PDA

View Full Version : "Bekommer julle oor wat God sę"



Die Filadelfieer
Aug 22nd 2011, 06:40 AM
Weet nie of hier Lighuisers op die laaste Daniel konferensie was nie, maar ek lees hierdie raak in die koerant artikel (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Moenie-jul-steur-aan-Malema-nie-20110821):


" Mense moenie bekommerd wees oor wat Malema sę nie; hulle moet bekommerd wees oor wat God sę,”

Waar woorde ! :)

CFJ
Aug 22nd 2011, 07:05 AM
Dis goed gesę...........................

Ta-An
Aug 22nd 2011, 07:33 AM
Weet nie of hier Lighuisers op die laaste Daniel konferensie was nie, maar ek lees hierdie raak in die koerant artikel (http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Moenie-jul-steur-aan-Malema-nie-20110821):


" Mense moenie bekommerd wees oor wat Malema sę nie; hulle moet bekommerd wees oor wat God sę,”

Waar woorde ! :) Maar weet mense nog wat God sę?? :hmm:

CFJ
Aug 22nd 2011, 07:49 AM
Maar weet mense nog wat God sę?? :hmm:

Dis 'n goeie vraag, maar in wese glo ek dat meeste mense weet wat God sę, maar dat hulle nie bekommerd daaroor is nie. Hy sę jy mag nie egbreek pleeg nie, jy mag nie leuens vertel nie, jy mag nie steel nie en Hy sę ook dat ons al hierdie "mag nie's" op 'n maklike manier kan oplos, deur net aan Sy Seun vas te hou en Sy Naam aan te roep en mens doen dit omdat jy verlore is en eintlik weet almal hulle is verlore, hulle wil dit net nie almal erken nie. As mens verlore is, is daar net een Naam wat mens kan aanroep...

Dit is die Satan wat mense se lus vir die waarheid demp..., maar alle mense weet wat die waarheid is, hulle moet net begin bekommerd daaroor raak, dan eers raak dit hulle deel.

Ta-An
Aug 22nd 2011, 07:51 AM
Net so, as ek kyk na Paulus se lewe, hy het aangehou om God se boodskap uit te dra, ondanks gevaar.
So vir my sę dit dat God se beskerming nie 'n waarborg is van liggaamlike veiligheid nie, maar dat ons wel glo dat ons aardse lewens tot einde kan kom wanneer God se plan met ons lewens bereik is.

Die manier van hoe ons aan die einde kom van ons lewens is minder belangrik as die sekerheid daarvan dat wanneer ons die einde bereik ons veilig by God in die hemel sal wees.

RR van Wyk
Aug 22nd 2011, 07:53 AM
Maar weet mense nog wat God sę?? :hmm:

Goeie vraag... Dis scary hoe ons in ons eie verbeeldingwęrelde opgevang is en hoe maklik ons goed glo wat ons graag wil glo.Dit is kommerwekkend hoe stories versprei en dan stertjies ook aan kry, van doomprofete tot "konspirracy" teoriee.. Ons kan maklik mis wat God eintlik sę..