PDA

View Full Version : Bespreking Iets wat ek aan die 'ander kant' raak gelees het... ook oor verlossing ;)

Ta-An
Sep 15th 2011, 06:51 PM
Die vraag is:

Hoe sal mense wat dood is sonder om die Evangelie te hoor, ge/be-oordeel word? :hmm:

Kan God se alwetenheid hier 'n rol speel :hmm: Bedoelende dat Hy weet wie Hom sou aan-neem?
Sou sulke mense die geleentheid kry om van Jesus te hoor?

Die Filadelfieer
Sep 16th 2011, 05:30 AM
Soos ek verstaan sal hulle volgens die Wet geoordeel word ............ slegs Jesus se kinders staan vry van die Wet.

RR van Wyk
Sep 16th 2011, 08:40 AM
Soos ek verstaan sal hulle volgens die Wet geoordeel word ............ slegs Jesus se kinders staan vry van die Wet.

Die probleem is, om volgens die wet geoordeel te word is 'n doodsvonnis. Wie op aarde sondig nie? Veral ons moderne samelewing. Om nie te vermoor nie is maklik, maar die denke waar jy voel jy wil dalk uit woedde(al sal jy nooit) is net so erg soos moordpleeg.
Dis 'n moeilike een..

Philip dT
Sep 16th 2011, 10:10 AM
Al antwoord wat die Skrif gee is dat Christus die enigste Weg is (Joh 14:6), en dat elkeen wat in Hom glo die ewige lewe sal kry (Joh 3:16). Die oomblik as jy ander kriteria as die Skrif self gebruik vir redding, bevind jy jouself op 'n "slippery slope." Want as mens bv. kan sÍ dat die sg. "mense op die eilande" wel gered kan word, dan word hulle buite-om Christus gered. Dan kan mens net sowel sÍ dat "goeie Budhhiste" wat nog nooit van Christus gehoor het nie, gered kan word. En so gly jy al verder af op die "slippery slope."

Kalahari
Sep 16th 2011, 11:11 AM

Phillip

Ek stem 100% saam met jou. Daar is net een weg en dit is deur Christus. Indien mense nie die evangelie gehoor het nie, verontskuldig dit hulle nie. Ek het nie veel van 'n wroeging oor die vraag nie, want vir my lÍ dit in God se genade en Sy uitverkiesing en nie die keuse van die mens nie. Ek kan egter verstaan vir die wat anders glo, dat dit kort-kort 'n bekommernis kan wees.