daar spel foute is. Ek sukkel so bietjie om te sien die laaste tyd.

Francois, ek sien jou pos glad nie as "ramblings" nie, om die waarheid te s glo ek dit gaan tot sen van baie wees. Met alles wat tot dusver op die draad ges is staan een ding vir my soos 'n paal bo water : die "maak of breek" begin by die huisgesin, en dit is hierdie eenheid wat Satan so hard as wat hy kan aan werk om af te breek.

Son of the South
Jun 10th 2011, 06:54 AM
My vrou is die eerste meisie wie se hand ek vasgehou het en die eerste ene wat ek gesoen het. Dit s moontlik! Nee, ek is nie sondeloos nie, maar ek glo God het my baie hartseer laat vryspring en ek glo dit is net vir een rede: ek het 'n Ma wat vir my gebid het. Ek wil hier 'n uitnodiging maak: as jy 'n jongmens is wat hier lees en jy het nie 'n Ma wat vir jou bid nie, gesels met die mense op hierdie forum. Hier is baie wat bereid sal wees om j ook in gebed toe te vou.