PDA

View Full Version : Inligting Israel Toer 2011



Johnny
Jul 12th 2011, 05:17 AM
Hierdie is nie 'n besprekingsdraad nie. Ek wil graag ons Israel toer van 22 Augustus 2011 - 2 September 2011 met julle deel. Nie almal is bevoorreg om te gaan nie en nie almal wil gaan nie. Ek gaan basies 10 plasings doen....'n plasing vir elke dag se aktiwiteite. Die toer self kan egter enige oomblik verander terwyl ons daar is, maar die raamwerk behoort min of meer dieselfde te bly. Toer lekker saam en ek gaan aan ELKEEN van julle dink terwyl ek by die Klaagmuur in Jerusalem vir julle en die forum bid.

http://images.travelpod.com/tw_slides/ta00/a73/430/watch-this-space-havant.jpg

Die Filadelfieer
Jul 12th 2011, 05:27 AM
Dankie vir jou moeite Johnny ! Ek sien nogals uit hierna. Mag jy biltong saamvat of gaan jy aan ontrekkingsimptome ly by die tyd way julle terugvlieg ? :)

Johnny
Jul 12th 2011, 05:41 AM
Dankie vir jou moeite Johnny ! Ek sien nogals uit hierna. Mag jy biltong saamvat of gaan jy aan ontrekkingsimptome ly by die tyd way julle terugvlieg ? :)

Jy mag as dit "vacuum packed" is. Ons kry darem "soort" van 'n braai op die boot op die Rooi See in Eilat.

Johnny
Jul 19th 2011, 07:45 AM
Het julle geweet dat Israel die enigste land ter wereld is wat hulle eie sekuriteits personeel en doeane by intrnasionale lughawens het? As jy by OR Tambo lughawe aankom word jy deur Israel doeane ondervra. Gewoonltik neem hulle die toerleier (Pastoor Dries) en dan enige een van die toerlede eenkant en voer met hulle soort van 'n onderhoud apart vir omtrent 20 minute oor:

1.) Hoekom gaan julle Israel toe?
2.) Hoeveel mense is in die groep?
3.) Het jy enige pakkies ontvang van iemand voor jy hier aangekom het?

Daar is nog BAIE vrae wat hulle vrae. Nie eers die Suid Afrikaanse doeane vrae jou vrae as jy oorsee vlieg nie. Terloops, die Suid Afrikaanse lugdiens het geen vlugte na Israel nie.

Die rede vir hierdie toegewing vir Israel om hulle eie sekuritiet op lughawens te he is weens die groot risiko wat hulle het vir aanvalle, terrorisme en kapings.

God beskerm Sy volk en land op enige manier denkbaar.

NS: Hulle het ook hulle eie tegniese en meganiese personeel om na hul vliegtuie om te sien en maak glad nie gebruik van ons tegnici nie.

Johnny
Jul 19th 2011, 07:56 AM
Dag 1: Maandag, 22 Aug, JOHANNESBURG – TEL AVIV

http://images.uknetguide.co.uk/CreativeBrandLogos/PlacementCreativeBrand1572.jpg

Ontmoet mekaar om 08:00 by die El Al toonbank van die O.R.Tambo Internasionale Lughawe. [Die wat naby Vaalpark
woon vertrek 6:30 per bus na OT lughawe] Vertrek om 11:00 na Tel Aviv per oordag vlug.

http://hpronline.org/blog/wp-content/uploads/2010/02/israel-airport.jpg

Reis na aankoms in Israel per bus na Berséba in die Negev woestyn waar ons oornag in die Leonardo Negev Hotel.

http://www.lastroom-israel-hotels.com/Octopus/UpImages/ResortImages/lobbybeersheva.jpg

Johnny
Jul 19th 2011, 08:37 AM
Dag 2: Dins, 23 Aug, BERSEBA - EILAT

Arriveer midoggend in Eilat en boek in by die Hotel Eilat Queen Of Sheba.

http://www.bookinseconds.com/images/hotels/israel/eilat/eilat_queen_of_sheba/eilat_queen_of_sheba_1.jpg

Geniet ‘n drie ure bootvaart op die Rooi See, braai ingesluit, en swem vanaf boot in die wonderskone blou water.

http://www.travel-images.com/pht/israel373.jpg

Res van die dag vry om Eilat te verken.

http://www.destination360.com/middle-east/israel/images/s/eilat.jpg

Johnny
Jul 19th 2011, 09:00 AM
Dag 3: Woens, 24 Aug, EILAT

Dag vry. U kan die beroemde stad in die berge nl. Petra in Jordanië gaan besoek, (hier waar die Here die Jode gaan wegsteek tydens die 2de helfte van die verdrukking)

http://www.traveladventures.org/continents/asia/images/petra11.jpg

of swem saam met die dolfyne,

9884

of ‘n besoek bring aan die asemrowende onderwater observatorium,

http://www.jerusalem-insiders-guide.com/images/Eilat-underwatertower.jpghttp://www.sciencephoto.com/image/152402/350wm/C0089716-The_underwater_observatory_Eilat-SPL.jpg

of duik [ Kostes addisioneel.], of net die dag rustig deurbring.

http://www.getintravel.com/wallpaper/wp-content/uploads/2011/01/Eilat-israel-wallpaper.jpg

Die idee is ‘n kort vakansie voordat ons met die geestelike toer begin.

Johnny
Jul 19th 2011, 09:21 AM
Dag 4: Don, 25 Aug, TIMNA PARK - MASADA - DOOIE SEE

Reis noordwaarts begin. Besoek replika van tent tabernakel in Timnapark by Salomo se kopermyne,

http://70.42.35.146/CMSService/ImageServer.ashx?file=Event in Timna National Park (Photo by Eshet Incoming).jpg


http://www.jesuswalk.com/moses/images/tabernacle-from-above-todd-bolen-250x265x72.jpg

http://www.bibleplaces.com/images/Tabernacle_holy_place_with_objects_tb_n030301.jpgh ttp://www.bibleplaces.com/bolen/images/Inside_ark_at_Timna_tabernacle_tb_n103099_wr.jpg

reis per kabelspoor na die kruin van Masada, by die Dooie See, waar 960 Jode die magtige Romeinse Ryk uitgedaag het,

http://www.bibleplaces.com/images/Masadaaerialfromnw,tbq010703.jpg

http://truthfullips.com/wp-content/uploads/2011/07/Masada-Israel.jpg
dryf op die soutwater van die Dooie See (laagste punt op aarde en so 47 grade celsius 07h00 in die oggend.

http://deadseahotel.net/wp-content/uploads/2011/06/Dead-Sea-Hotel4.jpg

http://static.howstuffworks.com/gif/dead-sea-dead-2.jpg

en oornag in die Leonardo Inn Hotel.

http://fr.hotels.com/hotels/2000000/1210000/1209000/1208917/1208917_9_b.jpg

Johnny
Jul 19th 2011, 09:36 AM
Dag 5: Vry, 26 Aug, EIN GEDI – QUMRAN – JERIGO – TIBERIAS

Besoek Ein Gedi waar Dawid vir Saul geskuil het.

http://www.inisrael.com/eingedi/images/ein-gedi-dead-sea.jpg

http://www.bibleplaces.com/images/En_Gedi_Nahal_David_waterfall_tb_n040900.jpg

Daarna doen ons aan by Qumran waar die Dooie See rolle ontdek is.

http://micro5.mscc.huji.ac.il/~msjan/cave4_wadi.jpg
http://cache.virtualtourist.com/3175940-Travel_Picture-Khirbat_Qumran.jpg

Indien moontlik besoek ons ook die oorspronklike doopplek van Johannes die Doper,

http://www.sacred-destinations.com/jordan/images/bethany/resized/jordan-river-baptism-site-to-israel-c-beck.jpg

waarna ons deur Jerigo, die oudste stad in die wêreld ry. Besigtig daar die berg van versoeking, Saggeus se vyeboom en Elisa se fontein.

http://www.israel-a-history-of.com/images/JerichoToday.jpghttp://www.bibleplaces.com/images/Jericho_sycamore_tree_tb_n062100_wr.jpg

Reis verder na Tiberias aan die See van Galilea,

http://www.welcometohosanna.com/LIFE_OF_JESUS/JESUS_LIFE_PIX/SeaOfGalileeSatellite.jpghttp://imagebase.davidniblack.com/main.php?g2_view=core.DownloadItem&g2_itemId=5084&g2_serialNumber=2

waar ons inboek in die Prima Too Hotel.

http://media03.tvtrip.com/partner/1/4/0/6/6/3/8/1406638.jpeg

Johnny
Jul 19th 2011, 12:18 PM
Dag 6: Sat, 27 Aug, DIE SEE VAN GALILEA EN GOLAN HOOGLANDE

Besoek die plekke waar Jesus vir drie jaar gewoon, beweeg en bedien het, soos Kapernaum, Mensa Christi, Berg van
Saligsprekinge en Banias.

Kapernaum

http://www.bibleplaces.com/images/CAPERNAUM_AERIAL_FROM_SOUTHEAST_115-18TB_wr.jpghttp://israelchristiantour.com/israelsites/Capernaum/PHOTOS/Photoback02.jpg

Mensa Christi

Die trappe agter die tralies is die oorspronklike uit Jesus se tyd. Ons kan versekere se dat Hy daar geloop het.

http://www.twilliam.force9.co.uk/General%20Photos/Galilee/images/Galilee%20Mensa%20Christi..jpghttp://www.sacred-destinations.com/israel/images/galilee/church-of-primacy-peter/resized/int-c-hlp.jpg

Berg van Saligspreking

http://www.bibleplaces.com/images/Mt_of_Beatitudes_view_to_Plain_of_Genesseret_tb_n0 11500_wr.jpghttp://www.israel-travel-and-tours.com/images/mountofbeatitudeszalman.JPG

Banias

Een van die oorspronge van die Jordaan rivier

http://www1.umassd.edu/cjc/images/banias_waterfall.jpghttp://www.bibleplaces.com/images/Banias_niches_tb_n011500_wr.jpg

Vaar per boot op die see van Galilea, besoek die bootmuseum en besigtig 2000jr oue ‘Jesus’
boot.

http://us.123rf.com/400wm/400/400/georgemuresan/georgemuresan0805/georgemuresan080500030/3058122-tourists-floating-on-a-boat-on-the-sea-of-galilee.jpghttp://www.jesusboat.com/gallery/originals1203848589_BOAT-550.jpg

Geniet ‘n tradisionele ‘Petrus’ visete.

http://www.bibleplaces.com/images/St_Peters_fish_tb_n112000.jpg

Reis op die Golanhooglande en besoek die Tel Fager loopgrawe waar hewige gevegte met Sirië in 1967 plaasgevind het.

http://img.groundspeak.com/waymarking/3b7cfad8-f9de-4521-bfce-9c8357debfcb.jpg

Kyk ook van hier uit oor Sirië en die Damaskuspad waar Paulus tot bekering gekom het.

http://www.midwinter.com/~koreth/israel/golan-view.jpg

In die aand geniet ons die talle interessanthede van die Tiberias waterfront.

http://images.travelpod.com/tw_slides/ta00/a00/6d8/sapattiaterialla-ein-gev-holiday-resort-tiberias-galilee-hotel.jpg

Johnny
Jul 19th 2011, 12:29 PM
Dag 7: Son, 28 Aug, NASARET – KARMEL – ROSH HANIKRA – CAESAREA – JERUSALEM

Reis vandag na Nasaret waar Jesus opgegroei het. Besoek ‘Nazareth Village’ en sien hoe mense in Jesus se tyd geleef
het.

http://www.bibleplaces.com/images/Nazareth_from_northeast_tb_n050800_wr.jpghttp://jesustrail.com/images/2b4.jpg

Vandaar beweeg ons oor die Jisreël [Armageddon] vlakte na die kruin van berg Karmel waar Elia met die Baälprofete
afgereken het.

http://www.febc.edu.sg/assets/images/events/IMG_1706.JPGhttp://www.biblewalks.com/Photos5/Mukhraka_small.jpg

Dan reis ons na die heel Noord Westelike Grens van Israel, na Rosh Hanikra waar ons per kabelspoor die asemrowende kalksteengrotte op die grens van Libanon besoek.

http://www.israel-travel-and-tours.com/images/roshhanikrauriba.jpghttp://www.bestsingletravel.com/images/Israel%20Rosh%20Hanikra%20Cable%20Car.jpg

Op pad na Jerusalem doen ons aan by Caesarea waar Pilates gewoon het, en waarvandaan Paulus sy sendingreise onderneem het.

http://www.bibleistrue.com/qna/caesare1.jpghttp://www.ezholiday4u.com/Park-Ceasaria.jpg

Oornag vir die volgende vyf nagte in die Ramat Rachel Hotel in Jerusalem.

http://aff.bstatic.com/images/hotel/org/142/1429570.jpghttp://aff.bstatic.com/0/images/hotel/max500/297/2976972.jpg

Johnny
Jul 19th 2011, 12:35 PM
Dag 8: Maan, 29 Aug, BETHLEHEM – HERODIAN

Besoek vandag die geboortedorp van Jesus waar ons oa die Herdersvelde aandoen. Besoek daarna een van Herodus se
paleise nl. die Herodian.

http://www.jerusalem-mission.org/images/photos/bethlehem/bethlehem_05.jpghttp://www.heavenlytours.co.za/images/bethlehem_large.jpghttp://cache2.artprintimages.com/p/LRG/26/2663/MPGUD00Z/art-print/jon-arnold-shepherds-fields-bethlehem-israel.jpg

http://images.travelpod.com/users/njbeaglemom/8.1306516922.1_herodian.jpg

Johnny
Jul 19th 2011, 01:12 PM
Dag 9 & 10, Dins & Woens, 30 & 31 Aug, JERUSALEM

Besoek gedurende hierdie twee dae al die belangrike plekke soos die Olyfberg, tuin van Getsemane, Kajafas se huis,
Bovertrek, Dawid se graf, Golgota en tuingraf.

http://0.tqn.com/d/judaism/1/0/6/8/4316.jpghttp://images.travelpod.com/users/leafmold/1.1249926249.view-from-mt-of-olives.jpghttp://www.svensk-ortodoxi.org/haof/bilder/Heliga/Picture_3280.jpghttp://www.victorytravels-ng.com/gallery/The%20Garden%20of%20Getsemane.jpghttp://www.bibleplaces.com/images/St_Peter_in_Gallicantu_from_northeast_tb_n051501.j pghttp://www.bibleplaces.com/images/Upper_room_tb_n123199.jpghttp://www.atlastours.net/holyland/king_david_tomb.jpghttp://www.eaglewingsmin.com/Golgotha.jpghttp://www.bibleplaces.com/images/GARDEN_TOMB2_TB_N042200.jpghttp://revgam.net/Israel%20Tour%202003%20Album_files/image086.jpghttp://cdn.pimpmyspace.org/media/pms/c/bf/py/mg/erusalem11.jpg

Wandel deur die strate van die ou stad, bid by die Klaagmuur ens.

http://www.nylocations.com/wp-content/pano/pano/jewish-quarter-600.jpghttp://www.pjvoice.com/v20/photos/kotel.jpg

Johnny
Jul 19th 2011, 01:12 PM
Nog deel van dag 9 & 10

Lê ook ‘n opwindende besoek af by ‘Die stad van Dawid’, en loop deur die beroemde tonnel wat Hiskia gegrawe het.

http://static.skynetblogs.be/media/68703/726_af718ffec2635dca6330088c29f47b98.jpghttp://www.bibleplaces.com/images/Hezekiahs_Tunnel_tb_n031200_wr.jpg

Doen ook aan by die Yad Vashem museum waar die hartseer verhaal vd Holocaust uitgebeeld word.

http://bikyamasr.com/wordpress/wp-content/uploads/2010/09/YadVashem.jpghttp://www.vosizneias.com/wp-content/uploads/2009/12/yad.jpghttp://media-cdn.tripadvisor.com/media/photo-s/01/8c/52/7a/yad-vashem.jpg

In die aande is ons vry om oa te gaan wandel in Ben Yehudastraat met sy talle Joodse winkeltjies en interessante naglewe.

http://www.jewishvirtuallibrary.org/images/benyehuda.jpghttp://s3.hubimg.com/u/2085554_f520.jpg

Johnny
Jul 19th 2011, 01:15 PM
Dag 11: Don, 1 Sept JERUSALEM

Dag vry om Jerusalem op u eie te verken – sien aangehegte lys van besienswaardighede.

http://www.tedmontgomery.com/bblovrvw/emails/images/templemodel-01.jpghttp://www.cs.plu.edu/~brink/ExodusTour/e-Israel-4/Jeru-WestGoldenMenorah.jpghttp://www.ynetnews.com/PicServer2/04062007/1305135/liat1&91%3B1&93%3B_wa.jpghttp://shibarandas.com/wp-content/uploads/2010/03/temple_mount_jerusalem.jpg

Johnny
Jul 19th 2011, 01:17 PM
Dag 12: Vry, 2 Sept , word om 1:30 na lughawe oorgeplaas vir dagvlug na Suid Afrika.

Arriveer ongeveer 14:00 in Suid Afrika met groot heimweë!

http://widebodyaircraft.nl/b767elal.jpg

Ta-An
Jul 19th 2011, 02:01 PM
Johnny!!!
As ek weer hierdie draad raak sien, dan pak jy my in jou tas en en ek gaan saam!!!

Johnny
Jul 20th 2011, 05:18 AM
Johnny!!!
As ek weer hierdie draad raak sien, dan pak jy my in jou tas en en ek gaan saam!!!

Aaaiiiii Ta-An.....daar is nog plek op die toer, maar ongelukkig nie meer op die vliegtuig nie. Ons is net 31 wat gaan, en dit is 'n lekker klein groep wat die belewenis baie meer intiem maak. Meeste mense wat gaan is nie in ons gemeente nie. Jy gaan as vreemdelinge, maar kom as 'n familie terug!

Johnny
Jul 20th 2011, 05:42 AM
STUDIESTUK

Pastoor Dries het vir ons 'n studiestuk saamgestel en ek wil dit ook graag met julle deel in 'n paar plasings.

"Liewe medepelgrim

U begeef uself op ’n toer na die mees betekenisvolle land ter wêreld, nie net omdat dit die plek is waar vir ons saligheid betaal is nie, maar ook omdat die eindtydgebeure rondom hierdie stukkie aarde [waarvan die Here 1487 keer gesê het dit is Syne], afspeel.
U sal geestelik aangeraak en verkwik, met ’n hart vol heimweë, terugkeer!
Die Bybel sal vir u ’n nuwe betekenis kry. U sal die prentjie kan sien wanneer u weer in u gemeente na ’n boodskap van bv. Jesus se bediening rondom die see van Galilea luister, want u was daar!
’n Mens reis na Israel met ’n opgewonde, biddende en verwagtende hart! Mag hierdie inligtingstuk meehelp om die prentjie van Israel duideliker te maak.

Baie dankie dat u met ons saam reis.

Past. Dries en Margie van As"

Johnny
Jul 20th 2011, 06:07 AM
STUDIESTUK 1

Die wonder van Israel
http://www.friendlytours-online.com/images/Israel Wonders.gif
As ’n mens in ’n enkele woord moet antwoord of daar ’n God is en of die Bybel waar is, is daar net een woord wat dit kan doen:
Israel!
Volgens die bestaansreëls van nasies, is dit onmoontlik dat enige volk wat deurgemaak het wat die Jodedeurgemaak het, ooit weer sou herleef!

Na meer as 2000 jaar, skielik op 15 Mei 1948 is daar weer ’n Israel op die wêreldkaart.

Jes. 66:8
“Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word ‘n land op een enkele daggebore? Of word ‘n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë ekry, meteens haar kindersgebaar.”

Amos 9:15
“En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, sê die HERE jou God.”

Die herstel van die ekologie. Tydens die Turkse besetting [1517-1917] is belasting gehef op bome.
Die gevolg – al wat ’n boom is, is afgekap. Die land is verwoes, die reënval het verminder en dit het ’nwoesteny geword.

Skielik is die Jode weer terug in hulle land, op berge en in dale is bome aangeplant[wat weer die reënpatroon positief beïnvloed het], ja, selfs die woestyn bloei van groente- envrugteboorde.
Vandag is Israel die derde grootste uitvoerder van vrugte en blomme in die wêreld.

Eseg. 36:33-36
“So sê die Here HERE: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ekdie stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word. En die verwoeste land sal bewerk word, in
plaas dat dit ‘n wildernis is voor die oë van almal wat verbygaan. En hulle sal sê:
Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoesen afgebreek was, is versterk en bewoon.”

Die herstel van die Hebreeuse taal. Alhoewel Hebreeus die taal van die Jode is, is dit opgehoupraat ongeveer 200nC. Eliezer Ben-Yehuda [1858-1922] het egter ’n reuse bydrae gemaak dat dietaal weer vandag gepraat word. Na hy in 1881 in die land aangekom het pioneer hy die gebruik van dietaal in die huis en skool. Hy stel ook volumes Hebreeuse woordeboeke op.Vandag is Hebreeus die amptelike taal van Israel. Jode wat daarheen terugkeer moet die taal aanleeras deel van hul oriëntering en opname in die land.

Sef. 3:9
“Want dan sal Ek aan die volke rein lippe [a pure language -KJV] toebring, sodat hulle almaldie Naam van die HERE sal aanroep en Hom met ‘n eenparige skouer sal dien.”

Israel as bewys van die nabye wederkoms. Die terugkeer van die Jode na Israel is en bly dieduidelikste bewys dat ons aan die einde van die dae leef, vlak voor die wederkoms van die Here. DieHere het Israel na bykans 2000 jaar of 2 dae (volgens2 Pet. 3:8), weer in hulle land hervestig net soosHy beloof het. Daarom is dit dan ook nie vreemd dat ons ‘n duidelike uitspraak hieromtrent in Hos. 6:2vind nie. Die Woord sê daar m.b.t. Israel:

"Hy sal ons na twee dae lewend maak, op die derde dag onslaat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe."

Israel was vir 2 dae (2 000 jaar) tussen die nasiesverstrooi en as volk was hulle ‘dood’. Die derde dag dui op die duisend jaar van vrede wat sal volg nadatdie twee dae voltooi is.
[Talle skrifte ivm bogenoemde is op aanvraag beskikbaar.]
3
-
Meer omtrent plekke op ons toer -

Ben Gurion lughawe
http://www.nowtheendbegins.com/images/david_benGURION.jpg

Vernoem na die eerste,Eerste Minister vanIsrael na totstandkomingvan Israel as staat op15 Mei 1948
David Ben-Gurion

Wanneer ons ons voete neersit in Israel, trap ons reeds op grond met
Bybelse betekenis. Die Ben Gurion- ofLod lughawe is:

geleë in die omgewing van die dorp Lidda of Lod [suid vd Saronvlakte], reeds genoem in 1 Kron. 8:12.
Petrus maak ‘n sekere Eneab hier gesond, waarna al die inwoners tot bekering kom. Petrus word vanhier af na Joppe ontbied nadat Tabita, ‘n welsynswerker, gesterwe het
(Hand 9:32-43).

Profeties van aard. Op die dorpie Lod se embleem kry ons die volgende woorde: Jer 31:17 “Ja, daar isverwagting vir jou nakomelinge, spreek die HERE; en die kinders sal terugkom na hulle grondgebied.”

Dit is baie gepas want ons lees in Neh 7:37 van die kinders van Lod se terugkeer in 536 vC, ná dieBabiloniese ballingskap. Dit was maar ‘n voorloper van die duisende Jode wat vandag deur die poortevan Ben Gurion lughawe na hul vaderland terugkeer.
Van hier reis ons suidwaarts na Eilat, en wel deur die volgende gebiede:

Die Dal van Ayalon, waar Josua bid dat die son moes stilstaan [Jos.10]. Ook genoem die dal vanGibeon – Dawid verslaan die Filistyne hier, óók op ‘n bonatuurlike wyse [2 Sam 5:23-25]. Talle anderveldslae in die onlangse geskiedenis het ook hier plaasgevind oa Die Kruisvaarders, Genl. Allenby entydens die Sesdaagse oorlog in 1967.

Die Sorek Vallei. Oa speel die verhaal van Simson hier af. [Rigt. 13-16]

Vallei van Elah [Dal vd terpentynboom] Dawid en Goliat. [1 Sam. 17] Later val ook Goliat se ander vierbroers deur die hand van Dawid en sy manne.
[2 Sam. 21:22]

Berséba. Die hoofstad van die Negev woestyn. Die stad se naam is ‘n samevoeging van twee woorde.Beer wat beteken put en Sheba wat beteken sewe. Kom neer op Sewende put of Put van die sewe.

Daar is ook ‘n spreekwoord in Israel:
“Van Dan tot Berseba” Dan is die noordelike en Berséba diesuidelike grens van die 12 stammeryk. Ons oornag hier tydens ons eerste nag.
Geestelike betekenis:

Ons lees die eerste keer van Berséba in Gen. 21:1-21. Dis in hierdie omgewing dat Abraham Sara seslavin, Hagar en haar seun Ismael, wegstuur [v14]. Hier begin die moeilikheid met die Arabiere!

Hier sluit Abraham met Abimeleg, die koning van Gerar [Gen. 20:2] ‘n verbond. Gen. 21:22vv

Hier ontvang Abraham die opdrag om Isak te gaan offer. Gen.21:33 – Gen. 22:19

Isak woon hier en ook verskyn die Here hier aan hom. Gen.26:23-24

Jakob vlug van hiervandaan vir Esau. Gen. 28:10vv
Dit was dus die hoofstad van die aardsvaders Abraham, Isak en Jakob, en ook die oorsprong van ons geloofwant Abraham is ook ons vader.
Rom. 4:16

Hierheen vlug Elia vir Isébel. 1 Kon. 19:1-4
Ben Gurion lughawe

Vernoem na die eerste,Eerste Minister vanIsrael na totstandkomingvan Israel as staat op15 Mei 1948David Ben-Gurion
4

Voordat Israel ‘n koning gehad het, regeer die seuns van Samuel, as rigters, Israel hiervandaan.
Gen 21:32-33

So het hulle[Abraham en Abiméleg] dan 'nverbond gesluit in Berséba. .....En hy het 'n tamarisk in Bersébageplant en daar die Naam van dieHERE, die ewige God,aangeroep.”

1 Sam. 8
’n Tamarisk en ’n put Moderne BersébaEilat

Die mees suidelikste stad in Israel. Een van die plekke aangedoen deur Israel tydens uittog. Deut. 2:8

Salomo het hier skepe gebou. 1 Kon. 9:26
4 Sept. 09

70 km suid van Eilat is na my mening die mees waarskynlikste plek van die deurtog deur die Rooi See.
[
Ex. 14] by ’n plek met die naam van Nuweiba.
Niemand kan ’n verklaring gee waar die Rooi see sy naam vandaan kry nie. Die Bybel het dit egter profeties sogenoem met die oog op die bloed wat dit gaan rooi kleur met Armageddon! Die bloed sal vloei vanaf Jerusalem,deur Bosra [Edom, wat ‘rooi’ beteken] tot by die Rooi see. Open. 14:20 “En die parskuip is buitekant die stadgetrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.” [VanafJerusalem tot by die Rooi see: 320km of 200 myl.]

Petra in Suid Jordanië [Edom in die Bybel]
[U kan hierheen gaan tydens ons verblyf in Eilat]
Sowat 80 km suid van die Dooie see vind ons die eens verlore stad, Petra. Hierdie pragtige, uitgekapte, rooi,granietstad was feitlik onbereikbaar in die ou tyd en vir baie eeue onbekend vir die wêreld tot dit in 1812 deur ‘nsekere John Burckhardt herontdek is. Petra word bereik deur 'n smal skeur in die rooi rotsformasie met kranse
Gen 21:32-33
So het hulle[Abraham en Abiméleg] dan 'nverbond gesluit in
Berséba. .....
En hy het 'n tamarisk in Bersébageplant en daar die Naam van dieHERE, die ewige God,aangeroep.”Hier is ‘n perfekte onderwater landbrug.Duikers het hier verskeie wiele van Farao se
strydwaens ontdek.
Ex. 14:25-28
http://wyattmuseum.com/red-sea-crossing.htm
5
van soms tot 100 meter aan elke kant. Soms is die kloof minder as drie meter breed. Die tempels en altare,uitgekap in die rooi klip, getuig van die verbasende tegniese vermoëns van so lank gelede.

Was voor die verwoesting van Sodom en Gemorra‘n tropiese landskap van mere en diere.
Gen. 13:10

Staan ook in die Bybel bekend as Sela [Rots], 2 Kon. 14:7
en
Seïr [harig], Gen. 36:8

Esau het die Horiete [grotbewoners] daarvandaan
verdrywe
[Deut. 2:12] en dit het sy gebied geword.
[
Gen. 36:1 & 8] Daarvandaan het hy as koning geheers.
[
Deut. 2:4-5]

Die hoë deurkosyne getuig vd reuse wat voorheendaar gewoon het. [Deut. 2:10]

Die Nabateërs, ’n intelligente Arabiese stam, het vanaf diesesde eeu v.C. die gebied binnegetrek en die Edomiete[Esau se nageslag] tot teen die suidelike grens van Judea gedruk.
Uit hulle kom die hedendaagse Palestyne.Hulle land is toe Idumea [Griekse woord vir Edom] genoem enuit hierdie land en volk het Herodes die Grote [wat die 2 de tempel
gebou het] gekom. Die Nabateërs het in die tyd van Jesus hullehoogtepunt belewe en die hele suidelike en oostelikewoestyngebied beheer.

In 105 nC het die Romeine die stad ingeneem en dit toe genoem: “Arabië Petra”.Na die val van die Romeinse ryk in 483 nC het die stad in die hande van die Arabiere gekom. In die 7de eeu hetdie stad vervalle en eintlik verlore geraak vir die beskawing. Vir omtrent ‘n 1 000 jaar was Petra ‘n spookdorp.

Waarom is Petra vir ons belangrik?
Ons glo dit is hierheen waarheen die Jode in die 2 de helfte vd Groot Verdrukking vir die antichris gaan vlug:

Matt. 24:15-16 “Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeetDaniël, sien staan in die heiligdom--laat hy wat lees, oplet-- dan moet die wat in Judéa is, na die bergevlug;”

Open. 12:6 “ En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaakis, dat hulle haar daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.”

Ps. 60:11 “Wie sal my bring in die versterkte stad? Wie kan my lei tot in Edom?”

Miga 2:12 “Gewis sal Ek jou geheel en al versamel, o Jakob! Gewis sal Ek vergader die oorblyfsel vanIsrael; almal bymekaarbring soos [B]skape in ’n kraal,
[ as the sheep of Bozrah, KJV] soos ’n kudde in syweiveld; en dit sal dreun van mense.” [Bosra beteken skaapkraal, en is digby Petra]

“Die opdrag aan die Jode is duidelik: “

Vlug na die berge” (Matt. 24:16). Die berge in Israel is nie baie hoog nie,op die hoogste omtrent 1200 meter. Hulle bied ook nie baie veilige beskutting nie. Hierteenoor is die berge by
Petra die hoogste in Jordanië, omtrent 1500 meter hoog. Dit is van die mees ruwe en ontoeganklike berge in diewêreld. Dit sal baie moeilik vir die Antichris se magte wees om die Joodse ballinge hier te bereik. Die Jode salbeslis ook in die lig van Daniël 11:41 weet dat Jordanië ‘n veilige ontvlugtingsplek sal wees, omdat dié land uitdie hand van die Antichris sal ontkom. Daar staan: “Hierdie volke sal uit sy hand vryraak:
Edom en Moab en diebeste deel van die kinders van Ammon.”
Die gebiede van hierdie drie antieke volke stem met die huidigeJordanië se grense ooreen. In die lig van hierdie Bybelse profesie sou dit dus baie wys wees om na die verlatebergvesting van die Edomiete in Jordanië te vlug. Neem verder ook die feit in ag dat Petra tot ‘nwêrelderfenisgebied verklaar is, wat in tye van oorlog nie aangeval, gebombardeer of op enige manier beskadigmag word nie. Dit maak nog soveel te meer van die plek ‘n veilige ontvlugtingsoord.”
[Prof. J. Malan]

Johnny
Jul 21st 2011, 05:26 AM
STUDIESTUK 2

Timna Park [25km noord van Eilat]
Koper is in hierdie vallei gemyn so vroeg as 3500 vC, wat dit die oudste bekende kopermyne ter wêreld maak.
Staan vandag bekend as Salomo se kopermyne, en waarskynlik is al die koper vir gebruik in die eerste tempel hier gemyn. [Deut. 8:9]
Hier is ook ’n ware replika van Moses se tabernakel in die wildernis. Die besigtiging daarvan, en die lering daar rondom is sielsaangrypend.

Masada [Verder Noord van Timna Park, aan die Dooie See]
’n Bergvesting goed bekend aan koning Dawid – 1 Sam. 22:1-5; 1 Sam. 24:23.
In die tyd van Herodus die Grote, wat ook die tweede Tempel gebou het, omskep hy hierdie vesting in ’n lushof met hangende tuine, ’n winterpaleis, voorraadskure, ’n swembad, sauna, ens. Hy bou ook ’n muur reg rondom op die rand vd kruin.
’n Groot tragedie het egter in die Nuwe Testamentiese tyd hier afgespeel:
In 66nC het ‘n groep Jode [Selote] in opstand gekom teen die Romeine en onder leiding van Menechem Ben-Yehuda, Masada beset. Na Jerusalem in 70nC onder genl. Titus geval het, het die Romeinse 10de legioen 7 hierdie laaste Joodse weerstand probeer vernietig. Vir drie jaar het hul 15 000 Joodse slawe gebruik om ’n pad [‘ramp’] na bo te bou. Toe die Romeine ten einde laaste die vesting betree vind hulle al 960 Selote dood. Wat gebeur het is dat familiehoofde hul gesinne moes doodmaak, waarna hulleself selfmoord gepleeg het – eerder as om oor te gee. Slegs ’n paar vroue het oorleef om die verhaal te vertel.
Vandag nog word Israeliese offisiere op Masada ingesweer met die woorde: “Masada sal nooit weer val nie!”

Dooie see
Ook genoem die Soutsee in die Bybel. [Gen. 14:3; Num. 34:3; Deut. 3:17 ens.]
Die laagste plek op aarde – 408m onder seevlak – 305m diep – 7 keer souter as die see – onskatbare rykdom [Iemand het uitgewerk 10x die waarde van die belasbare eiendomme van die VSA].
Antieke kaarte, argeologiese opgrawings rondom die Dooie see en onlangse satelietfotos bevestig dat ondergenoemde stede wel onder die Dooie see lê.
Die hangende paleis van Herodus by Masada.
Let op die imposante bouwerk.
‘n Veilige vesting, 400m bo die Dooie see.
1 Kron. 12:8 “Ook van die Gadiete het hulle afgeskei na Dawid, na die bergvesting in die woestyn, dapper manne, krygsmanne in die oorlog, toegerus met skild en spies, en hulle gesigte was leeugesigte en hulle was vinnig soos gemsbokke op die berge:”
Deut. 29:23 ook swawel en sout deurdat sy hele oppervlakte uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim wat die HERE in sy toorn en in sygrimmigheid omgekeer het—
Gen. 19:24 - 25 “En die HERE het swawel en vuur oor Sodom en Gomorra laat reën van die HERE uit die hemel, en Hy het hierdie stede omgekeer en die hele Jordaanstreek, ook al die inwoners van die stede en wat op die grond groei.”
8
Die Dooie See lê in die Siries/Afrikaanse sinkdal wat sommige reken strek vanaf Sirië [Noord van Israel], deur die Dooie See, deur die mere van Middel Afrika om uit eindelik in Bredasdorp in ons eie land uit te loop. Dis een van die merkwaardigste aardrykskundige verskynsels in die wêreld.

Ein-Gedi [Aan die Dooie See]
Die Bybel leer dat tydens die 1000 jarige vrederyk sal vissers hul nette hier droogmaak, omdat die water wat uit die vierde tempel [gebou deur die Messias] gaan vloei, die Dooie See gaan lewend maak. Eseg. 47:10

Die Qumrangrotte [Noord van Ein-Gedi, ook aan die Dooie See]
Dooie see rolle.
Vroeg in 1947 het ’n Bedoeïn skaapwagtertjie ’n klip in ’n grot gegooi en gehoor iets breek. Gedink dis ’n bose gees; vlug, maar keer twee dae later terug en ontdek in die grot talle antieke kleipotte. Binne-in, grootse skatte van leer perkamentrolle, waaronder dié van Jesaja. ’n Bewys van die gesag van die Bybel, aangesien baie beweer het oa Jesaja 53 is na die kruisiging geskrywe. Dit is deur dié ontdekking weerlê. 750 jr vC is Sy
kruisiging dus presies beskryf – die Bybel is waar!

Woestyn van Judea
Hier het Dawid en sy manskappe vir Saul weggekruip.1 Sam. 24:1vv
Sirië
Israel
Afrika
Jordanië
Libanon
9
Die langste rol is 8,148m. Die meeste van die rolle word in Israel bewaar [Sommige in die ‘Shrine of the Book’ en ander in die Rockefeller Museum, Jerusalem]. Van die rolle is ook in Jordanië en Europa.

Jerigo
Die oudste stad in die wêreld. [Nou onder Palestynse beheer] Naam beteken “Maanstad’, maar is in die Bybel ook bekend as Palmstad. [Deut. 34:3 oa]
 Reg teenoor Jerigo[Regs van Jerigo op kaart] is die berg Nebo vanwaar God vir Moses die beloofde land wys. [Deut. 32:49]
 Die deurtog deur die Jordaan, in die beloofde land in, vind hier naby plaas. [Jos. 3:14-17]
 Dit is ook die eerste stad waarteen die Israeliete veg, nadat God die mure laat insak. [Jos. 1-6]
 Die profeet Elia gaan hier naby droogvoets, soos Israel van ouds, deur die Jordaan om dan lewend op te vaar na die hemel.
[2 Kon. 2:8-11]
 Elisa, sy opvolger maak hier ’n fontein gesond.[2 Kon. 2:19-22] Die fontein vloei vandag nog.
 Die doopplek van Johannes die Doper was ook hier naby. [Joh. 1:28]
 Jesus genees hier die blinde Bartimeus [Mark. 10:46vv], en die verhaal van Saggeus in die wildevyeboom, speel ook hier af. [Luk. 19:1vv]

Betábara naby Jerigo
Die oorspronklike doopplek van Johannes die Doper. As dit moontlik is gaan ons hier ‘n doopdiens hou.
Joh 1:28 “Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.”

‘Shrine of the Book’ in Jerusalem.
Die vorm van ‘n kruikdeksel.
Timna
Masada
Ein - Gedi
Petra
Qumran
Jerigo
Nasaret
10

Nasaret
Vandag ’n baie groot stad met hoofsaaklik Arabiese inwoners. Was ’n klein, onopsigtelike plekkie, waar Jesus opgegroei het.
Joh. 1:47 “Kan daar uit Násaret iets goeds wees?” Joh. 7:52 [Násaret verpersoonlik iets niksseggends]
Jes. 53:3 “Hy was verag …. “
Joh. 19:19 “En Pilatus het ook ‘n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE.”
Dit is juis in Násaret waar die vraag beantwoord word: Hy wat alleen goed is groei hier op. Nasaret spreek van onsterflikheid. [Dubbelprofesië – Dan. 9:26 – Gesalfde uitgeroei, maar ‘n stomp bly oor. Jes. 6:13]
Die verhaal vd olyfboom: ‘netzer’ “The very name of Nazareth suggested insignificance. In Hebrew it meant sprout or shoot.” [Vincent’s word studies] “By dwelling at Nazareth, he would appear to be, and would be "called a Nazarene, or Netzer, the branch"; being an inhabitant of Natzareth, or Netzer, so called from the multitude of plants and trees that grew there.” [John Gill’s Exposition of the whole Bible]
Jes. 11:1 ‘loot’ = netzer “Maar daar sal 'n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en 'n loot uit sy wortels sal dra”
Die Olyfboom is feitlik onvernietigbaar – lote groei bv. vanuit 2000jr oue wortels- kan in stomp of stam inge-ent word.
Onsterflik - 1Tim. 6:16 “wat alleen onsterflikheid besit ……”
Wortel van Dawid. Open. 5:5 en 22:16
Ons is ook ‘netzer’ – Rom. 11:17+24
1 Kor. 1:26-28 ” Want let op julle roeping, broeders: julle is nie baie wyse na die vlees nie, nie baie magtiges, nie baie edeles nie; maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam; en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies, en wat niks is nie, om wat iets is, tot niet te maak,”
Maar Hy is ook die ‘tsemach’ of spruit , of die een wat soos die dageraad opspring en die wêreld verlig!

Rondom die See van Galilea. [ Kinneret = harp. ‘n Derde van alle drinkwater in Israel kom hiervandaan.]
Galilea beteken ‘golwende heuwels’.
See van Galilea Bootmuseum met 2000jr oue ‘Jesus boot’
11
Saligsprekinge Tabgha Mensa Christi Tiberias Van die belangrikste rabbi’s is hier begrawe. Die Joodse Raad, die Sanhedrin, het met die verwoesting van Jerusalem in 70nC, hierheen gevlug. Dit word een van die hoofsentra van Joodse kultuur. Van die belangrikste Joodse geskrifte, oa die Talmoed, het hier hul ontstaan gehad. Tydens die kruistogte was dit die hoofstad van Galilea.
‘n Geskiedkundige gebeurtenis het op 14 Oktober 2004 hier plaasgevind – vir die eerste keer in 1 600 jaar het hier weer ‘n Sanhedrin tot stand gekom. Dit is betekenisvol met die oog op die bou van die derde tempel!
Daar is geen aanduiding dat Jesus ooit hier was nie, alhoewel Hy vir drie jaar digby gewoon en bedien het. Die enigste stad langs die see
van Galilea wat nie verwoes is nie, waarskynlik omdat hul nooit persoonlik die boodskap van Jesus gehoor het soos die ander stede daar rondom nie. Matt. 11:20-24
Kerk op berg by see van Galilea waar Jesus die saligsprekinge gebring het. Matt. 5:1vv
Waar die vermeerdering van die brode plaasgevind het.
Mark. 6:36vv
Hier het Jesus weer vir Petrus herstel.
Joh. 21:15vv
Met redelike sekerheid kan gesê word dat Jesus dikwels van hierdie trappe van die destydse hawe gebruik gemaak het.

Koninkryke rondom see v Galilea :
Galilea = Herodus Antipas [ook bekend as Jakkals]. Bou Tiberias ter ere van keiser Tiberius. [21nC]
Oorkant die Jordaan, NO van meer – Philip. Hy bou Ceaserea Philippi as hoofstad.
Die Dekapolis suid van Philip se koninkryk. Griekse stede. Matt. 4:15 “Galilea vd heidene.”
12

[B]Kapernaum
Banias
Jordaanrivier Doopplek by Yardenit

Jordaan beteken ‘neerdaler’. Soos wat die Jordaan uit die hoogste deel van Israel neerdaal na die laagste plek op aarde, die Dooie see, so het Jesus vanaf die Allerhoogste neergedaal tot by die laagste sondaar en die dood.
[Fil. 2] Die Jordaan is die lewensaar van Israel – so is Jesus die lewegewer!
Een van die drie oorspronge van die Jordaan en moontlik die verste noord wat Jesus beweeg het. Petrus se groot uitspraak het hy hier gemaak. Matt. 16:16 “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

Enigste rivier in die wêreld wat vir die grootste gedeelte onder seevlak vloei.
Johannes die Doper het oa Jesus in die Jordaan gedoop. Matt. 3:13-17
Die stad waar Jesus die grootste gedeelte van Sy bediening gewoon het. Matt. 4:13

Hoekom het Jesus hier bedien?
Kapernaum = ‘village of comfort’. Stad van troos en herstel. Hier het Jesus bedien, want dit is in Galilea dat die vyand eerste die land binne geval en verwoes het. Hier red en herstel en troos Hy.
Jes. 9:1-2 “Want nie langer sal dit donker wees daar waar benoudheid is nie: in die eerste tyd het Hy die land Sébulon en die land Náftali in veragting gebring, en in die laaste tyd bring Hy tot eer die weg na die see, die oorkant van die Jordaan, die streek van die heidene. Die volk wat in duisternis wandel, het 'n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het 'n lig geskyn.”
13

Die berg Karmel
Hiervandaan kry ons ’n perfekte uitsig oor die Jisrieëlvlakte en Megiddo.
Megiddo is geleë in die noorde van Israel [80 km noord van Jerusalem], oos van die berg Karmel en 16 km suidwes van Nasaret. Verder is dit 24 km vanaf die Middellandse see.
Megiddo is die kruispad van die antieke ‘Weg na die see’ en die sentrale hoofweg deur Israel en vorm ’n landbrug tussen Afrika, Asië en Europa. Dit was ’n strategiese militêre pos wat vir baie eeue die streek beheer het. Om hierdie rede was Megiddo ’n gesogte teiken vir die magte wat beheer wou neem. Salomo het ook hier ’n sterk vesting gehad [1 Kon. 9:15]
Die stad kyk uit oor die vlakte van Jisreël [die broodmandjie van Israel].Hierdie vallei strek vanaf die berg Gilboa in die suid-ooste tot by Haifa aan die Middelandse see.

Menige oorlog is al hier gevoer:
 Die Egiptiese koning, Totmes 3, het in 1479vC hier geveg teen ’n Siriese bondgenootskap.
 Hier het Debora en Barak vir Sisera verslaan. Rigters 4 en 5:19-21
 Gideon verslaan hier die Midianiete met 300 man. Rigters 7
 Hier het Saul voor die Filistyne gesneuwel. 1 Sam. 31:8
 Markus Antonius, Vespasianus en Titus het almal deur Megiddo getrek op hul tog na die suide.
 Die Kruisvaarders en die Mohammedane het hier geveg.
 In 1799 het Napoleon hierdeur getrek op sy weg na die hawestad Akko.
 Genl. Allenby en die Britse leër het hier ’n slag van 5 dae geveg teen die Turks-Duitse magte en Haifa beset.
Die kulminasiepunt van die groot verdrukking is die slag van Armageddon. [Open. 16:14-16]
Die woord Armageddon is afgelei van die Hebreeuse woord ‘Har’ wat ‘berg’ beteken en ‘Megiddo’ [‘om te slag’] ’n stad op ’n mensgemaakte heuwel of ‘tel’, naby die moderne hawestad Haifa.
Dit is dan ook hier waar die Here die leërmagte van die werêld gaan saambring vir die uiteindelike slag wat oos van Jerusalem gaan plaasvind in die dal van Josafat [die Here oordeel]. Joël 3:2.9,12
In daardie dag gaan die Here se voete staan op die Olyfberg wat dan in twee gaan skeur om dan ’n verdere dal te vorm wat deur Edom [Die suidelike deel van huidige Jordanië] sal loop tot by die Rooi see. Sag. 14:4 “En in dié dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lê, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide.”

Standbeeld van Elia op die berg Karmel ter gedagtenis van sy slagting onder die Baäl profete [1 Kon. 18]
14

OLYFBERG GEREED OM IN TWEE TE SKEUR
Volgens die Atlas of Israel, 1985, p.17 is daar ‘n aardbewing foutlyn wat van wes na oos deur die area van die Olyfberg loop. Vers 15 van dieselfde Sag. 14 praat juis van ‘n aardbewing en so ook die boek Openbaring, hfst. 16:18.
Open. 14:20 “En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, twee honderd myl ver.”
Behalwe die bloed van die leërmagte van die wêreld sal elke sondaar wat die groot verdrukking oorleef het, deur die engele van God hierheen gebring word om vertrap te word. [Joël 3:14; Matt. 25:31-32; Open. 19:15-18]
Die bloed sal vloei vanaf Jerusalem, deur Bosra [Edom, wat ‘rooi’ beteken] tot by die Rooi see. Niemand kan ’n verklaring gee waar die Rooi see sy naam vandaan kry nie. Die Bybel het dit egter profeties so genoem met die oog op die bloed wat dit gaan rooi kleur met Armageddon!
Die water wat tydens die 1000 jarige vrederyk vanuit die heiligdom in Jerusalem gaan vloei , gaan hierdie bloed reinig. [Sag. 14:8 en Eseg. 47:1-8]

Jisreëlvlakte
Bosra [±60km noord van Petra]

Rooi see
Sag. 14:8 “En in dié dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike [Dooie] en die
ander helfte daarvan na die Westelike [Middellandse] See...... “
Vanaf Jerusalem tot by die Rooi see: 320km of 200 myl.
Jes. 63:1-6 “Wie is dit wat daar aankom uit Edom, met bloedrooi klere uit Bosra? ........
Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos dié van een wat die wynpers trap?
Ek het die pers alleen getrap ....... en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.
Jer. 49:21 “ Van die geluid van hulle val bewe die aarde; daar is ‘n geskreeu— by die Skelfsee [Rooi see] word die geluid daarvan gehoor.”
Jisrieël vallei die oorsprong van alle koring in die wêreld. Israel die geboorteplek van die Brood vd Lewe!

Ta-An
Jul 21st 2011, 08:19 AM
Johnny ek wens ek was so voorberied gewees toe ek Israel toe gegaan het :)

Son of the South
Jul 21st 2011, 10:02 AM
Johnny ek wens ek was so voorberied gewees toe ek Israel toe gegaan het :)Ja-nee, ek sou helfte van die besienswaardighede verbyloop, omdat ek nie eers sal besef hoe betekenisvol dit is nie.

Johnny
Jul 21st 2011, 10:16 AM
Ja julle, dit is voorwaar 'n voorreg om 'n pastoor en toerleier te he wat soveel moeite doen. Baie mense wat gaan met ander groepe het gewoonlik ook toerleiers wat hull na al die afskuwelike RKK plekke neem, en dan kom hulle leeg terug omdat hulle nie regtig 'n ontmoeting met die Here gehad het in Israel nie.

Israel is nie maar net 'n stuk droe woestyn land nie....inteendeel, Israel BLOM die afgelope 63 jaar!

Johnny
Jul 22nd 2011, 09:23 AM
STUDIESTUK 3

15
Caesarea
Rosh Hanikra
By Rosh Hanikra is kalksteen grotte wat die see in die wit kalksteenkranse uitgehol het.
Dit was ‘n poort waardeur karavane en weermagte deur die geskiedenis heen beweeg het. Dit was deel van die die hoofhandelsroete tussen Libanon en Sirië in die noorde en Israel, Egipte en Afrika in die suide.
Nadat Alexander die Grote Tirus vernietig en oorwin kap hy ‘n tonnel in die rots vir sy weermagte. Hierdie weg word gebruik deur die Seleucids en die Ptolemeë in die tweede en derde eeu voor Christus en ook deur die Kruisvaders in 1099 nC.
Tydens die tweede wêreldoorlog grawe Britanje ‘n 250 meter treinspoortonnel. Dit was gedoen om die treinspoor netwerk in Israel te verbind met die een in Libanon. Dit sou ‘n aaneenlopende treinspoor skep tussen Egipte via Sinai, Israel, Libanon, Sirië en Turkey tot in Europa vir hul troepe en voorraad. Die werk is gedoen deur ‘n ingeneursafdeling van die Britse weermag komende uit Suid-Afrika en New Zealand.
Met hul onafhanklikheidsoorlog in 1948 het Israel hierdie treinspoor vernietig uit vrees vir ‘n Arabiese inval uit die noorde.
Net noord hiervandaan vind ons Tirus en Sidon.

Matt. 15:21

“En Jesus het daarvandaan weggegaan en na die streke van Tirus en Sidon vertrek.” Dit is dusbaie moontlik dat Jesus ook hierlangs verby sou beweeg.”
25vC het Herodus hier ‘n hawe gebou. Cornelius het hier gewoon [Hand. 10];Filippus het hier gepreek [Hand. 8:40]; Paulus was hier by hom aanhuis[Hand. 21:8]; Hier het hy ook sy 2de en 3de sendingreise afgesluit [Hand.18:22; 21:8];Hand. 23-26 handel oor Paulus se verhore hier voordat hy asgevangene na Rome vertrek.
Dit was ook die woonplek van Pilates en tydens opgrawings is ’n inskripsiemet sy naam op, hier gevind.
16
Die Herodian
Een van die oudste hawens in die wêrelden bekend as ‘n kruisvaarderstad. [Diekruisvaarders wou die Moslems uit Israelverdryf en vir die Roomse kerk wen.]
In die Bybel lees ons ook vd Akko.
Rigters 1:31-32 en 5:17

[As deel vdgrondgebied van Aser] ‘n Veilige stad.
Akko
Sowat 12 km suid van Jerusalem is dieHerodian, een van die vestings vanHerodus die Grote
. Hy was lief vir grootse bouwerke. Ons het die oorblyfselvan een van sy paleise op Masadagesien. Hy het ook die tempel wat in dietyd van Jesus bestaan het, herbou.
Onlangs is ook sy graf hier ontdek.
17
Jerusalem – Die Stad van die Groot Koning!
Ps. 48:1-2 “

Die HERE is groot en baie lofwaardig in die stad van onse God, sy heilige berg!Skoon deur syverhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Sion, aan die noordekant, die stad van die grootKoning!”

2 Kron. 6:6 “Maar Ek het Jerusalem verkies,dat my Naam daar sou wees, .......... ”
Dit is letterlik so: Die drie valleie rondom die tempelberg vorm die eerste letter van Sy Naam!
שׁ דַּ יַ
= Shaddai
Die vroegste bekende naam vir Jerusalem was ‘Salem’ [Vrede]. Melgisedek was toe koning.
Gen 14:18

“En Melgisédek, die koning van Salem, wat ‘n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood enwyn gebring”
Eers in koning Dawid se tyd het Jerusalem in Israel se besit gekom toe hy dit van die Jebusiete afgeneem het.
1 Kron. 11:4-5

“En Dawid en die hele Israel het getrek na Jerusalem, dit is Jebus; en daar was die Jebusiete diebewoners van die land. En die inwoners van Jebus het vir Dawid gesê: Jy sal hier nie inkom nie. Maar Dawid hetdie bergvesting Sion ingeneem, dit is die stad van Dawid.”Jerusalem word 800 keer in die Bybel genoem!
Ps. 122:2
“Ons voetestaan in jou poorte, oJerusalem!”
שׁ
= shin
18
Verwoes in 70 nC
Nog nooit was daar ’n stad wat soos Jerusalem beleër was nie. In 70 nC is dit deur Genl. Titus totaal verwoes.
Deur die eeue was dit vertrap deur oa die Assiriërs, Babiloniërs, Grieke, Romeine, Basintyne, Kruisvaders enArabiere om net ’n paar te noem. Vanaf 1517 tot en met 1917 het die Turke Jerusalem beset.
Herstel van Jerusalem
Luk. 21:24

“ ....... en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is.”
Op
9 Desember 1917 het Genl. Allenby en die Britse leër Jerusalem binne gegaan sonder om ‘n skoot te skiet.
Dit het so gebeur: Genl. Allenby wou nie die stad bombardeer nie en stuur vliegtuie daaroor wat strooibiljetteuitgooi wat sê die stad is omsingel en hulle moet oorgee. Hulle beskou dit as ’n boodskap van Allah [ALLENBY =‘profeet van God’ in Arabiers] en gooi van vrees die poorte oop. Engeland neem mandaat van die gebied.
Die Skrif word letterlik vervul: 9 Desember 1917 val volgens Joodse kalender op die 24 ste van hul negendemaand. Let op na Haggai 2:18-19 “Merk tog op, van hierdie dag af terug, van die vier en twintigste dag van dienegende maand, naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die tempel van die HERE gelê het; merk op:.......... Van hierdie dag af sal Ek seën.”
Die Turke weer het hul jaartelling bereken volgens die Hegira almanak.
1917 was vir hulle die jaar 1335. Let opwat sê Dan. 12:12 “Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik.” Bybel is ’n dag dikwels die simbool van ’n jaar. Vgl. [/SIZE][I]Eseg. 4:4-6]

Hosea 1:7
“Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek salhulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.”
Jes. 31:5

“Soos voëls wat fladder, so sal die HERE van die leërskare Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.”
.
In 1967 tydens die sesdaagse oorlog is Jerusalem ten volle deur Israel ingeneem.

Die Oospoort
Ook bekend as die Goue poort. Jesus het dikwels deur hierdie poort die tempelterrein binnegegaan.
Eseg. 44:1-2


“Toe het hy my teruggebring na die buitenste poort van die heiligdom wat na die ooste kyk; en dit was gesluit.
En die HERE het vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, ditmag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaannie, omdat die HERE, die God van Israel, daardeur ingegaan het;daarom moet dit gesluit bly.”Genl. Allenby gaan Jerusalem binne.
19
Toe Sulliman, die Turk, en sy magte Jerusalem in 1517 oorgeneem het, het hy beveel dat die mure herbou moesword. Te midde van die bouprojek het hy beveel dat die Oospoort verseël moes word.
Hy het ’n gerug gehoor dat die Joodse Messias kom en dat Hy Jerusalem deur die Oospoort sou binnegaan. Hyhet ook ’n begrafplaas voor die poort aangelê omdat hulle geglo het ’n profeet sal nie oor ’n begrafplaas loop nie.
Twee keer in die onlangse verlede het die Moslems probeer om die poort oop te maak, in 1917 en 1967. Dit iselke keer deur militêre bedrywighede verhinder. In 1917 wou die Turke al die ander poorte sluit en hierdie eenoopmaak, met die oog op die aankomende Britse magte. Toe die Britse vliegtuie egter oor die stad vlieg het diewerkers hul gereedskap neergegooi en gevlug.
In 1967 wou koning Hoesein van Jordanië die poort open om makliker toegang te verkry tot die tempelberg. Op 5Junie 1967 vlieg Israelse vegvliegtuie oor Jerusalem toe die sesdaagse oorlog begin en weereens moes diewerkers hul hammers neergooi en vlug.
Die Tempelberg
Was eers die dorsvloer van ‘n sekere Ornan 1 Kron. 21:15. Deur Dawid gekoop om ‘n altaar op te rig.
Moria = to see = “The revelation of God.”

Soos Abraham sy seun na die berg gebring het, so bring God Sy Seun na Moria. [Gen. 22]

Soos hy Isak op die hout gebind het, so is Jesus op die hout gebind. Dié keer was daar nie ‘n plaasvervanger nie!
20
21

Johnny
Jul 22nd 2011, 09:30 AM
STUDIESTUK 4
‘n Paar interessanthede!
Die ware Israel is veel groter as wat hul nou besit:
In Gen. 15:18 het die Here egter aan Abram gesê : "Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier " Nog nooit in die ganse geskiedenis van Israel se bestaan, het hulle hierdie totale grondgebied bewoon nie. In die dae van koning Dawid en ook Salomo het Israel egter wel byna daarin geslaag om hierdie hele gebied te verower. (Vergelyk ook Deut. 11:24 en Jos. 1:4).
In hierdie verband lees ons ook in Jes. 19:24 hierdie woorde : "In dié dag sal Israel ... wees ... ‘n seën in die midde van die aarde". Die dag waarvan hier gepraat word dui egter nie op die nuwe Jerusalem nie en ook baie duidelik nie op vandag nie. Hierdie dag is die 7de dag, die Sabbat of die rusdag van 1 000 jaar wat net na die huidige bedeling ‘n werklikheid sal word (Op. 20:1-6).
Kyk na hierdie aanhaling van ‘n hedendaagse Turkse leier:
"[The Israeli flag] represents a state which strives to conquer all territory between the Nile and the Euphrates." (Turkye se voormalige Islamitiese premier, Necmettin Erbakan - Ma'ariv, 14 Augustus 1996).
Die feit dat die huidige land Israel heeltemal te klein sal wees vir die nageslag wat nog sal kom in die vrederyk, word ook in die Woord duidelik uitgespel. In Jes. 49:18-20 sê die Here vir Israel: "Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! ... sekerlik, nou sal jy te nou wees vir die inwoners ... Nog sal die kinders waarvan jy beroof is, voor jou ore sê: Die plek is te nou vir my; maak vir my plek, dat ek kan woon!"
Dieselfde Here sê in Jes. 54:2,3 "Maak die plek van jou tent wyd ... Want jy sal regs en links uitbreek, en jou nageslag sal nasies in besit neem en verwoeste stede bevolk."
Ons sien reeds vandag hoedat Jode van oraloor terugstroom na Israel en binnekort gaan die klein, byna onbenullige landjie gans te klein wees vir al die inwoners.
Wie is die Arabiere?
Almal Semiete en familie vd Jode! 1 Kron. 1: 17+28 “Die seuns van Sem was ….Die seuns van Abraham was Isak en Ismael.”
1. Sirië. {Aram] Vader van die stam is die broer van Abraham – Nahor. Sy kleinseun was Aram. Gen. 22:20-21
Hulle het in Ur agtergebly toe hul vader Tera weggetrek het. [Gen. 11:31] Jaloers op die seëninge van Israel op landbougebied en skiet altyd op die Kibboetse tydens oorlog.
Gaan vernietig word [Jes. 17:1]. Byna gebeur in 1967 toe Israel 20km vanaf Damaskus gestop het agv VSA ingryping.
2. Edom. Nageslag van Esau [Gen. 36:1] Huidige Saoedie-Arabië.
Wou nie Israel met die uittog uit Egipte laat deurtrek [Num. 20:14-18]. Hul haat Israel agv hul geboortereg. Israel het nog altyd van hul weggedraai. So het hulle tydens die 1967 oorlog die Golf van Akaba vir Israel gesluit. Hul nageslag is die huidige Palestyne. Volgens Obadja 1:10+18 gaan hul totaal uitgewis word.
25
3. Moab en Ammon. Huidige Jordanië.
Nageslag van Lot, broerskind van Abraham [Gen. 11:27 & 19:36-38]. Hulle was vir 19 jaar in beheer van Jerusalem omdat Lot saam met Abraham getrek het. Rut kom ook uit hierdie landstreek. Van al die Arabiere is hul Israel die meeste goedgesind.
Skiet tydens 1967 oorlog na Tempelberg – ‘n teken van geestelike verval soos wat Lot ook al verder van Abraham af weggetrek het. [Eseg. 25:3 ―En sê aan die kinders van Ammon: Hoor die woord van die Here HERE. So spreek die Here HERE: Omdat jy ha, ha! geroep het oor my heiligdom, omdat dit ontheilig is, en oor
die land van Israel, omdat dit verwoes is, ... “
Ook oor hulle is strafgerigte uitgespreek maar dit lyk asof die Here aan hulle genade gaan betoon. Jer. 48:38-47 & Jer. 49:1-6.
4. Egipte en Sinai Skiereiland.
Halfbroers van die Jode deur Ismael, seun van Abraham. Gen. 21:9 Hulle spot altyd met Israel weens getalleoormag. So het hul op 25 Mei 1967 om 14:00 oor radio Kaïro uitgesaai: “The Arab nation is inexhaustible in its determination to eradicate Israel from the face of the earth, and to re-establish the honour of the Arabs in
Palestine.”
Ps. 83:5 “Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie.”
Hulle sal egter aan die einde van die dae tot bekering kom na vele pakslae! Jes. 19
Do you know?
Israel, the 100th smallest country, with less than 1/100th of the world’s population, can make claim to the following:
Israel has the highest ratio of university degrees to the population in the world.
Israel is ranked #2 in the world for venture capital funds right behind the US.
Outside the United States and Canada, Israel has the largest number of NASDAQ listed companies.
Israel has the highest average living standards in the Middle East.
Israel is the only liberal democracy in the Middle East. Israel airlifted a total of 22, 000 Ethiopian Jews at risk in Ethiopia to safety in Israel.
With an aerial arsenal of over 250 F-16s, Israel has the largest fleet of aircraft outside of the United States.
Golda Meir was elected Prime Minister of Israel in 1969, she became the world's second elected female leader in modern time.
26
Israel is the largest immigrant-absorbing nation on earth. Immigrants come in search of democracy, religious freedom, and economic opportunity.
Israel designed the airline industry's most impenetrable flight security. U.S. officials now look to Israel for advice on how to handle airborne security threats.
Israel has the world's second highest per capita of new books.
Israel is the only country in the world that entered the 21st century with a net gain in its number of trees.
Israel has more museums per capita than any other country.
Israeli Achievements in the Field of MedicineIsraeli scientists developed the first fully computerized, non-radiation, diagnostic
instrumentation for breast cancer.
An Israeli company developed a computerized system for ensuring proper administration of medications, thus removing human error from medical treatment.
Every year in U.S. hospitals 7, 000 patients die from treatment mistakes.
Israel's Givun imaging developed the first ingestible video camera, so small it fits inside a pill. Used to view the small intestine from the inside, the camera helps
doctors diagnose cancer and digestive disorders.
Researchers in Israel developed a new device that directly helps the heart pump blood, an innovation with the potential to save lives among those with congestive
heart failure. The new device is synchronized with the heart's mechanical operations through a sophisticated system of sensors.
Israeli Achievements in the Field of Technology
Israeli engineers and agriculturalists developed a revolutionary drip irrigation system to minimize the amount of water used to grow crops.
Israel has the highest percentage in the world of home computers per capita.
Israel leads the world in the number of scientists and technicians in the workforce, with 145 per 10, 000, as opposed to 85 in the U.S., over 70 in Japan, and less than 60 in Germany, with over 25% of its work force employed in technical professions. Israel places first in this category as well.
The cell phone was developed in Israel by Motorola, which has its largest development center in Israel.
The Pentium MMX chip technology was designed in Israel at Intel.
Voice mail technology was developed in Israel.
The technology for AOL Instant Messenger was developed in 1996 by four young Israelis.

Dit is jammer ek kan nie die oorspronklike studiestukke in PDF formaat oplaai nie omdat dit te groot is. Daar is heelwat prente en verduideliks per skets wat pastoor gedoen het om sekere stellings te verduidelik, en ongelukkig sal julle dalk van die stellings soos ek dit hier aanhaal nie heeltemal verstaan nie. Jammer daaroor.

Johnny
Sep 13th 2012, 01:45 PM
http://www.oospoort.co.za/israel2013/Voorblad.jpg