PDA

View Full Version : God se apteek.



Die Filadelfieer
Aug 4th 2011, 06:40 AM
Besef ons altyd hoe God met Sy skepping vir ons wil sorg ? Ek het al baie gewonder hoeveel van ons siekttes en kwale eerder met ons lewenstyl te doen het as ander faktore. Mens kry deesdae 'n pilletjie vir alles, meestal chemies van aard en met een of ander newe-effek, maar wat van natuurlike alternatiewe ?

Van my gunstelinge wat ek al raak gelees het, met skakels na artikels oor waarvoor elkeen help. (Die lys van kwale wat hierdie produkte reg dokter is verstommend ! ) :

Vis olies
(http://www.healthdiaries.com/eatthis/6-health-benefits-of-fish-oil.html)
Knoffel

(http://www.healthdiaries.com/eatthis/20-health-benefits-of-garlic.html)Aloe Vera

(http://www.healthdiaries.com/eatthis/6-health-benefits-of-aloe-vera-juice.html)Kaneel

(http://www.healthdiaries.com/eatthis/10-health-benefits-of-cinnamon.html)Rooi wyn (http://www.healthdiaries.com/eatthis/10-health-benefits-of-red-wine.html) ( spesiaal vir die kapenaars ! :) )

Natuurlike anti-inflamatoriese kosse (http://www.healthdiaries.com/eatthis/10-antiinflammatory-foods.html)

Bogenoemde bronne is baie beperk en bespreek slegs kortliks en eenvoudig elke item, maar verdere navorsing kan erg fasinerend raak. As 'n voorbeeld dien knoffel as 'n natuurlike anti-biotika, maar selfs meer interesant bou die liggaam geen weerstand teen dit op soos wat gebeur met chemiese variante nie !

Weet julle van nog sulke kosse of kossoorte ? Boere rate wat werk ? Deel bietjie ! :)

protea
Aug 7th 2011, 05:43 PM
Daar is n draad oor Boererate erens op die forum wat goed hierby aansluit. Ek wil n paar noem.

Rooipeper: Het n kragtige anti-suur werking vir mense wat sukkel met sooibrand. Vul lee kapsules daarmee en drink dit so of meng dit met heuning, en sluk so n mespuntjie af met koue water.

Papaja: Het n ontgiftigings meganisme in gevalle waar jy bv by n funksie voedselvergiftiging opgedoen het. n Paar boere het hulle lewens hieraan te danke nadat hulle op die Nampo Oesdag vergiftiging op getel het. Moontlik vis of hoender? Tot die pitte kan jy afsluk met water en eet soveel daarvan as wat jy kan inkry.

Brandewyn vir sonbrand. Ja, lag maar! As jy te snoep was met die son, smeer na jy gebad het n hand vol brandewyn op die gebrande dele. Smeer maar mildelik en die volgende dag is jy nie eers rooi nie! Ons het dit met suiwer alkohol probeer en dit het nie gewerk nie. So daar moet iets in die druif wees wat helend is.

Borrie(tumeric) soos hierbo ook van gepraat is goed vir rumatiek of stywe gewrigte waar anti-inflamatoriese werking vereis word. Sluk met water af of sit dit ook in lee kapsules en drink dit so.

Son of the South
Aug 7th 2011, 05:59 PM
Niemand het nog die voor-die-hand-liggende suurlemoen genoem nie? Suurlemoensap is 'n goeie bron van vitamien C en bevat boonop die ensieme wat jy nodig het om suur in die liggaam te kan hanteer. Drink soggens die sap van 'n halwe suurlemoen met 'n lekker groot glas water om jig te te werk. (Jig (http://en.wikipedia.org/wiki/Gout) is daai inflammasie wat mense wat te veel wildsbiltong eet kry. :blush:)

Maak 'n warm drankie met 'n beker water, suurlemoensap en heuning om griep en verkoue hok te slaan.

Ta-An
Aug 7th 2011, 09:27 PM
SoS, mens meng heuning met gemmer en suurlemoen sap in 'n beker warm water :yes: Heerlik!! Net so voor slapenstyd:sleeping:

Francois Marais
Aug 8th 2011, 05:15 AM
In plaas van strepsil vir keel seer suig 'n stukkie gemmer. Heuning op oop wonde help om letsel minder te maak en is ook 'n helper om (sukkel ek met die Afrikaans vanoggend) genesing aan te help.
Ook 'n bietjie heuning in plaas van suiker, kan net beter wees...

Son of the South
Aug 8th 2011, 07:34 AM
Sonskyn! :pp

Mense soos ek wat heeltemal te veel tyd in die kantoor spandeer, se Vitamien D (http://www.vitaminddeficiencyguide.com/) vlakke raak hier aan die einde van die winter maar laag. Dit kan 'n mens se gesondheid 'n lelike knou gee en 'n mens moet onthou om 'n bietjie uit te kom en 'n bietjie in die son te kom (http://sunshinevitamin.org/).

protea
Aug 9th 2011, 03:26 PM
Nog iets oor sonskyn: Sonlig bevorder ook die afskeiding van seratonien in die brein wat n natuurlike antidepressant is.

Blaasontsteking: Drink Cranberry sap of Cranberry Complex. Die werking van Cranberries is: Dit verhoed dat die kiem wat blaasontsteking veroorsaak , aanhegting aan die blaaswand kan kry.

Philip dT
Aug 9th 2011, 08:14 PM
Dankie Fila. Oulike links.

Son of the South
Aug 10th 2011, 06:40 AM
Nog iets oor sonskyn: Sonlig bevorder ook die afskeiding van seratonien in die brein wat n natuurlike antidepressant is.

Blaasontsteking: Drink Cranberry sap of Cranberry Complex. Die werking van Cranberries is: Dit verhoed dat die kiem wat blaasontsteking veroorsaak , aanhegting aan die blaaswand kan kry.Cranberry sap of eintlik appelsap help glo om nierstene af te breek.

protea
Aug 10th 2011, 11:55 AM
Son, Cranberries is n bessiesoort. Hoe bring jy die appelsap by die Cranberries uit?

Die Filadelfieer
Aug 10th 2011, 11:59 AM
Son, Cranberries is n bessiesoort. Hoe bring jy die appelsap by die Cranberries uit?

Dorpsjapies ! :)

Son of the South
Aug 10th 2011, 12:08 PM
***Sug*** Hoe s hulle, 'n halwe begrip het 'n hele woord nodig (of so iets).

Die lang weergawe vir die met 'n halwe begrip:
Cranberrie sap (terwyl jy nou van Cranberries praat) help ook vir nierstene. Maar, die eintlike ding om te gebruik vir nierstene is eerder appelsap. Dit werk ng beter vir nierstene as cranberriesap. En as jy my nie glo nie, "Let Google be your friend"...

Capish?

Die Filadelfieer
Aug 10th 2011, 12:14 PM
***Sug*** Hoe s hulle, 'n halwe begrip het 'n hele woord nodig (of so iets).

Die lang weergawe vir die met 'n halwe begrip:
Cranberrie sap (terwyl jy nou van Cranberries praat) help ook vir nierstene. Maar, die eintlike ding om te gebruik vir nierstene is eerder appelsap. Dit werk ng beter vir nierstene as cranberriesap. En as jy my nie glo nie, "Let Google be your friend"...

Capish?

Ook maar goed ek het jou nie gevra wie jy sonskyn noem nie ............... :)




Sonskyn! :pp

Die Filadelfieer
Aug 10th 2011, 12:18 PM
In plaas van strepsil vir keel seer suig 'n stukkie gemmer. Heuning op oop wonde help om letsel minder te maak en is ook 'n helper om (sukkel ek met die Afrikaans vanoggend) genesing aan te help.
Ook 'n bietjie heuning in plaas van suiker, kan net beter wees...

Heuning is 'n wonderlike ding. As ek dit reg verstaan is daar heuning in die grafkamers van 'n farao gevind wat nog eetbaar was... m.a.w. onder die regte omstandighede word dit nie sleg (vrot) nie !

Dit is ook anti-bakterieel en bevat anti-oksodante. (skakel (http://www.benefits-of-honey.com/honey-properties.html))

Ta-An
Aug 10th 2011, 12:36 PM
Nou goed, luister mooi :)

Gebruik gemaalde sesame saad, en meng met heuning en pypkaneel,,,, en eet dit sommer met 'n teelepel :monkeyd:

Dit help dat jou klere weer mooi pas :)

Son of the South
Aug 10th 2011, 12:44 PM
Ook maar goed ek het jou nie gevra wie jy sonskyn noem nie ............... :)9938 .

protea
Aug 12th 2011, 12:47 PM
Dankie vir die goeie woord vir die halwe begryper , Son Of The South! Lekker nuus oor goeie getroue ou appelsap!

Ta -An , maar kom met nog sulke lekker nuus so voor die naweek!? ALMAL (korreksie: amper almal) het nodig dat hulle klere weer mooi pas....

protea
Aug 12th 2011, 02:19 PM
Heuning is breinvoedsel en ook van die min voedselsoorte wat nie eers in iets anders omskep moet word om vir die liggaam opneembaar te wees nie. Heuning word direk opgeneem. (Omdat heuning suiwer glukose is?)

protea
Aug 12th 2011, 02:21 PM
Ek kry nou net so n snaakse prentjie in my gedagtes van almal wat storm vir die heuningpotte om 'slimmer' te kan raak....:lol:

Philip dT
Aug 13th 2011, 08:07 AM
Nog iets amazings van heuning. Dit het geen preserveermiddel nodig nie, want het van nature preserverende eienskappe.

Ta-An
Aug 13th 2011, 11:50 AM
Philp, ek watch jou!! Jy mors met jou taal :o :lol:

Francois Marais
Aug 19th 2011, 04:44 AM
Heuning is 'n wonderlike ding. As ek dit reg verstaan is daar heuning in die grafkamers van 'n farao gevind wat nog eetbaar was... m.a.w. onder die regte omstandighede word dit nie sleg (vrot) nie !

Dit is ook anti-bakterieel en bevat anti-oksodante. (skakel (http://www.benefits-of-honey.com/honey-properties.html))
Dit is net jammer dat die goggatjies wat dit maak nie baie daarvan hou om gepla te word nie.

Ons het twee kaste by my Ma hulle, en ek sal seker in die Lente kyk om maar my broer se pak aan te trek en te kyk hoe baie soetgoed ons die jaar kry.

Die Filadelfieer
Sep 7th 2011, 09:22 AM
Ek het heeltemal vergeet van Amandels ! (http://www.organicfacts.net/health-benefits/seed-and-nut/health-benefits-of-almonds.html)

Ta-An
Sep 7th 2011, 12:15 PM
Fila, eet jy gesonde kos soo wat jy hier van pos, en wat van rou beet ??

HEERLIK!!


Nutritional Target Map Estimated Glycemic Load

Nutritional Target Map for Beets, raw

The good: This food is very low in Saturated Fat and Cholesterol. It is also a good source of Vitamin C, Iron and Magnesium, and a very good source of Dietary Fiber, Folate, Potassium and Manganese.

Die Filadelfieer
Sep 7th 2011, 12:53 PM
Fila, eet jy gesonde kos soo wat jy hier van pos, en wat van rou beet ??

HEERLIK!!


Ek is maar 'n braaivleis en aartappel outjie Ta-An, maar probeer so nou en dan gesond eet, veral nou om die wintervette bietjie af te skud.
Nie 'n vreeslike beet mens nie, alhoewel ons laas seisoen organiese beet ( en spinasie) gegroei het waaroor die mense toue voor gestaan het. :) Sal hierdie jaar weer dan ruil ek dit vir daai cinnabuns mkay ? :P

Ta-An
Sep 7th 2011, 01:05 PM
Ek is maar 'n braaivleis en aartappel outjie Ta-An, maar probeer so nou en dan gesond eet, veral nou om die wintervette bietjie af te skud.
Nie 'n vreeslike beet mens nie, alhoewel ons laas seisoen organiese beet ( en spinasie) gegroei het waaroor die mense toue voor gestaan het. :) Sal hierdie jaar weer dan ruil ek dit vir daai cinnabuns mkay ? :P
My spinasie het heel winter deur mooi by gebly :yes: Ek kry nie beet gegroei nie :o
Sal maar moet plan maak met 'n Cinnabon ruil ;)

Ta-An
Sep 7th 2011, 01:07 PM
Leka vars groente informasie (http://www.nutrition-and-you.com/vegetable-nutrition.html)

protea
Sep 8th 2011, 12:11 PM
Voordat die moderne ontsmettingsmiddels beskikbaar was , het die oumense boorpoeier of 'Borasic' poeier soos hulle daarvan gepraat het, gebruik. Mens het glo ook n borasic lint gekry. Die lint is in n sterk oplossing van boor geweek , gedroog en dan in n rolletjie verkoop. Dan sny jy vir jou daarvan af soos benodig. Van ons kinders se driewiel-stadium af het ek n spuitbotteltjie Boorpoeier in die huis aangehou en menige nerf-af knietjie is daarmee behandel. Hy maak droog , hy ontsmet en so word die rofie gevorm.

Die kinders het egter eendag die verkeerde spuitbotteltjie gegryp . Hulle kon nog nie lees nie en gryp toe die Terrimycin skaap oogpoeier, met NOG n wonderliker werking! Hier het jy sommer die antibiotiese werking ook by. Nodeloos om te se : Die skaap oogpoeier het die boorpoeier toe in n groot mate vervang..... My man gaan nooit visvang daarsonder nie. By die see kry mens mos maar snytjies in jou hande van met die vis werk en dan gooi jy net n bietjie oogpoeier daarop en dit raak nie ontsteek nie.

Son of the South
Sep 9th 2011, 12:16 PM
By die see kry mens mos maar snytjies in jou hande van met die vis werk en dan gooi jy net n bietjie oogpoeier daarop en dit raak nie ontsteek nie.Ek wil nie die draad ontspoor nie, maar wil graag goeie raad met julle deel: My Pa is 'n ou visserman en hy s mens moet die bloeding aanhelp as jy met vlekvrye staal geprik of gesny word. Jy moet as te ware die 'vuil bloed' uit melk. Jy sal vind dat dit gouer gesond word en glad nie so maklik ontsteek nie.

protea
Sep 11th 2011, 05:56 PM
Dis interessant SOTS ! Dit het ek nog nooit gehoor nie. Maar ek glo jou pa. Ek sou nogal eerder dink dat vlekvrye staal nie die sondebok moet wees nie en eerder gewone staal wat kan roes en ook aluminium?

protea
Jan 15th 2012, 06:49 PM
My broer wat sy huisdokter jaar destydys in Windhoek gedoen het was een keer op een van Namibie se 'buiteposte' , 4 uur van die naaste dokter toe hy n ernstige maagongesteldheid gekry het. Hy onthou toe dat n ou mediese prof vir hulle vertel het van Underberg Liquer as jy in die knyp is en toevallig het een van sy vriende toe so n botteltjie. Hulle word in n 3-pak verkoop by jou naaste drankwinkel en die inhoud van elke botteltjie is so 20 ml (een 'tot'?). My broer vertel dat die helende werking so vinnig was dat hy n uur later saam met die manne sit en biefstuk eet het. Toe makeer hy NIKS! Van toe af roer ek nie sonder ten minste een botteltjie daarvan in jou medesynesakkie nie. Een botteltjie is tot saam op die Oranje tydens ons onlangse vaart. En hy was benodig deur een van die ander lede in ons groep!

paidforinfull
Jan 15th 2012, 07:16 PM
Goeie draad - ek sal graag net hier 'n raat of twee van ander kulture met julle wil deel (dis nou wel nie 'natuurlike' geneesmiddels nie, maar dis nog goed om te weet):

Van Taiwan:
vir kopseer - masseer so 'n bietjie Vicks in beide tempels (die Sjinese juffrouens doen dit met die kinders want dis beter as om hulle vol pille te jaag)
vir insekbyte - vryf Vicks op die insekbyt (gewoonlik muskietbyte);

Van Portugal:
om blou kolle te voorkom (iets wat ek gedoen het toe my dogter klein was) - vryf nat seep met jou vingers op die stampplek onmiddelik na die stamp en laat dit droog word;
verkoues: vryf Vicks op voetsole wanneer jy gaan slaap; en

Van Paraguay:
muskietbyte - vryf anti-allergiese room op die byt. Dit werk soos 'n bom.


- Ek weet julle het reeds na Aloe Vera gekyk, maar ek wil net noem dat dit werklik 'n wonderlike plant is. Ek het twee op my vensterbank, en gebruik dit vir brandwonde, snye ens.

- Nou net nog een onthou. Ek het jare terug 'n bestuurder gehad wat met bloeiende tandvleis gesukkel het. Hy het toe uitgevind dat mens jou tandvleis met asyn moet invryf. Ek het dit gou-gou gaan naslaan en blykbaar moet mens appel asyn met koeksoda meng, dan is dit baie goed.

Geniet die dag,
Blessings
B.

Ta-An
Jan 16th 2012, 06:46 AM
Ja Vicks!!! Die wonderkuur vir baia skete en kwale. :)
"Underberg Liquer" Sal gaan soek.... :)

Son of the South
Jan 16th 2012, 10:14 AM
Ja "Underberg Liquer" Sal gaan soek.... :)By die mansapteek. :lol:

Ta-An
Jan 16th 2012, 11:22 AM
By die mansapteek. :lol: :lol: .

protea
Jan 17th 2012, 04:48 PM
Vicks is verseker n wonderlike muti maar ek verkies darem om nie soos n wandelende hospitaal te ruik nie.... Maar as die nood regtig hoog is , sal ek dit definitief gebruik!

paidforinfull
Jan 17th 2012, 10:56 PM
Vicks is verseker n wonderlike muti maar ek verkies darem om nie soos n wandelende hospitaal te ruik nie.... Maar as die nood regtig hoog is , sal ek dit definitief gebruik!

Ai, hoe lekker smile ek nou :).

Ta-An
Jan 24th 2012, 02:31 PM
Nog anti-inflammatoriese kosse

Helderkleurige vrugte, groente en ander plantkosse. Kersies bevat bv. 'n chemiese stof met ant-iinflammatoriese eienskappe soortgelyk aan aspirien s'n. Dit het twee aanduiders, of merkers, vir inflammasie by rotte met tot 50% verminder. Die kersie-eters het ook gewig verloor en hul cholesterolvlakke het gedaal, wys Amerikaanse navorsing.

Vermy di kosse wat inflammasie bevorder: Tee, koffie, alkohol, oormatige sout, vleis en suiwelprodukte.