PDA

View Full Version : BELANGRIK Messiaanse Beweging in Suid Afrika

Ta-An
Aug 16th 2011, 11:43 AM
Kan mens nou dit nou glo??

Van die nuwe bewegings wat hulle self as "Messiaanse Gelowiges-Torah Onderhouers" beskryf, erken Jesus slegs as "profeet" en nie as Saligmaker en Verlosser nie :o
Hulle erken dus nie die Nuwe Testament (Brit Chadesha) nie en dan draai die mense terug na Judaiisme toe..:o

Waarom dan "Messiaans" :hmm:

RR van Wyk
Aug 16th 2011, 01:33 PM
Dit klink meer soos suiwer Judaisme... hulle glo ook Jesus was net 'n profeet..

CFJ
Aug 16th 2011, 01:48 PM
Dit verbaas mens glad nie, want hoe anders kan misleiding werk as mens nie bestaande terme en denkrigtings besoedeld aanbied nie?

Johnny
Aug 17th 2011, 05:40 AM
Daar is beslis 'n groep wat hulle terugwend na hierdie gebruike. Hartseer. Nietemin besoek my nuwe draad.
http://bibleforums.org/showthread.php/229666-A-night-to-honour-Israel?p=2729654#post2729654

Francois Marais
Aug 18th 2011, 01:59 PM
Kan mens nou dit nou glo??

Van die nuwe bewegings wat hulle self as "Messiaanse Gelowiges-Torah Onderhouers" beskryf, erken Jesus slegs as "profeet" en nie as Saligmaker en Verlosser nie :o
Hulle erken dus nie die Nuwe Testament (Brit Chadesha) nie en dan draai die mense terug na Judaiisme toe..:o

Waarom dan "Messiaans" :hmm:
Jig maar hulle is van die Pad af. Net gisteraand met 'n gebed groep gebid dat die Jode die waarheid sal sien en 'n daadwerklike draai sal maak en nie vals goed agterna volg soos van die kerke in SA nie.

Johnny
Aug 19th 2011, 06:18 AM
Jig maar hulle is van die Pad af. Net gisteraand met 'n gebed groep gebid dat die Jode die waarheid sal sien en 'n daadwerklike draai sal maak en nie vals goed agterna volg soos van die kerke in SA nie.

"......nie vals goed agterna volg soos van die kerke in SA nie."

Ek hou van die een Franscois.....want daar is BAIE misleiding in ons eie kerke......en dan noem hulle dit Bybels.....soos die doop van baba's! Ooeepsssss......laat ek weg wees....die vliegtuig wag.:wave:

RR van Wyk
Aug 19th 2011, 06:44 AM
"......nie vals goed agterna volg soos van die kerke in SA nie."

Ek hou van die een Franscois.....want daar is BAIE misleiding in ons eie kerke......en dan noem hulle dit Bybels.....soos die doop van baba's! Ooeepsssss......laat ek weg wees....die vliegtuig wag.:wave:

My probleem is net waar misleide mense ander sien as misleides... dit raak nogal 'n lelike deurmakaarspul..

Johnny
Aug 19th 2011, 07:03 AM
My probleem is net waar misleide mense ander sien as misleides... dit raak nogal 'n lelike deurmakaarspul..

Jy is reg RR......so deurmekaar soos 'n verkleurmannetjie....

http://data.whicdn.com/images/7827459/tumblr_lhcivqgRPN1qhnpqno1_500_thumb.jpg?129981253 5

.....op 'n klomp smarties.

http://news.bbc.co.uk/media/images/44569000/jpg/_44569198_smarties_pa416.jpg

CFJ
Aug 19th 2011, 07:27 AM
"......nie vals goed agterna volg soos van die kerke in SA nie."

Ek hou van die een Franscois.....want daar is BAIE misleiding in ons eie kerke......en dan noem hulle dit Bybels.....soos die doop van baba's! Ooeepsssss......laat ek weg wees....die vliegtuig wag.:wave:

Hi Johnny,

Daar is net een fout met enige waterdoop, ongeag of dit verbondsdoop of bekeringsdoop genoem word. Dit is bloot wanneer die mens redding direk daaraan koppel. As 'n baba gedoop word en so baba is weens daardie doop gered, dan dwaal so mens wat dit glo. Wat so mens wel kan glo, is dat weens God se verbond wat ook vir die nageslag is, so kind gered sal word, omdat die ouer God se verbond glo, nie omdat die baba glo nie. Die bekeringsdoop is nie sonder probleme nie, want dit is in 'n sekere sin een van die vals bakens waaraan baie wat vandag groot gedoop is vashou en dan het sulkes vele kere nooit by die kruis gekom nie. Ek ken vele mense wat nie die Here ken nie, maar hulle verweer is elke keer dat hulle groot gedoop is en dit is seker een van die grootste misleidings in ons dag, die groot doop wat as redding gesien word en is eintlik niks anders as een wat die klein doop as redding verkondig nie. Redding gaan oor die kruis en dit is daar waar ons Jesus se liggaam ingaan en terselfdertyd gedoop word in Sy liggaam. Jesus het in Mat 20:22-23 en ook Luk 12:50 baie pertinent van hierdie doop gepraat, die doop by die kruis. Daar is geen ander plek deur God ontwerp vir redding nie... en dit gaan oor die beginsel van die mens wat moet sterf, sodat geestelike lewe moontlik is, wanneer Jesus in so mens lewe en so mens in Sy liggaam is. Geen waterdoop kan die mens laat sterf nie en is ook nie daarvoor bedoel nie...

Johnny
Aug 19th 2011, 07:44 AM

CFJ......so bietjie lus vir grappie voor my vertrek. Niks ernstig nie.:monkeyd:

CFJ
Aug 19th 2011, 08:06 AM
CFJ......so bietjie lus vir grappie voor my vertrek. Niks ernstig nie.:monkeyd:

Mens wil maar net seker maak (of immers net probeer) almal verstaan die grappie reg.... :)

Johnny
Aug 19th 2011, 08:18 AM
Mens wil maar net seker maak (of immers net probeer) almal verstaan die grappie reg.... :)

:crazy:Ja.....nie almal het 'n sin vir humor nie.

Francois Marais
Aug 19th 2011, 01:28 PM
By die doop kan my pa, ma, oupa, ouma, groot ouma, verkdedkant (predekant) of wie ookal vir my nie besluit of ek as ek groot is die WARE Here gaan dien nie.

Of soos die een oom wat 'n satanis was, wat by my doop was, wat my geoffer het later aan satan.

Net ek kan daai besluit neem of ek die lewende HERE wil dien of na die dode toe strompel soos 'n donkie wat nie kan dink nie!

koekoes
Aug 31st 2011, 12:06 PM
Kan mens nou dit nou glo??

Van die nuwe bewegings wat hulle self as "Messiaanse Gelowiges-Torah Onderhouers" beskryf, erken Jesus slegs as "profeet" en nie as Saligmaker en Verlosser nie :o
Hulle erken dus nie die Nuwe Testament (Brit Chadesha) nie en dan draai die mense terug na Judaiisme toe..:o

Waarom dan "Messiaans" :hmm:

Ek sal graag wil weet waar jy aan jou inligting kom?

Want die messiaanse bewegings wat ek ken, verkondig dan juis Jesus en God se verlossingsplan. Hulle skakel ook hope misverstande uit die Bybel uit. http://www.yah-tube.com/videos/rood/

Gaan kyk en maak seker van julle feite. Begin by die Sping Feasts. Dan kan julle ook gerus kyk na die Raiders of the Lost Book reeks. Wat handel oor dle in Matheus. Onder andere die geslag register van Jesus.

Verkeerde vertolkings van veral Kolossense 2:16 Kyk op bostaande verwysing na Let no Pagan Judge You.

Daar is ook op You tube 'n korter weergawe .

http://www.youtube.com/watch?v=XYRWx-m3pws

Ta-An
Aug 31st 2011, 06:11 PM
koe-koes

As jy mooi lees, sommmige Messiaanse bewegings in Suid Afrika.... in Pretoria is 'n groep wat heeltaml ver-Joods het, en die Messiaskap van Jesus betwyfel.... is al wat ek vir jou kan sÍ. Nie almal nie, sommige groepe wel JA.

Redward
Mar 21st 2015, 10:49 AM
Om te se dat iemand van die pad af is sonder die feite oor n saak te doen is soos om die koerant te lees en alles te glo wat daarin staan. Ek is n Messianse as jy my so sou wou bestempel. Ek is uit die kerk uitgeskop want ek het dinge bevraagteken wat nie volgens die bybel is nie. Ek was ook n pastoor gewees. Messiaans glo om die hele bybel in konteks te lees en verstaan en nie mense te leer om sekere gedeeltes te ignoreer nie. Ons glo in die 10 gebooie maar die kerk sal leer dat sommige nie meer van toepassing is nie. Kyk na die redes hoekom Israel in belangskap gegaan het en dis die selfde rede hoekom Suid Afrikaners in die selfde situasie is vandag in hulle eie land. n Messians glo dat Yeshua ( Jesus as jy wil) die seun van Elohiem (God) is en dat hy as mens op die aarde geleef het en opgestaan uit die dood uit en sit aan die regte hand van God vandag en gaan weer terugkom een dag. Wat doen ons dan om die Jode jaloers te maak? Dit wat jy gedoen het om vir die Jode te bid is baie baie goed en daar is n seen wat daaruit kom, maar doen asb huiswerk en raak betrokke aan die saak. Israel het hulp nodig, baie! Dankie dat jy lees!

paidforinfull
Mar 21st 2015, 11:42 AM

Welkom by BF, Redward :).

Jong, ek weet eintlik niks van die Messiaanse beweging nie, maar ek stem heeltemal saam dat Israel hulp en gebed nodig het - veral in die dae wat ons nou leef. Ek hoor gister op die Internasionale nuus dat die EU baie anti-Semities is. Dit is lelike dinge hierdie.

Ek besef ook dat die tye waarin ons inbeweeg baie traumaties vir Israel sal wees (volgens Openbaring), maar ek bid vir hulle redding, en dat die Here veral die kinders sal beskerm. Dit lyk vir my dis altyd die onskuldiges wat die meeste ly.

Goeie dag vir jou,
B.

Ben Cronje
Mar 21st 2015, 11:09 PM
Ek is n Messianse as jy my so sou wou bestempel. Ek is uit die kerk uitgeskop want ek het dinge bevraagteken wat nie volgens die bybel is nie. Ek was ook n pastoor gewees. Messiaans glo om die hele bybel in konteks te lees en verstaan en nie mense te leer om sekere gedeeltes te ignoreer nie. Ons glo in die 10 gebooie maar die kerk sal leer dat sommige nie meer van toepassing is nie. Kyk na die redes hoekom Israel in belangskap gegaan het en dis die selfde rede hoekom Suid Afrikaners in die selfde situasie is vandag in hulle eie land. n Messians glo dat Yeshua ( Jesus as jy wil) die seun van Elohiem (God) is en dat hy as mens op die aarde geleef het en opgestaan uit die dood uit en sit aan die regte hand van God vandag en gaan weer terugkom een dag. Wat doen ons dan om die Jode jaloers te maak? Dit wat jy gedoen het om vir die Jode te bid is baie baie goed en daar is n seen wat daaruit kom, maar doen asb huiswerk en raak betrokke aan die saak. Israel het hulp nodig, baie! Dankie dat jy lees!

Hallo Reward. Baie welkom op die forum. :hug:

Ek hoop jy sal vir baie lank by ons vertoef.

As ek mag vra:

Ek is uit die kerk uitgeskop want ek het dinge bevraagteken wat nie volgens die bybel is nie. Ek was ook n pastoor gewees
Uit watter kerk is jy uit geskop? Waar was jy 'n pastoor as ek mag vra?

Ons glo in die 10 gebooie maar die kerk sal leer dat sommige nie meer van toepassing is nie.
Kan jy asb. vir ons uitbrei hierop?

n Messians glo dat Yeshua ( Jesus as jy wil) die seun van Elohiem (God) is en dat hy as mens op die aarde geleef het en opgestaan uit die dood uit en sit aan die regte hand van God vandag en gaan weer terugkom een dag.
Bogenoemde klink vir my baie Christen. Daarom het ek 'n vraag; "as dit Christen is, hoekom sou jy jouself as Messiaans beskryf? Is daar 'n verskil tussen Messiaans en Christenskap?"

Groete in Christus Jesus.

Ben