PDA

View Full Version : Bespreking Wanneer vind die Wegraping plaas?

Johnny
Jun 13th 2011, 12:27 PM
Die Wegraping

http://mattstone.blogs.com/photos/rapture_art/rapture-duncan-long.jpg

Vir die wat wel glo in 'n wegraping.....kan ons weet wanneer dit gaan plaasvind? Ek het my idees, maar wil graag hoor wat julle se. Hierdie is nie 'n bespreking of daar een is of nie, maar WANNEER dit gaan wees!

RR van Wyk
Jun 13th 2011, 12:50 PM
elke dag, so wees gereed...

Johnny
Jun 13th 2011, 12:53 PM
elke dag, so wees gereed...

RR jy is 100% reg, maar ek praat van die Wegraping van die Bruid van Christus.....sy gemeente of Sy ware kerk.

Johnny
Jun 13th 2011, 01:16 PM
Kom ek probeer die sluier lig.

1 Korinthiers 15:51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word,
1 Korinthiers 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word.

http://www.crystalinks.com/roshhashanarabbi.jpg

Hier is ‘n “tip” of ‘n aanduiding.....met die laaste basuin. Wanneer is die laaste basuin? As ons na die Joodse feeste gaan kyk sal ons sien dat dit saam val met Rosh Hashana, of ook “Die Fees van die Trompette”. Lees gerus hele studiestuk op skakel om die volle prentjie te verstaan. Hieruit kan ons weet dat dit iewers aan die einde van September is.....elke jaar. Ons kan dus die tydperk bepaal, maar nie die jaar nie.

Rosh Hashanah
http://en.wikipedia.org/wiki/Rosh_Hashanah

Daar is egter Skrif wat die volgende s:

Matteus 24:36 Maar van di dag en di uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen.

So hoe kan ek dan s ek weet die tyd? Om dit te verstaan moet ons kyk na hoe word Rosh Hashana bepaal, of ook die aanbreek van die Nuwe jaar vir die Jode. Daar is altyd 2 dae om die nuwe jaar te bepaal, soos hierdie jaar is dit tussen 28 – 30 September. Die rede hiervoor is dat sou dag een bewolk wees en die priester nie die 2 punte van die nuwe maan kan sien n ie, dan is daar ‘n ekstra dag om daarvoor te wag.

http://www.homeworship101.com/images/moon_n_pole.jpg

Dit verduidelik wat in Matteus 24:36 staan dat niemand die dag en die uur weet nie. Wanneer die priesters die nuwe maan sien, word die nuwe jaar aangekondig met die blaas van die laaste basuin, soos in 1 Korinthiers 15:52.
Die priesters moes wag staan om hierdie verskynsel fyn dop te hou. As hulle aan die slaap gevang was in Jesus se tyd is hulle klere aan die brand gesteek, en hulle het dit dan haastig uitgetrek om nie te brand nie en het naak op die vlug slaan.

Markus 13:33 Pas op, waak en bid, want julle weet nie wanneer die tyd daar is nie.
Openbaring 16:15 Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie.

Ons is nie onkundig gelaat nie:

1 Thessalonisense 4:13 Maar, broeders, ek wil nie h dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.

Rosh Hashana staan ook bekend as “Die dag van oordeel”.....en soos ons dit verstaan begin die 7 jaar verdrukking na die wegraping......die dag van oordeel oor hierdie wreld.

Nog skakels vir “The Rapture on Rosh Hashana”

http://watch.pair.com/rosh-hashana.html

http://ad2004.com/prophecytruths/Articles/FeastDays/RoshHashanah.html

Ek weet dat daar BAIE verskillende opinies rondom die onderwerp is en sal wees, maar gaan doen gerus ‘n studie van die Joodse Feeste en gebruike. Die hele wederkoms draai om die Joodse Feeste.

RR van Wyk
Jun 15th 2011, 06:15 AM
Johnny, ek waardeer jou entusiasme rondom die wegraping, maar ek raak al bietjie moeg vir mense wat graag datums wil koppel aan hierdie gebeurtenis. Tyd is vir ons belangrik, elke dag van ons lewe. Nie vir God nie. Tyd is vir Hom niks en taamlik baie irelevant.

Hoekom ek ges het elke dag is die wgraping, is omdat Jesus nie ges het dat op daardie of daardie datum moet ons olielampe reg wees nie, maar ALTEID.. Juis omdat tyd irrelevant is.

Waarmee ek wel saamstem is dat die tekens daar is, en dit word duideliker. Dit dui maar net daarop dat daardie spesefieke tyd wat so irrelevant is, baie nader kom... Dit herinner ons daaraan dat ons moet seker wees ons olielampe is vol.

Johnny
Jun 15th 2011, 07:08 AM

RR ek koppel nie soseer 'n datum en tyd aan die wegraping nie, maar 'n spesifieke gebeurtenis, 'n Joodse Fees. Wat wel waar is dat God self 'n spesifieke dag, datum en tyd bepaal het wanneer Hy sy Bruid kom haal. Die studiestuk lig ook nie 'n spesifiek tyd, dag of datum nie, en dus juis hoekom dit oor 'n 2 dag tydperk strek. As jy 'n studie van die Joodse Feeste doen sal jy sien dat elkeen van die 7 feeste eindtyd betekenis het. Nou dit is nie ek wat die feeste aan eindtyd gebeure koppel nie, maar God self.

Ek glo God wil he dat ons ons gesonde verstand gebruik ook? En ja, ek stem saam dat my en jou "oomblik" van waarheid NOU kan aanbreek as ons sterf, dus moet ons ELKE oomblik gereed wees.

Ek haal weer die volgende Skrif aan:

1Th 4:13 Maar, broeders, ek wil nie h dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.

RR van Wyk
Jun 15th 2011, 07:44 AM
Selfs Joodse feeste kom en gaan. Dat dit wel op fisiese gebeure dui sal ek nie oor stry nie. Die wegraping kan wel oor 'n Joodse fees gebeur, maar nie noodwendig die volgende een nie...
Ek praat geensens van as iemand sterf nie, maar spesefiek oor God se oomblik wat niemand van weet wanneer nie. En as daar 'n bloedmaan in die lug is, kan dit 'n teken wees van iets, of dit is maar net 'n bloedmaan... of die bloedmaan is toevallig daar met die gebeurtenis...

Ek weet God gee ons tekens, maar die mens se verbeelding hol met hom weg en dit raak partykeer net teveel vir my.
As daar 'n bloedmaan in die lug staan, moet hy maar helder skuin, ek gaan nie vrees nie want ek vertrou op God, as die grond onder my voette skud, gaan ek vertrou op God, as vloedde kom ens. Daar gaan nog snaakse goed gebeur, dit is die tyd waarin ons leef, maar ek gaan nie na elke aarbewing s Jesus is hier of daar of Hy kom mre nie.. maar net saggies fluister die tyd is naby... net soos die laaste 2000 jaar al, net bietjie nader :)

Johnny
Jun 15th 2011, 07:52 AM

Ek reken die e-pos wat ek vanoggend ontvang het sluit aan by jou plasing......onthou net dat die afgelope 2000 jaar se belangrikste datum 14 Mei 1948 was!

Partykeer is die pad wat mens saam met die Here stap, n lang en eensame pad. Jy kan jou vriende en familie verloor tydens hierdie staptog. In die lewe is daar byvoorbeeld twee poorte, `n nou poort en `n bre poort. Daar is twee paaie waarvan jy moet kies, die bre pad en die smal pad. Daar is twee bestemmings, die lewe en die verderf. Daar is twee groepe mense op die paaie, die baie en die min. Die een is wyd en oop en gemaklik, en daar is baie mense daarop. Dis `n lekker pad. Daar is jolliefikasie op daardie pad. Hulle kuier en skerts en lag en geniet dit. Die ander poort is smal en moeilik en dit is `n eensame pad. Die Here Jesus staan vanmore hier voor jou en s: Jy moet `n bewustelike keuse maak. Jy kan nie maar net aanploeter nie. As jy besluit om die pad van die ewige lewe te kies moet jy onthou: Die poort se draaihek laat ook nie bagasie toe nie. - Jy kan nie jou titels, of jou posisie of jou besittings saam neem as jy hier wil deur nie. - Hier gaan jy soos jou vinger deur, gestroop van alle pretensies. - Jy kan ook nie jou pad deur die hek koop nie. - Ongeag van hoe ywerig jy bygedra het tot die kerk en die gemeente ens. - daardie goed van jou pas nie deur die hek nie. Hier is dit jy en God alleen

VONKELVERSIE

Lag oor gister, droom oor mre, lewe vir vandag Vergewe dadelik, deel n drukkie uit, lag onbeheersd. Geniet elke oomblik en weet God het jou lief en ek ook.

STOF TOT NADENKE

n Stukkende hart vat langer om te genees,veral as iemand heeltyd met die mes gereed staan om weer toe te sak en steek.

Johnny
Jun 15th 2011, 08:13 AM
Sien draad oor die Feeste van die Jode

http://waitingforjesus.com/sitebuildercontent/sitebuilderpictures/7jewishfeasts.jpg

http://bibleforums.org/showthread.php/227855-Feeste-van-Israel?p=2699940#post2699940

RR van Wyk
Jun 15th 2011, 10:38 AM
Die mense wag inderdaad al die laaste 2000 jaar vir die wederkoms. 1948 was 'n balangrike datum, maar net nog 'n teken van vele tekens. Die tekens van vandag is dekades uitmekaar van die tekens sestig jaar terug. En dit is presies my punt, die wegraping kan vandag wees,of oor 200 jaar van nou(alhoewel ek in my hart voel dis nog in hierdie generasie)

Johnny
Jun 15th 2011, 10:44 AM
En dit is presies my punt, die wegraping kan vandag wees,of oor 200 jaar van nou(alhoewel ek in my hart voel dis nog in hierdie generasie)

Ek stem saam.....en dit gaan op die Fees van die Trompette wees, Rosh Hashana. Kom ons wag maar vir die geluid van die Laaste Basuin....of hoe?

AndreHa
Jun 15th 2011, 10:50 AM
Janee, ons sal wel weet. Die bybel se dit sal soos 'n weerligstraal wees wat slaan. Ek reken wel dat teen die einde van die jaar, die midde ooste sal wees soos 'n pot kokende olie wat vlamvat.

Johnny
Jun 15th 2011, 10:58 AM
Janee, ons sal wel weet. Die bybel se dit sal soos 'n weerligstraal wees wat slaan. Ek reken wel dat teen die einde van die jaar, die midde ooste sal wees soos 'n pot kokende olie wat vlamvat.

Ek dink die Skrif is teen die muur Andre. Dit kan enige oomblik losbars! September sal 'n goeie tyd wees om dop te hou wanneer die VN besluit oor Israel en 'n Palestynse staat. Uit Pastoor Dries se lering, en soos hy self tereg se "Hy kan verkeerd wees", is daar moontlik nog 3 oorloe voor die wegraping.

Inleiding tot 9 laaste oorloe:
http://www.oospoort.co.za/video/9.wmv

AndreHa
Jun 15th 2011, 11:18 AM

Sjoe, 3 oorlo - dit klink rof. Die wereld het al genoeg wapens om die hele aarde plat te vee in nog net een oorlog. Ons praat seker nie noodwendig van nog 3 wereld oorlo nie?

Johnny
Jun 15th 2011, 11:59 AM
Sjoe, 3 oorlo - dit klink rof. Die wereld het al genoeg wapens om die hele aarde plat te vee in nog net een oorlog. Ons praat seker nie noodwendig van nog 3 wereld oorlo nie?

Daar is nog 'n totaal van 9 oorloe voor dat alles verby is en ons vir ewig rustig kan verkeer saam met ons Koning......en 8 van die 9 oorloe gaan baie vinnig na mekaar plaasvind, waarvan die 9de en laaste een na die 1000 jarige vrederyk gaan wees.