PDA

View Full Version : Bespreking Die huwelik en verhoudings



Francois Marais
Jun 14th 2011, 06:13 PM
Daar is nog baie dinge wat ek mee sukkel, maar nommer een op my lys is verhoudings - Onder andere: die huwelik...

Bietjie agtergrond - Jammer ek is reguit en die Mods kan die post flag en move as hulle moet.
Toe ek 23 jaaar oud was het ek die meisie ontmoet. Ek het reguit in 'n lokval ingeloop van wellus en vleeslike sonde. Ons het een vlees geword, maar na ek agter gekom het dat ek nie die enigste man in haar lewe en hart was nie, het ek die verhouding bendig na so 3 jaar.

As ek kyk na 1 Corinthians 7:1016 (http://biblia.com/bible/nasb95/1%20Corinthians%207.10-16) moet ek nie weer in 'n verhouding tree nie? Aangesien die twee van ons een vlees geword het, wat ons uitmekaar geskeur het. Mark 10:912 (http://biblia.com/bible/nasb95/Mark%2010.%209-12)

Ek probeer myself nie hier regverdig nie. Ek wil weet wat julle daarvan dink. Ek het 'n program op radio kansel geluister toe ek oppad huis toe was vandag. Ek is nie seker oor die getal van mense wat na hulle geskei is weer trou nie, maar in my hart het ek nie vrede nie (al was ek nie in die huwelik volgens die lands wette nie, maar geestelike wette was ons een gewees.
Daar is nog meer info op Bible Knowledge - Bible verses on the Family (http://www.bible-knowledge.com/bible-verses-about-family/) as julle nog meer wil lees

AndreHa
Jun 15th 2011, 09:36 AM
Daar is nog baie dinge wat ek mee sukkel, maar nommer een op my lys is verhoudings - Onder andere: die huwelik...

Bietjie agtergrond - Jammer ek is reguit en die Mods kan die post flag en move as hulle moet.
Toe ek 23 jaaar oud was het ek die meisie ontmoet. Ek het reguit in 'n lokval ingeloop van wellus en vleeslike sonde. Ons het een vlees geword, maar na ek agter gekom het dat ek nie die enigste man in haar lewe en hart was nie, het ek die verhouding bendig na so 3 jaar.

As ek kyk na 1 Corinthians 7:10–16 (http://biblia.com/bible/nasb95/1%20Corinthians%207.10-16) moet ek nie weer in 'n verhouding tree nie? Aangesien die twee van ons een vlees geword het, wat ons uitmekaar geskeur het. Mark 10:9–12 (http://biblia.com/bible/nasb95/Mark%2010.%209-12)

Ek probeer myself nie hier regverdig nie. Ek wil weet wat julle daarvan dink. Ek het 'n program op radio kansel geluister toe ek oppad huis toe was vandag. Ek is nie seker oor die getal van mense wat na hulle geskei is weer trou nie, maar in my hart het ek nie vrede nie (al was ek nie in die huwelik volgens die lands wette nie, maar geestelike wette was ons een gewees.
Daar is nog meer info op Bible Knowledge - Bible verses on the Family (http://www.bible-knowledge.com/bible-verses-about-family/) as julle nog meer wil lees

As ek so kyk na die woorde van Jesus Christus:


(Mat 5:32) Maar Ek s vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.Volgens ons Here, is owerspel rede om te skei. So, jy is vry om weer vrou te vat. (Ek hoop nie die taalgebruik in die vers is 'n struikelblok vir iemand nie, maar die die enigste afrikaanse vertaling wat ek by my het)

Francois Marais
Jun 15th 2011, 12:40 PM
As ek so kyk na die woorde van Jesus Christus:

Volgens ons Here, is owerspel rede om te skei. So, jy is vry om weer vrou te vat. (Ek hoop nie die taalgebruik in die vers is 'n struikelblok vir iemand nie, maar die die enigste afrikaanse vertaling wat ek by my het)

'n graaf moet 'n graaf genoem word. Maar ek het steeds nie vrede in my hart oor die hele saak nie.
Veral oor die vers:

1Co 7:10 And unto the married I command, yet not I, but the Lord, Let not the wife depart from her husband:
1Co 7:11 But and if she depart, let her remain unmarried, or be reconciled to her husband: and let not the husband put away his wife.

Hoekom moet net die vrou nie weer trou nie? Geld dit ook tog nie vir die man ook nie?

Johnny
Jun 15th 2011, 01:22 PM
Barnes: E-Sword.

1Co 7:11
But and if she depart - If she have withdrawn by a rash and foolish act; if she has attempted to dissolve the marriage vow, she is to remain unmarried, or be reconciled. She is not at liberty to marry another. This may refer, I suppose, to instances where wives, ignorant of the rule of Christ, and supposing that they had a right to separate themselves from their husbands, had rashly left them, and had supposed that the marriage contract was dissolved. Paul tells them that this was impossible; and that if they had so separated from their husbands, the pure laws of Christianity, did not recognize this right, and they must either be reconciled to their husbands, or remain alone. The marriage tie was so sacred that it could not be dissolved by the will of either party.
Let her remain unmarried - That is, let her not marry another.

Or be reconciled to her husband - Let this be done, if possible. If it cannot be, let her remain unmarried. It was a duty to be reconciled if it was possible. If not, she should not violate her vows to her husband so far as to marry another. It is evident that this rule is still binding, and that no one who has separated from her husband, whatever be the cause, unless there be a regular divorce, according to the law of Christ Mat_5:32, can be at liberty to marry again.
And let not the husband - See the note at Mat_5:32. This right, granted under the Jewish law, and practiced among all the pagan, was to be taken away wholly under the gospel. The marriage tie was to be regarded as sacred; and the tyranny of man over woman was to cease.

Kalahari
Jun 16th 2011, 07:36 PM
Francois

Ek verstaan dat jy nie getroud was nie. Net in 'n seksuele verhouding. Is ek reg?

Indien wel, was jy nie getroud nie en sien ek nie dat die opdragte op jou van toepassing is nie. Jy kan egter bevryding kry van die sonde deur dit te bely voor die Here. Vergeet dan daarvan soos Hy daarvan vergeet het. Moenie dat die satan jou die heeltyd beskuldig met iets waarvoor jy reeds bevryding en skuldvergifnis gekry het. (ek glo jy het al om skuldvergifnis gevra) Neem dit aan en glo dit. Die probleem met seksuele sondes is dat dit die enigste sonde is wat nie buite jou gebeur nie, maar met jou. Dit maak dit so moeilik om te vergeet.

Indien jy wel getroud was, leer die bybel ons dat jy mag skei indien die ander party ontrou was. Dan mag jy hertrou. Indien nie, mag jy nie skei of hertrou nie.

Hoop dit help.

Groete
Kalahari

Francois Marais
Jun 17th 2011, 06:12 AM
Hi Kalahari

Jy is dood reg, was net 'n seksuele verhouding gewees. Overgifnis gevra ect ect... maar steeds het ek nie vrede nie. Selfs di berader wat ek gereeld raadpleeg verstaan dit ook nie. Ek sal maar rustig op Vader se planne vir my wag, en wie weet eendag swaai die Vader dalk hierdie hart van my om weer liefde te voel, en 'n hunkering na die mooier geslag :)

Johnny
Jun 17th 2011, 10:08 AM
Hoe hanteer ek sonde en versoeking
INLEIDING

Wanneer n mens n kind van die Here word, is jy nie volmaak nie. Inteendeel, jy word n geestelike BABA. n Mens moet sterwe en groei na geestelike volwassenheid.

Fillipense 3:12

Nie dat ek dit al verkry het of al volmaak is nie, maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.

In hierdie proses van geestelike groei kan en sal (nie mag nie) n mens nog sondig, al WIL jy nie. Daar is n verskil tussen n kind van die Here wat sondig en n sondaar wat sondig. n Sondaar se hele lewe is een stuk sonde

Jesaja 64:4

Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.

Die vraag is: WAT GEBEUR AS EK WEER SONDIG?

VRA DADELIK VERGIFNIS

1 Johannes 1:9

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

JESUS SAL JOU VERGEWE EN REINIG MET SY BLOED

1 Johannes 1:7b

Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

AANVAAR JOU VERGIFNIS

Numeri 23:10

Wie het die stof van Jakob getel? En wie, volgens getal, die vierde deel van Israel? Laat my sterwe die dood van die opregtes, en laat my einde soos syne wees!

Johannes 6:37b

Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.

1 Johannes 1:9

As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

VOORBEELD: DIE HOFSAAK

In elke hofsaak is 4 partye betrokke, naamlik die Regter, Aanklaer, Advokaat en Beskuldigde.

Ek struikel en sondig per ongeluk en satan, die aanklaer, gaan kla my dadelik by God aan.

Openbaring 12:10

Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel s: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.

n Hofsaak vind plaas. Satan stel sy saak aan die Regter, (God die Vader). My Advokaat, Jesus, tree na vore en bepleit my saak.

1 Johannes 2:1

My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.

Dit is so dat hierdie persoon gesondig het, maar hy het dadelik berou gehad en vergifnis gevra en My bloed het hom gereinig.

1 Johannes 1:7b

Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.

UITSPRAAK VAN DIE REGTER: GOOI DIE SAAK UIT!

HOE KAN EK VERSOEKING WEERSTAAN?

MAAK STAAT OP DIE HERE

1 Johannes 4:4

Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wreld is.

1 Korinthirs 15:57

Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.

Psalm 50:15

en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer.

BLY WEG VAN SONDE EN PLEKKE VAN VERSOEKING

Effesirs 4:27

en gee aan die duiwel geen plek nie.

Jakobus 4:7

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

HOU VAS AAN JOU REDDING

Johannes 1:12

Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

Hebrers 7:25

Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.

VERDIEP U IN DIE WOORD

Die Bybel sal u weghou van sonde en sonde sal u weghou van die Bybel.

Die Bybel is God aan die Woord! Deur gebed praat ek met God en deur Sy Woord praat Hy met my. DIE BYBEL BEVAT NIE NET DIE WOORD VAN GOD NIE. DIT IS GOD AAN DIE WOORD. Meer as 2600 maal staan daar in die Bybel .EN GOD HET GES! Die hele Skrif is deur GOD ingegee.

II Timoteus 3:16-17

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

II Petrus 1:21

want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe, het die heilige mense van God gespreek.

DIE WOORD IS GEESTELIKE VOEDSEL!

Dit laat my geestelik groei.

1 Petrus 2:2

en baie sal hulle verderflikhede navolg, en om hulle ontwil sal die weg van die waarheid gelaster word;

Dit hou my weg van sonde en sonde hou my weg van die Woord.

Psalm 119:9

Bet.

Waarmee sal die jongeling sy pad suiwer hou? Deur dit te hou na u woord.

DIT IS NUTTIG VIR ELKE ASPEK VAN MY LEWE

II Timoteus 3:16-17

Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.

HOE KAN DIE BYBEL VIR MY PRAKTIES WEES?

Byvoorbeeld: Een hoofstuk OU TESTAMENT en die volgende dag een hoofstuk NUWE TESTAMENT. Moenie te lang gedeeltes lees nie, dan onthou mens nie veel nie.

Moenie soos n hoeder rond pik as jy die Bybel lees. Die Bybel het n begin en n einde!

SKRYF DIE VOLGENDE NEER

Wat is die hoofgedagte van die gedeelte?

Watter beloftes is daar vir my?

Watter voorwaardes is daar?

Hoe kan ek dit toepas?

ONS HET N KRUIS OM AAN VAS TE HOU

Francois Marais
Jun 17th 2011, 10:13 AM
Sjoe, dankie Boeta. Sal dit na my kindle stuur en vanaand mooi gaan lees. Hou nie daarvan as mense by die werk oor my skouer loer nie :)