PDA

View Full Version : Bespreking Mans kan ook kook!

Johnny
Jul 6th 2011, 12:43 PM
Ja.....julle dames innie Koffiehuis dink mos dis net julle wat kan kook!:P Julle sal maar moet kom kersopsteek hier, maar julle maggie deelneem nie ne. Sit terug en luister net.

Ek maak 'n MEAN kerrie!

Kry vir jou skaapskenkels....ordentlikes. Braai uie bruin in olie saam met kerrie poeier en knoffel. Skep uit en braai die vleis bruin. Jy kan die vleis ook in meelblom rol as jy wil.

Voeg alles bymekaar en gooi lamb stock in, of hoeder stock as jy nie het nie. Laat hom prut saam met 'n bietjie peper en lourier blaar. Hou maar die watertjies dop laat hy nie droogkook nie. Voor jou vleisie lekker sag is gooi gedroogte pruime en applekose by. 'n Paar geskilde klein ertappels en dan plaas jy heel kool blare bo op. Verkieslik in 'n ysterpot. In plek van koolblare kan jy later kluitjies op sit. Laat hom verder prut totdat die kool sag is. Man......al daai sosu trek in die kool of die kluitjies in. Maak die sous dik met 'n bietjie Bisto of druk so een of twe eertapples fyn dat die sommer die sosu dik maak. Die hele proses behoort jou so 3 - 4 ure aan die gang te hou.

Nou ja....by my is daar nie 'n telepel van dit of 'n telepel van dat nie.....proe maar of jy genoeg sout en peper in het terwyl jy so nou en dan 'n "tester" vat.

Sit saam voor met wit rys of druk sommer 'n katkop (halwe wit brood) so in die sous en eet lekker verder.

14390876
Jul 6th 2011, 04:00 PM
Wonderlike resep wat ek beslis moet probeer, dankie. In my ouerhuis is dit hoeka my pa wat die kookwerk doen. En hy bak amper al ons brood. Ek self is lief vir kook. Ek sal binnekort 'n resep of twee pos

Francois Marais
Apr 3rd 2014, 08:10 AM
My se lippe smag na 'n lekker beesong in kerrie gaar gemaak.... Nog grom my maag sommer...

Ek is mal oor kos maa. Wil graag nog as 'n Chef gaan leer....

Ben Cronje
Jul 30th 2015, 01:55 PM
Laat ek bieg:

Kerrie skaap-tjops met Basmati rys en aartappels is natuurlik my kullenÍre kriptoniet!!! :blushhap: Dit is verseker 'n riller op die cholesterol, maar as 'n man daar voor in die loopgrawe is, moet jy maar verwag om biedjie skrapnel op te tel... :lol:

Ben Cronje
Jul 30th 2015, 02:12 PM
Dis koud hier in die Kaap en pannekoek-weer.

Manne, ek gaan vir julle 'n resep gee om die dames in jul lewe mee te beindruk. Het julle geweet dat mens pannekoek-deeg 'n 'n twee liter koeldrank bottel kan aanmaak? Cool, nť!? :cool:

Hier kom hy:

Neem 'n lee 2 liter koeldrank-bottel en gooi daarin:

1 koppie meel (self - raising)
Ĺ teelepel sout
3 eiers
1 koppie melk
1 eetlepel kookolie

Belangrik:

Gooi eers meel, melk en sout in en skud tot jou regter arm lam is. Gooi dan eiers en olie by en skud tot linker arms lam is. As regterarm herstel het, gooi in warm pan.
Beste: Kanneel of karamel kondensmelk sal hierdie wonderwerkie mooi afrond. :thumbsup:

Laat weet my nadat julle hierdie model toets-bestuur het. :lol:

Ben Cronje
May 25th 2016, 11:20 AM
Vandag het ek hulp nodig. Ek wil graag 'n boontjie bredie maak more, maar is op soek na een van daai respite wat mens by mens se ouma gekry het. Lekker ou-skool traditionele boontjie bredie.

Ek het skaapvleis en 'n Falkirk platboom pot.

Wie kan tot my redding kom?

Groete

Ben

CFJ
May 26th 2016, 06:44 AM
Hi Ben,

Ek weet die outydse resepte is maar basies aartappels, boontjies, skaapvleis, sout en peper. Ek het nie 'n resep nie en sou reken so 40% aartappels en 60% boontjies en vir myself sit ek Jalapeno rissie na smaak ook in...

Ben Cronje
May 26th 2016, 07:05 AM
En wat is jou metode Ferdi?

Jy los my redelik hier in 'n posisie waar dit baie oop is vir interpretasie...:rofl:

Ek is 'n man wat stappe nodig het! :yes: Ek is op intree vlak as dit by kosmaak kom...:blushhap:

CFJ
May 26th 2016, 08:44 AM
En wat is jou metode Ferdi?

Jy los my redelik hier in 'n posisie waar dit baie oop is vir interpretasie...:rofl:

Ek is 'n man wat stappe nodig het! :yes: Ek is op intree vlak as dit by kosmaak kom...:blushhap:

Hi Ben,

Ek het eintlik nie dit heeltemal reg nie en het net eers weer seker gaan maak. Die resep is basies as volg,

300 gram skaapvleis
1 groot ui
3 tot 4 medium aartappels
500 gram boontjies in so 2 cm stukke gekerf
1 groot groen tamatie (rooi sal ook werk)
Sout en peper na smaak

Braai eers jou vleis in olie
Jy kan die ui braai, maar dan kook dit heeltemal weg
Sny die ui, tamatie en aartappels en boontjies in kleiner stukke en gooi saam met vleis in pot
Gooi water in pot, maar nie dat dit alles oordek nie, net sodat jy die water kan sien
Sit deksel op en kook water weg en sit dan bietjie botter by as dit gaar is
Sit sout en peper by soos nodig en as alles deurgekook is kan jy dit effe fyner maak as nodig

Jy kan iets soos Jalepeno bysit as dit in jou smaak is...

Ben Cronje
May 26th 2016, 11:01 AM
Dankie Ferdi. Jy is 'n yster. Ek gaan nou die res van die bestandele kry en hom toetsbestuur. Sal jou terugvoer gee. :thumbsup: :pp

CFJ
May 26th 2016, 01:48 PM
Dankie Ferdi. Jy is 'n yster. Ek gaan nou die res van die bestandele kry en hom toetsbestuur. Sal jou terugvoer gee. :thumbsup: :pp

Ek hoop nie ek het my vir 'n chappie uitgegee om gekou te word nie... :lol:

Jy kan as jy daarvan hou, so bietjie suurlemoen-skil in-rasper ook...

Laat weet hoe smaak dit!

Ben Cronje
May 27th 2016, 02:27 AM
Ek wens ek kon jou 'n bak van die eindresultaat oorstuur. Vinger-lek lekker.

Nie goed op die cholesterol nie, dit was 'n lekker vet skapie... :lol:

Jy was biedjie laat egter met die suurlemoen. Maar ek maak 'n nota. :thumbsup:

CFJ
May 27th 2016, 07:51 AM
Ek wens ek kon jou 'n bak van die eindresultaat oorstuur. Vinger-lek lekker.

Nie goed op die cholesterol nie, dit was 'n lekker vet skapie... :lol:

Jy was biedjie laat egter met die suurlemoen. Maar ek maak 'n nota. :thumbsup:

Ek onthou nou hoe lekker dit is soos jy hier verduidelik ja (het bietjie lanklaas dit gemaak)... en gaan vir my ook hier oor die naweek so pot aanmekaar slaan... :)

Probeer bietjie dieselfde resep, dan vervang jy net die groen boontjies met kool, net so lekker!

Louis F Brits
May 27th 2016, 08:48 AM
Ek wens ek kon jou 'n bak van die eindresultaat oorstuur. Vinger-lek lekker.

Nie goed op die cholesterol nie, dit was 'n lekker vet skapie... :lol:

Jy was biedjie laat egter met die suurlemoen. Maar ek maak 'n nota. :thumbsup:

Nou waar is die foto's Ben?Jy weet van ons eet met die oe ook!

Groete

Louis

Louis F Brits
May 27th 2016, 09:15 AM
Lekker Boerbrood resep.

4xKoppies koekmeel
2xKoppies lou warm water
1xPakkie yeast
Knippie sout
Botter vir hande wanneer knie.

Gooi alles saam in n skottel.
Smeer botter aan jou hande en knie totdat deeg nie meer aan jou hande klou nie.
Maak warm toe en sit op n lekker warm plek om te reis.
Knie hom nou weer af wanneer hy lekker gereis het.
Smeer nou jou brood pan met botter,sit deeg daar in en laat weer reis.
Bak brood nou by 180gc vir n uur of langer as jy hom lekker bruin soek.
Haal brood uit pan, smeer hom nou met botter.Skiet sommer so met die vingers bietjie water oor.Vou hom nou mooi toe en laat afkoel.
Of sny eers n lekker korsie af smeer lekker botter en appelkoos jam op en geniet.Jam ja,konfyt klink nie lekker nie.

Verdubbel alles vir n groot brood pan.

Groete

Louis

CFJ
May 27th 2016, 02:44 PM

Ek het nou lekker gesit en lag, met die dat jy so lekker 'JAM' met BOERBROOD eet... :lol:

Louis F Brits
May 30th 2016, 02:59 PM
1306713068

Het hom Saterdag gebak.Hoe lyk hy vir julle?

Groete

Louis F Brits
May 30th 2016, 03:02 PM
Ek het nou lekker gesit en lag, met die dat jy so lekker 'JAM' met BOERBROOD eet... :lol:

:lol:ja vir ons koshuisbrakke bly dit maar jam.

CFJ
May 31st 2016, 08:32 AM
1306713068

Het hom Saterdag gebak.Hoe lyk hy vir julle?

Groete

Hy lyk of hy agter die oor sal eet... :)