PDA

View Full Version : Tamar, Dogter van David



Ta-An
Jul 5th 2011, 02:21 PM
2 Sam 13:1 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=10&CHAP=13&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=1) En daarna het dit gebeur. Absalom, die seun van Dawid, het naamlik 'n mooi suster gehad met die naam van Tamar, en Amnon, die seun van Dawid, was verlief op haar.

Die outeur van 2 Sameul beskryf in detail hoe Tamar onder toestemming en direksie van David na Amnon se huis gaan en hom te versorg teryl hy siek van wellus was na sy half-suster Tamar.

Die wet het die trou van familie met mekaar verhoed en Amnon luister na sy neef om kinderagtige plannetjies te maak, en sy wellus te bevredig.

Dawid, nadat hy uitgevind het hiervan het hy nie juis vir Amnon bestraf nie... seker maar omdat hy self skuldig gevoel het oor sy eie vaderlike voorbeeld deur soveel vrouens te h en oor Batseba.
Dan vertel die verhaal van Absolom wat wel vir Amnon dood maak ens.

Maar wat word van Tamar?

Sy skeur wel haar klere agv die vernedering om nou nie meer 'n maagd te wees nie, en al die gevolge daarvan... hoe dit haar lewe beiinvloed om weer te trou .... dit beskryf die gevoel van die verkragte...maar wat word van Tamar?
Hoeveel Tamar's is daar onder ons??
Waar gaan ons heen??
Wie gee aan ons woorde van bemoediging?
Wie droog ons trane af?
Teen wie se bors kan ons leun met woorde van vertroosting ipv woorde wat verwerp, ipv woorde wat verstoot?
Jesus s: Mattheus 11:28 (http://bibledatabase.org/cgi-bin/bib_search/bible.cgi?BIBLE=1&BOOK=40&CHAP=11&SEARCH=jesus king lord&Read=Read&FIRST=OK&HV=28) Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. of soos die koortjie s :"Kom na My toe almal wat moeg en oorlaai is, Kom na My toe Ek gee rus"
Jesus is ons Voorspraak(Prokureer, Regter) by die Vader (1 Johannes 2:1),
Onder Sy vlerke sal ons skuil (Pa 91:4)
Hy sal my weeklag vir my verander in 'n koordans, Jesus sal my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord (Psalm 30:12)
Hy sal my trane af vee (Openbaring 7:17 en 21:4)
Hy sal ons klere wit maak in die Bloed van die Lam (Openbaring 7:14)

En dan sal ons sing :"Hallelujah"
Halleluja! Loof die HERE, o my siel!
Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!
Halleluja! Loof die HERE, want Hy is goed,
Halleluja! Prys die Naam van die HERE!
Die HERE is vir ewig Koning;Halleluja!

Halleluja!

Ta-An
Jul 10th 2011, 05:57 PM
Ahhhh
Vandag toe preek die Ds oor Tamar, dogter van David...

Wat by my vasgeteek het was: Tamar het nie stil gebly oor die onreg wat haar aangedoen was nie.
Sy het as op haar kop gestrooi, en haar klere geskeur...almal kon sien dat iets fout was.... en hieruit kom die boodskap van die hartseer storie van Tamar...... Moenie stilbly oor die 'abuse' wat jou aangedoen word nie, maak jou mond oop en praat! :

"Do not settle for abuse in silence! Staan op en doen iets!"
Om stil te bly skep 'n atmosfeer waar sonde broei.

Akkommodeer die wat verinneweer word, "abuse" het meer as een baadjie wat dit dra... Geestelike abuse, Emosionele ~, Seksuele ~,

trudie
Jul 11th 2011, 01:55 PM
Baie waar woorde.Daar is baie lopende gewondes onder ons.Die hartseer is dat die gemeenskap en ook familie eerder die gewonde blameer vir al mishandeling.

Ta-An
Jul 13th 2011, 04:53 PM
Baie waar woorde.Daar is baie lopende gewondes onder ons.Die hartseer is dat die gemeenskap en ook familie eerder die gewonde blameer vir al mishandeling. Ek stem saam Ja, daarom moet mens opstaan en nie stil bly nie.

Ta-An
Jul 13th 2011, 05:19 PM
Die Here het die vir my gegee on Tamar vir my tot 'n punt te bring : Ps113:5,7 5 Wie is soos die HERE onse God, wat hoog woon,,,,,,7 Wat die geringe uit die stof oprig, die behoeftige van die ashoop af verhef;

Baie van ons vee die stof wat ons versonderstel is om op ons hoofde te dra onder die mat in, en dan ontwikkel daar 'n berg onder die mat :cry:

Maar die Here kom, en Hy rig die geringe op uit die stof, en Hy maak die hoogtes gelyk..

Hallelujah!!